Stream die beste Afrikaanse en local TV reekse en flieks deur Showmax

In Snotstories, Watkykjy Tips deur griffinRek jou bek

showmaxSuid-Afrika het nogal ‘n vêr pad gekom met ons eie intertube streaming sedert ons hier op Watkykjy in die eerste skoolwartaal van 2011 gekyk het na ‘n lys van 101 TV shows wat jy miskien sou onthou van jou kinderdae af. Dit was nie alles local nie, maar meerendeels Afrikaanse TV shows. Jy sou eers later as puisiegevreet tiener agterkom dat daar iets soos oorgeklankte shows bestaan, en toe was dit te laat om oor al daai kak te worry. Jy het nuwe goed gehad om mee te eksperimenteer soos bier, broeknaai en bikes.

Wat gaan deesdae aan op die kassie? *in sulke tannie stem* Ek het self nie ‘n cooking clue nie! Ek stream alles, hoor! Genuine!

Hier sit ons nou in 2017 en ‘n happie nostalgie of twee is nie te versmaai nie, maar voor ons by die genuine stokou stuff uitkom – kom ons check eers bietjie hoe die storie met Showmax werk, want hierdie brasse het die grootste library local en Afrikaanse content wat jy kan stream op moeder aarde. Showmax het sedert hulle lauch heelwat verbeter. Ek het besluit om dit te kry omdat dit eventually support word deur Chromecast, wat ek op al my TVs reg deur die huis gebruik. Hulle supported platforms sluit in:

  • PCs (web browsers)
  • Apple iPhones & iPads wat op iOS 8.4 of hoër hardloop.
  • Apple TV (4th Generation)
  • Android phones en tablets wat Android 4.1.0 of hoër hardloop
  • Android media en TV devices wat Android 4.1.0 of hoër hardloop
  • Samsung Smart TVs (2012 en later)
  • Samsung Tizen Smart TVs (2015 en later)
  • LG NetCast Smart TVs (2012 tot 2014)
  • LG WebOS Smart TVs (2014 en later)
  • Hisense Vidaa 2.0 Smart TV (2016 en later, slegs in SA)
  • DStv Explora (slegs in SA)
  • AirPlay
  • Google Cast

Streaming quality en compression is ook beter en die variety het heavy gegroei. Noudat jy die lys van devices het, sign gou op vir die 14 dae free trial, want jy het fokol om te verloor. Dis verniet en jy kan enige tyd cancel. Jy kan Showmax ook about enige plek op aarde kyk, so vir julle ouens wat heavy vir werk moet rond travel en iets op jou tablet wil kyk in die aande as jy wil chill, is hierdie ‘n no-brainer. Jy hoef ook nie te worry dat jy Showmax net vir jouself hogg nie. Terwyl jy oorsee in die soutmyne werk en saans Glam Guru kyk met ‘n tissue box langs jou, kan jou goose steeds Boer Soek ‘n Vrou kokkenodge terug in Springs by julle huis terwyl sy jou klere uitgooi. Jy kan 5 devices registreer en gelyktydig op twee van jou registered devices na verskillende programme kyk.
showmax-kyknet-watkykjyVir hierdie artikel se doeleindes gaan ons jou vir eers net tune van die local en Afrikaanse programme, want daar is fokken baie om van te kies. (Jy kan self bietjie gaan rondkrap deur die oorsese programme as jy wil maar ons sal in elk geval ‘n opvolg artikel daaroor doen en mooi kyk na wat presies beskikbaar is.) Die once-off tipe doccie-style programme is befok lekker. Kom ons kyk gou na twee van hulle…

Tydens Aardklop se Skerpskerts Comedy Festival 2016 was Schalk Bezuidenhout, die jong grapgat met die krulkop, snor en verkleurmannetjie truitjies, die gasheer vir van Suid-Afrika se topkomediante. In hierdie vertoning tree hy op saam met twee van ons tjomiies, Melt Sieberhagen en Hannes Brümmer. Dis kaksnaaks. Jy sal nie dink dat ouens so van ‘n Potchefstroomse verhoog af laat loop met vloekwoorde nie. Dis die heel eerste program wat ek op Showmax gekyk het.
(hierdie clip is skoon, though)

Fokofpolisiekar se Forgive Them For They Know Not What They Do is volgende op my lysie. Ek het dit nog nie gekyk nie, maar ek gaan sodra ek klaar met hierdie arikel is, vir myself ‘n six pack en ‘n pak droeë wors koop en hierdie outjie aansit. Die Fokofbende maak ‘n belangrike deel uit van SA se rock-geskiedenis, so dis ‘n kyk werd.

