Die dierbare waansin van Ween

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek het hierdie band vir die eerste keer Desember verlede jaar by ‘n Watkykjy kuier ontdek. Ons tjommie, Vinyl Richie van Stash Records het ‘n paar juweeltjies uit sy persoonlike polivinielchloriedkluis daar aangebring en die musiek was net op ‘n ander level. Die hele fokken dag.

Onder andere het hy ‘n paar Ween plate gespin. Ek het eventually Vinyl Richie oorreed om dit vir my te leen sodat ek dit kan absorbeer in analoog formaat. Dis skaars en moeilik om hier in SA te kry, so ek het dit net eenkeer deurgeluister op vinyl en weer mooi gebêre. Daarna verder op MP3. Eersgenoemde was ‘n beautiful ondervinding. Ween is nie die maklikste band om te review in die eerste plek nie en Vinyl Richie het drie plate en ‘n DVD hier aangebring, but here goes…
Ek is eintlik bly ek het dit nou eers ontdek want dis ‘n hele nuwe wêreld wat oopgegaan het vir my. Selfs al luister ek al jare lank “alternative” musiek, wat dit ookal mag wees. Ween is begin deur Aaron Freeman (aka Gene Ween) en Mickey Melchiondo (aka Dean Ween) in New Hope, Pensylvania. Gene en Dean Ween kom nie van ‘n ander planeet af nie. Hulle kom uit ‘n ander universe waar planete nie eens bestaan nie en almal is heeltyd op ‘n ander vlak van bewussyn, so niemand weet wat enige iemand sê nie. Behalwe Ween. Ek is van nature op ‘n ander stasie so ek het nie eens hardcore draks nodig om van Ween te hou nie. Ek dink dit geld vir almal by Watkykjy. We are all a bit cray-cray.

Jis, hoe kon ek hierdie befokte band gemis het? Op die album God Ween Satan (1990) begin die eerste tune met ‘n slow alternative punk tune, You Fucked Up. Nee, dis nie ‘n love song nie. Puffy Cloud is nog snaakser. Hulle is so gerook hulle begin lag in die middel van die song. En moenie dink hulle edit dit nie. Hulle maak dit deel van die song. Giggelende goofbubble kuns!

Wean is ook moerse fans van Prince en doen hierdie een song wat baie mense laat dink het dis ‘n cover van ‘n Prince outtake, maar in actual fact is dit net ‘n tribute tot die horny pers pop genius. Nogal ‘n mean funk vibe en serious solo guitar in die tune ook. Die song se naam? Let me lick your pussy! Lek in vrede, Prince! Op Don’t laugh (I love you) klink hulle soos ‘n klomp delinquent reprobates met heliumstemmetjies wat net rondfok. Ek wonder of die bras van Southpark hulle inspirasie by Ween gekry het? Ween het al ‘n paar keer op South Park ge-feature. Hulle kom ook mos van Pennsylvania af? Of daar iewers naby.

Watse tipe genre is Ween? Nee, ek weet nie. Ek het opgegee om hulle akuraat te probeer pigeonhole maar ek kan hoor hulle gaan leen baie by Britse prog-rock, 80’s bubblegum pop, country, blues, soul en dan sommer sulke mariarchi ballads ook.

In 1994 het hulle Chocolate& Cheese release. Mens sou dink hulle het some kind of sound ontdek na vier jaar. Toe nou nie. Hulle klink weer totally anders op hierdie album. Van die songs is bluesy soos A Tear for Eddie en ander neig bietjie country maar ek het wel op hierdie album agtergekom daar is iets fokken donker en sinister wat wegkruip tussen die weird lirieke, jokes en al die rondfok. Ek het daai selfde gevoel gehad toe ek die eerste keer ‘n heavy metal plaat try agteruitspeel het op soek na Satan se boodskappies. Daar is iets seriously af met Ween. Nie soos Little Trump af is nie. Mens raak nie moeg of irritated daarmee nie. Dis ‘n dierbare waansin. En hulle kry maniere om dit weg te steek met hulle tunes. Die song Spinal Meningitis het my dié helder oomblik gegee. Die song is nogal heavy want dit gaan oor ‘n klein kind wat die siekte het. En hulle het ‘n laaitie gekry om van die lyrics saam te sing. Spinal Meningitis is ‘n horrible terminale siekte. As julle dit nie geweet het nie weet julle nou. Ek het ook ‘n paar interviews gelees met Dean en Gene en hulle het vir seker try skok maar nie ‘n joke daarvan probeer maak nie. En ek dink hulle het dit genail. Die hele idee kom ook uit hulle vrees vir die dood en naalde. Hulle het baie dieselfde konsep probeer met die absurde HIV Song op dieselfde album. Dit klink soos ‘n carnival clown song en die enigste vocals tussen die stiltes is een van hulle wat AIDS en dan weer HIV skree. Dis onstellend en snaaks alles op een slag maar dis weereens waarvoor hulle gegaan het.

