Die sleutel tot vooruitgang lê soms in die verlede. Francois van Coke se “Hierdie is Die Lewe” werk so.

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Dit behoort geen geheim te wees vir julle nie. Afrikaanse popmusiek is oor die algemeen verbeeldingloos. Dis al vir jare dieselfde sieldodende reseppies en kak patroontjies oor en oor op mainstream Afrikaanse media. Vir meeste van ons het die nuwe pop artists se videos vermaak geword. Iets om te doen as jy bored is – post ‘n kak Afrikaanse video op Facebook. Tag ‘n paar tjommies. Name en shame die fools en dan lag ons almal tot ons amper skaam kry daaroor. En die volk eet dit vir soetkoek op. Dis eintlik nie snaaks nie. Dis ‘n tragedie. Want wie gaan die pop scene genuine op sy kop draai? The big guns? Hulle is seker nie so lagwekkend nie, maar hulle musiek is uiters kak. Onder andere Nicholis Louw, Kurt Darren, Lianie May, Bok van Blerk, Snotkop, Ray Dylan, Elizma Theron, Bobby en Karlien van Jaarsveld en ja ongelukkig (met tye) Die Heuwels Fantasties.

So karring almal maar aan. Hoe staan mens op uit die dryfsand van middelmatigheid in ‘n moerras van aaklige musiek? Dis cheap, perfumed, fake country tunes – so vêr weg van die real deal as wat Snotkop van die Beastie Boys is. Dis daai KykNet romcom soundtrack liedjies wat almal dieselfde klink. Small town girl meets big city loner met dodgy verlede. Relationship status: it’s complicated. Berge word oorkom, die liefde blom aan die einde en dan naai hulle ‘n kroos aanmekaar. Dis pragtig, ek weet. Maar moet dit so blatant oor en oor onder ons neuse herverpak word? Ons is nie so dom nie, is ons? Die ergste is daai verkeerde tipe zef tweak-jou-backtrack-sokkie-musiek. My maag pyn. As ek na daai musiek luister kan ek nie help om te dink niemand kan Afrikaanse pop musiek red nie. Niemand! Dis doomed. Ek hoor die Afrikaanse pop artists moan. “Ja maar dis wat hulle wil hê. Anders verkoop dit nie”. Ons almal weet julle maak geld maar ek weet darem nie so mooi nie. Is julle talent nie net beperk nie? Of dalk het julle nie die ballas om iets rewolusionêr te probeer nie?”.

Francois van Coke se debut album het in ‘n ander rigting as net rock begin ingaan in 2015 en ek dink van ons in die rock crowd het begin panic. Dit was nog steeds rock maar dit was ook meer pop. Dit was ‘n decent “volwasse” rock album gewees maar dit het no doubt populêre musiek begin word.  Maar is dit iets om te vrees? Want dis niks nuuts vir die Bellville clan nie, nê?
Ek het bietjie verder teruggegaan in tyd en in my argiewe gaan krap, maar op Van Coke Kartel gefokus, anders gaan ek ‘n thesis moet skryf. Francois van Coke en kie was besig die afgelope 14 jaar. Jirre. Ek het ‘n klomp tunes gemis ook. Daai eerste Van Coke Kartel album was kief maar basically Fokofpolisiekar Light en toe gaan eksperimenteer hulle mos heavy met die Skop, Skiet en Donder album. Onthou julle die vermenging van rock, pop, synth en blues rock tunes? Ek is nogal ‘n fan van daai album. En snaaks genoeg, veral die covers. Michael Sembello se Maniac van die 1983 Footloose movie se soundtrack, JJ Cale se Cocaine en Koos Doep se Skadus Teen die Muur. Dit was rock maar dit was ook pop. En ek wonder ook of Fokofpolisiekar, Aking en Van Coke Kartel nie al genoeg rock boundaries gepush het nie? Jare se great tunes daai. Ek sal hierdie review oprol en rook as een van daai bands iets doen vorentoe wat my weer gaan impress, maar ja, ons het seker onnodig begin panic verlede jaar want dit het gelyk of Francois van Coke neig daarna om oor te beweeg na die Afrikaanse pop crowd toe. So knee-jerk reaksie.” Nooooooo! Don’t do it, Francooooiisss!”
*Strompel so vooroor in ‘n slow motion panic scene*
Weereens is my vraag: is dit iets om te vrees? Mense kan my kritiseer omdat ek die pop musiek van die verlede altyd ophemel. Daar is ‘n rede hoekom ek dit doen, want pop musiek was befok in die eighties en selfs nog in die nineties. Ja, dit was meestal international artists op ons local charts maar dit was diverse, fun, tacky, diep, folky, hard rock, romantic, weird, electro synth pop. You name it. Van Traveling Wilburies, Prince, Dead or Alive, Depeche Mode, Black, Michael Jackson, Go West, A-ha, Huey Lewis and the News ,Yazoo en Human League. Ek sal bladsye tik met band name op. En jy kon nog heavy hard rock op die Top 40 charts hoor.  Q5, Van Halen en Autograph comes to mind.