Iets anders wat ook my aandag getrek het was Radio Raps: Life 101 en Radio Raps: Life 102. Ek het nie ‘n fokken idee of dit goed of kak is nie, maar sal dit beslis ‘n shot gee. Wat local comedy verder aanbetref is daar ook twee Nataniël reekse (Die Nataniël Tafel en Nataniël op Sy Beste) asook Casper De Vries se Haak & Steek, Die Casper Rasper Show en Casper Rasper Weer. Met daai twee comedians kan mens nooit verkeerd gaan nie. Fokken legends!

Vir die soapie-befoktes is daar reekse soos Binnelanders en Amalia, vir simpel mense is daar Boer Soek ‘n Vrou en vir mense soos Chopper Charlie is daar about alles wat Via al ooit gemaak het, as dit jou tipe vibe is. Ek moes gedurig hard met hom baklei om daai kak af te sit terwyl ek by hom in die Kaap gaan kuier het. Fokken marabs. Anyway… daar is ook oor die tweehonderd movies in Afrikaans, oud en nuut, so probeer dit gooi vir een van daai couch Sondae waar jy iets anders as National Geographic soek om jou aan die slaap te sus.
showmax-binnelandersAs jy stadigaan daai nostalgiese roadtrippie vir jou brein wil aanpak kan jy Egoli: Place Of Gold gaan uitgrawe of Song vir Katryn met ons bra, Valiant Swart, loop afstof. Jy weet, daai ou M-Net programme? Daar is heelwat van dit. Loop soek hulle net.

Die clincher kom egter in met al daai ou Afrikaanse movies en reekse. Daai genuine fokken ou programme wat op ‘n stadium aan die SAUK behoort het. Toe die SAUK nog trots gehad het en hard gewerk het om entertainment topklas te maak in die ’80s. Fast forward na die 2000’s en Opperdoos, Hlaudi Motsoeneng, het mos die hele SAUK se Afrikaanse back catalogue aan NASPERS oorhandig vir ‘n pot lensiesop en ‘n stink ontie, omdat hy gedink het dis fokol werd. Wat ‘n poepol! Showmax is gelukkig deel van NASPERS en hulle sit nou met AL hierdie TV reekse. Watter van hierdie kan jy onthou?

Reekse soos:
Agter Elke Man
Ballade Vir ‘n Enkeling
Shaka Zulu
Konings
Torings
Orkney Snorkney
Shaka Zula
Trompie en die Boksombende
Kooperasiestories
Nommer Asseblief
Spies en Plessie
Triptiek
Het Van Verlangekraal
Matewis & Meraai
Verspeelde Lente
Vyfster
Skoppensboer
Die Binnerking
Arende
showmax-watkykjy-SAUK
Ek wil net graag een reeks van die bogenoemde lys uitlig – Shaka Zulu. Fokkit, wat ‘n moerse suksesvolle local production. As jy nou iets oor ‘n naweek wil binge en jy het 10 ure om te burn, kyk dit gerus. As jy die storie onthou uit jou jonger dae sal jy dalk saamstem. Miskien was dit die violent en mamma en pappa het getune dis bedtyd. Wel, nou is jou kans, ou grote!

As jy skiem dat jy ‘n bietjie dieper old school wil gaan en jou kinderjare wil herleef is daai hond-ou kinderreekse ook beskikbaar. ‘n Klomp mense soek deesdae hulle gatte af na hierdie kinderreekse (hulle e-mail ons actually en vra oor die goed se beskikbaarheid en what-not) om vir hulle kiddies te wys. Wel, nou is alles op een plek. Jou kind het mos sy eie iPad. Watsiefokkenprobleem? Install die Showmax app vir hom: (en check sommer hoeveel van hierdie outjies se theme songs jy kan onthou sonder om te kroek)

Die Swart Kat
Liewe Heksie
Heidi
Maja The Bee
Tao Tao
Oscar
Mannemarak
Walter die Wasbeer
Woepies Wurm
Rommel en Drommel
Wiekie
Pinocchio
Nils Holgerson
Sinbad
Brakanjan
Wielie Walie
Niklaas
Interster
Die Wysheid van Die Kabouters (nie te verwar met Dawie nie)
showmax-kids-watkykjy

Net so laaste tip waarop ek per ongeluk afgekom het:
As jy jou interweb dinge deur Telkom hardloop en meer spesifiek fiber, kan jy ‘n add-on package maadeliks koop vir R99. Hulle roep hom die T1 Entertainment package of iets. Met hierdie outjie word jou Showmax asook Netflix data fokol ge-charge, so jy kan die hele blerrie dag lank Showmax stream op twee devices gelyktydig en nie worry oor data nie.

As jy reeds uncapped interwebs het, lekker vir jou! Gaan speel bietjie rond met Showmax se free trial vir so twee weke en laat ons weet wat jy skiem?

Happy viewing!

Deel met jou tjommies!

    griffinStream die beste Afrikaanse en local TV reekse en flieks deur Showmax

    Gooi Comment