In 1996 het Ween ‘n album uitgebring met net country songs op. As ‘n joke obviously, want hulle het getune hulle haat die nuwe commercial country. Die album was soos ‘n request of ‘n wens vir beter country musiek. Jy sien, hulle is almal fans van die genuine old school stuff. 12 Golden Country Greats is die album se naam. Is dit net ek of is daar net 10 songs op die album? Ha! Die beste is, Elektra het dit in die country scene probeer bemark. How did that work out for you, hmmmm? Hulle het obviously ‘n klomp ander musos ingetrek op hierdie album want daar is about 18 artists wat op die album feature. Van die songs begin ernstig maar dan luister jy weer na die lirieke en dis al weer fokken insane!

Ween op sy beste. Die een vinniger country song gaan so:

I think I spent the dog-food money
But he’ll love me just the same
And if you really love me baby
Help me scrape the mucus off my brain

 Jirre.

Piss Up a Rope is ook een van my favourites. Dis probably die snaaksste break up country song wat ek al ooit gehoor het. Dan is daar weer ‘n rondgefokkery op Mr Richard Smoker… (you’re a poopie poker). Die critics het hulle uitgehaal oor die song apparently homophobic is, maar ek dink dis weereens net skoktaktiek. Hulle het ‘n slow, sad country song oor Dean se hond, Fluffy en sy girl Penny. Ek het op chatrooms gelees waar die-hard fans oor die hidden meaning van Fluffy se lirieke debateer. Ek is seker hierdie een is nie outobiografies nie. Hulle het net ‘n klomp stront uitgedink.

Jy sien, met Ween moet jy weet wanneer hulle funny probeer wees, waneer hulle iets ernstig try funny maak en wanneer hulle net faktap uit hulle bracket uit high is. Dis ‘n baie fyn lyn. Die lirieke op Fluffy is fokken mal maar jy kan nie ophou luister nie.  Soos al hulle musiek.  Ek dink nie ek gaan ooit moeg raak vir Ween nie. Hier is iets interessants vir julle vinyl junkies: die oorspronklike Powder Blue song op die country album eindig met ‘n Muhammed Ali sample maar Ali se prokurowers het toestemming geweier. Elektra het toe per ongeluk ‘n paar albums gaan druk, maar al die represses eindig met net “Ladies & Gentlemen, I’d like to present Muhammad Ali” en dan gaan dit oor na die volgende tune toe. So daai eerste pressings met die samples op is obviously ‘n shitload werd.

Ween se musiek op die Live in Chicago DVD (2003) klink weer heeltemaal anders. Dis te verstane want dis lewendig op stage. Hulle moet meer staatmaak op actual instrumente. Dis ‘n weird bekende, tog anderse klank – The Pixies type riffs, grungy power chords en alternative REM akoestiese vibes – en keys. ‘n Kruis tussen seventies prog-rock, REM en Pixies op blou Smurfiedwelms. Dean Ween is nou nie Jimi Hendrix nie maar hy kan ‘n kitaar laat bloei as hy wil. Daar is ‘n paar befokte jamming sessions waar hulle heavy uithaak. Soos ek verwag het is dit ‘n moerse entertaining show en hulle jol ‘n verskeidenheid tunes van al nege hulle studio albums en ‘n paar covers ook. As Gene Ween die lyrics van die ou songs wat mense request opfok, gaan hulle net aan en edit dit nie eers uit op die DVD nie. Soos met Don’t Laugh (I love you) het Gene meeste van die lirieke net geneurie want hy kon fokol onthou. Vir wat wil Ween gaan foute wegsteek? Hulle was nog altyd die swartskaap van die alternative rock scene anyway. Hulle doen ook ‘n cover van Led Zeppelin se All of My Love wat my glad nie laat cringe het nie. Moerse kief version. Dan is daar nog ‘n tune wat die befokste party song is wat ek in ‘n lang tyd gehoor het. Booze Me Up and Get Me High! Ek begin sommer weer suip en rook en word ‘n student. Ha! Dit sal my einde beteken.

Jirre, ek like Ween al hoe meer en meer! Is ek besig om ‘n die-hard fan te word? Ek los julle met ‘n paar woorde van een van hulle catchy tunes, Baby Bitch:

Baby, Baby, Baby Bitch
For words I am at a loss
Baby, Baby, Baby Bitch
I’m better now please fuck off


Hierdie episode van Rolbees Reviews is geborg deur Stash Records. Volg hulle op Facebook en check more se vinyl market uit in Lynwood by Lucky Rodrigo.

Deel met jou tjommies!

    RolbeesDie dierbare waansin van Ween

    Gooi Comment