Dis die Kaap se week met Stoker en Jono Simons se nuwe albums

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek gaan vandag twee redelik uiteenlopende albums review. Een splinternuwe een en een waarby ek nie verlede jaar kon uitkom nie. Kom, sit almal nou mooi in ‘n kring, maatjies, dan vertel Oom Rolbees vir julle ‘n paar storietjies.

Stoker – Stoker (2017)
Kom ons begin met Stoker se eerste self-titled full album. Hulle beskryf hulleself as honest, dirty rock and roll. Mmm OK, if you say so. Kom ons vind uit. Ek is altyd opgewonde as ek hoor ek kan bietjie “stoner rock” review. Ek weet sommer dit gaan my in nostalgie dompel en hopelik hoendervleis gee. Die vraag is net, is dit al wat dit gaan doen? Of gaan dit my bietjie meer hoop gee vir die toekoms van rock and roll? As jy in 2017 sulke old school musiek maak is die risiko natuurlik dat jy net vir jou klein niche mark gaan bly speel. But if you’re fine with that dan is jy op die regte plek. Jy sal waarskynlik oorsee moet gaan en die big time daar gaan soek om rykdom en faam te beleef sou dit jou behaag. Bel vir Shaun Morgan. Wat het van Seether geword? Hoor fokol van hulle.

So, anyway wat kreatiwiteit aanbetref is daar al reeds dekades se rock influences waarin musos kan gaan intap om hulle eiesoortige uitdrukking daarvan te probeer ontgin. Dit kan nie te fokken maklik wees nie. Daar hang baie appels aan die boom van goed en kwaad en daar is ‘n miljoen rigtings waarin rockers kan gaan met hulle musiek deesdae. Ons old school rock and rollers is seker maar altyd opsoek na nuwe glinsterende appeltjies wat gebak en gebrou kan word. Daai bands en songs wat net ‘n snaar in jou donker siel kan raakslaan. Twang!!!

Meeste resepte is al so baie in my keel afgedruk ek luister about nie meer nie. Maar so nou en dan kom daar ‘n band wat dit regkry om ‘n verskeidenheid rock and roll appels in equilibrium te juggle en ‘n tert te stowe wat gevaarlik behaaglik is. Ek het nog net so handvol van hulle hier review.

Ek sit nou op my stoep en probeer raakluister watse appeltjies hierdie klomp genotvolle reprebates alles gaan pluk het. Probably sonder dat hulle die mens rea gehad het. Nee, dis nie ‘n geslagsiekte nie. Ek hoor flashbacks van the Mission, the Cult, Soundgarden, Audioslave, Deftones, Alice in Chains, the Killers, Foo Fighters, Taxi Violence, Goodnight Wembley en the Narrow. As ek dit more luister hoor ek dalk weer ander influences. Dis ‘n eklektiese tert hierdie. Waar de fok is Rawsonville dudes?
stokerMalemsburrrry ken ek darem. Jirrre manne, daar is sekerrrr fokol anders om te doen daar want julle het hierdie album mooi geskaaf. Die Bornman & O’Kennedy clan. Stoker. Sies, julle daggarokers! Wat is my favourite tunes? A feast is so kruis tussen Soundgarden en early Deftones. Lekker haunting. Get Lost In This en Hot Body Nobody is net so nineties soos Full House en Dinosaurs. Eersgenoemde song laat my dink aan Smashing Pumpkins en laasgenoemde het so the Narrow kitaar sequence wat ongenaakbaar is tesame met lekker harde dromme. Maar wat die song vir my laat uitstaan is daai Alice in Chains “look Ma, I’m stoned” downer backing vocals. Jy kan dit ook hoor op Transylvanian Summer. Ek huil sommer van blydskap. Een ding is seker – ek gaan hierdie band live moet sien as hulle noord fok. Come Hell or High Water. Ek voorspel ‘n tsunami.

Gaan stook hierdie tunes bietjie!

Jono Simons – Resonate(2016)
Ek gaan ‘n bold statement maak. Hierdie meer persoonlike, brooding acoustic kitaarmusiek was nooit so dekadespesifiek soos die ander rock and roll fads oor die jare nie. En hoe genre specific is dit? Dit was altyd daar in die background of dit nou Led Zep in die seventies was wat ‘n paar acoustic songs tydens ‘n live show gedoen het, Suzanne Vega of Colin Vearncombe se left of centre pop ditties in die eighties of selfs die alternative nineties scene – Frenté en Lisa Loub comes to mind. Ek was nooit into Loub se tunes nie. Soul Asylum en Extreme het meer my aandag getrek. Sedert die hele Mumford en Sons/The Lumineers ens beweging die scene getref het is daar ‘n folk element wat bygekom het. Of wag ‘n bietjie. Het dit nie al begin met The Plain White T’s nie? Dalk voor dit. Ek het dit nie eintlik so van naby dopgehou nie. Wat was daai song? Hey there Priscilla? Nee, ‘Hey there Deliliah’. You know most of these folk rock bands sound folky maar wat is folk deesdae anyway? Jy kan jouself fokken deurmekaar maak.

Ek dink mens moet eerder na die siel en die songwriting kyk as dit by stripped down musiek kom. Dit spaar jou baie kopseer. Dis moeiliker om ‘n genre snob te wees as jy jou beperk tot net die hartverskeurende lirieke en vocals en ‘n paar beautiful cords op ‘n acoustic kitaar.
*Preek so alweer hardop vir myself*
Resonate Jonno SimmonsEk erken ek is nie ‘n moerse kenner op die gebied van hierdie nuwe modern “folk” pop rock revival nie maar ek luister al acoustic tunes van Simon & Garfunkel se Concert in the Park dae. Ek dink ek was vyf. Some of it I love and some of it I don’t. SA het ook ‘n paar bands wat die modern “folk rock” sound adopt het. Ek het so twee jaar terug Lunatic Wolf van Joburg se ‘To the Adventure (2014)’ review wat ek nogal geniet het. In fact, ek luister nog so paar songs op daai album nou en dan. Dis poesbedroewe musiek, face dit, maar daar was nog altyd ‘n plek daarvoor in my collection.

Jonathan Simons is daar van Ikapa af en hierdie album is in sy recording studio record. Klomp surfer peeps! Awe! Hannah Beckingham op bass en Ray Adam Morgan (van Durbs) op die dromme. Die tunes is raw en dit het genoeg hart en siel om jou te captivate en die hele album deur te luister. Headphones op en alles. Dit mag dalk nie in almal van julle rowwe bliksems se smaak val nie maar dit beteken nie dis kak musiek nie. Niks fout om jouself vir so album of twee bietjie jammer te kry nie. Luister hoe ‘n ander ou sy kak in die Universe instuur. Dalk voel jy beter oor joune. Goddank sy stem is nie so irriterend soos James Blunt s’n nie. Dan het ek dit ‘n exit-stage-left skip gegee.

Gaan check dit uit dalk resoneer dit met jou ook.

Deel met jou tjommies!

    RolbeesDis die Kaap se week met Stoker en Jono Simons se nuwe albums

    Gooi Comment