Ek is bitter lief vir daai tyd se musiek. Dit was populêre musiek op sy beste. En ja, ek weet daai tye is verby, maar die sleutel tot vooruitgang lê soms in die verlede. Kyk maar na die hele vinyl resurgence.  Ek hoor jou – daar was al ‘n hele paar Afrikaanse pop artists wat in die verlede gaan loer het, dit probeer inkorporeer het in hulle musiek en dit ook relevant gemaak het in die hede. Die Heuwels Fantasties se ouer stuff? Gazelle maybe? Karen Zoid? Jack Parow? Nagligte? Lost and Found? Ek dink daar is ‘n hele paar wat al hulle deel gedoen het maar ons kort iets meer.  Toe ek die naald op Hierdie is die Lewe drop vir die eerste keer het ek een ding geweet. Dit is ‘n pop album. Dit mag rock, folk en synth pop elemente bevat maar dis full on populêre musiek.
Moenie bang wees om dit te sê nie: POPMUSIEK. Sê dit weer. POPMUSIEK. Francois van Coke is meer populêr nou as ooit te vore. En hier is nog ‘n groter vraag vir julle: Gaan Francois van Coke met hierdie album Afrikaanse popmusiek in ‘n ander rigting kan instuur? Persoonlik is ek nie ‘n moerse fan van die ‘Toe Vind Ek Jou’ colab met Karen Zoid nie en ek mag dalk in die verlede gejoke het daaroor, maar die waarheid is ek weet dis die regte rigting vir Afrikaanse popmusiek om in te beweeg. Dit was ‘n goeie begin. Dis eerlik en real, darem meer rock and roll as Bobby van Jaarsveld en nie so tapit soos Kurt Darren nie. Ek gaan nie eens probeer voorspel of hierdie album die hele pop scene ‘n shake up sal kan gee nie. Ek weet net Francois van Coke is onbetwyfeld ons beste bet om Afrikaanse popmusiek weer cool en relevant te maak.

Ek weet Francois tune hy is nie deel van enige scene nie maar maybe, net maybe is hierdie album ‘n Trojan horse. Maybe kan dit die populêre musiek fans se huidige smaak-bubbles bars en mense weer ‘n idee gee van wat befokte popmusiek behoort te wees. Ek is nie bekommerd oor SA rock, metal en blues  nie en ek het verlede jaar gesien hoe rock Francois van Coke ‘n song soos Mensdom live. Rock musiek is al jare lank gesonder as ooit. Dit kort net meer voete. Of ore. So no needs to go there today. Dis ‘n ander probleem. Ek is net dankbaar ons het nie ‘n rock scene van meestal Fokof clones nie. Daar was ‘n stadium way back when toe dit so geklink het. En ek bedoel ook nie pop musos moet nou Francois van Coke gaan copy nie. Sy brand is te fokken sterk, so good luck with that. Ek bedoel ons kort seker net meer van hierdie ballsy moves wat populêre musiek aanbetref. Ok, so hoekom dink ek hierdie album is ‘n great pop album?
Met die eerste track Mensdom kan ek hoor hy het baie Roy Orbison geluister gedurende die skryfproses. Die chorus is ook snappy en jy wil saam neurie. Daar kom sulke kort guitar solos ook deur. Prince het dit soortgelyk gedoen op van sy songs. Ek hoor ook bietjie Depeche Mode influences so tussen die rock riffs deur met byvoorbeeld My Hart en die Beter Mens. Probably unconscious kreatiwiteit se werk. Met Weet Jy Wat Ek bedoel? is daar Michael Jackson rhythms en beats met ‘n Slash guitar wat deurkom. Al klaar die trademarks van ‘n great pop record vir my.

Die hele Kant A van die vinyl het my met die eerste deurluister dadelik gevang. Dit was vir my baie beter as Kant B. Maar ons was besig om te braai, so go figure. Paradys is nog ‘n lekker tune op Kant A wat weer heeltemaal anders klink. Catchy grootmenswêreld lirieke met eighties Clash rhythm guitar. Post punk. Ek moes Kant B ‘n hele paar keer deurspin om dit te waardeer. Dis nogal ‘n Beach Boys inspired kant. Luister na Gewaarsku en Dit Raak Beter (As Jy Ouer Raak) dan sal jy hoor. Jy kan ook duidelik hoor die oorsprong van die musiek is uit ‘n ander tyd. Dis actually beautiful. My wens vir die millennial kids is om nie net Francois van Coke se interpretasie van hierdie tunes te gaan luister nie. Asseblief, jongspan, gaan download ook bietjie Roy Orbison, Beach Boys, Brian Wilson se weird solo stuff en al die ander artists wat ek genoem het en verloor jouself bietjie in die hele spul. Ek dink jy gaan beide Beach Boys en Roy Orbison se invloed sommer in een beleef met Normaal Te Voel.

Dis lekker om sulke musiek in Afrikaans te hoor, man. Die harmony, die kitaar riffs, die drum beats. Jy wil die woorde sing. Dit is ‘n eerste vir my in Afrikaans. En op vinyl is dit net soveel meer authentic. Wie is verantwoordelik vir die plaat? Seker alweer Rouleaux van der Merwe. Dis onder die VCK Music label release maar daai vinyl junkie het dit facilitate. Die laaste twee songs? Mmmm, well dis vir julle romcom flakes. I’ll give you those two. Maar ek staan by my oorspronklike siening. Hierdie is ‘n great pop album.

Fok, ek het nou probeer om my vinyl player skoon te maak terwyl die plaat gespeel het. Stupid doos. Dis nie fun as die naald bokspring nie. Dis ‘n eenvoudige reël. Haal eers die plaat af. Ek kyk en luister nou of daar skade is. Phew! Gelukkig nie. Sal dit nie befok wees as die Afrikaanse pop charts vol was van hierdie tipe pop tunes nie? Mens moet kan droom.

Deel met jou tjommies!

    RolbeesDie sleutel tot vooruitgang lê soms in die verlede. Francois van Coke se “Hierdie is Die Lewe” werk so.

    Gooi Comment