Vat Vyf! Week 4 van 2017 – Allister Coetswernoot, die NKP, die ANC en ander grappies

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

So, Griffin het Vrydag Oppikoppi toe gefokof en Watkykjy se sleutels saam met hom gevat en eers vanoggend terug gekom. Dit beteken ek kon nie my werk doen  nie, wat beteken julle kon nie julle nuus kry nie. Toe gaan almal dood. As troosprys het hy vir ons drie simpel aerial fotos saamgebring. Kyk hoe mooi groen is die plaas:
koppi 2 koppi 5 koppi 8Whatever. Dis nou al die tweede keer wat hy nie op ‘n Vrydag op pitch vir werk nie. HR sal definitief te hore kom hiervan. Kom ons kyk eerder eers na velede week se nuus aan die begin van hierdie week…

1. Die Nasionale Konserwatiewe Party van Suid-Afrika (of Fokkop vir kort) het ‘n beroep gedoen op al hul ondersteuners om enige musiek of films van celebrities en sangers wat Donald Trump en konserwatiewe waardes aanval of bespot, te boikot of te verbrand. Dit beteken dat die arme donners basies CDs van Heino en rolprente van Angela Lansbury gaan oorhou uit hul versamelings. Heelwat van die blinde volgelinge van die sedelesgroepie was toe ook heel verontwaardig toe hulle van die versoek verneem het terwyl ander Meryl Streep Blitz nader getrek het.

2. Die ANC se Toerende Dansgeselskap het hierdie week kritici gaande gehad met ‘n onbeplande opvoering van hul gewilde stuk getiteld “Die Korrupsie Vastrap” buite ‘n Absa Bank in Durban. Die dans volg op ‘n verslag van die openbare beskermer, Not-Thuli Madonsela, waarin voorlopig bevind is dat Absa onbehoorlik gebaat het uit staatshulp in die apartheidsera. Aangedane Absa kliënte en personeel was dit almal eens: Die dansgroepie is deur die bank deur die kak.
not-thuli
3. Steeds by die ANC… die politieke party ontken ten sterkste dat hulle bewus was van ‘n georkestreerde veldtog op Twitter waar bekendes aangemoedig is om die DA en die EFF te diskrediteer. Considering hoe kak die ANC gevaar het in die afgelope plaaslike verkiesing, reken ek die R50 miljoen begroting kon dalk beter aangewend gewees het. Die baasbrein agter die veldtog, Shaka Sisulu is die kleinseun van die ANC legende Walter Sisulu. Ironies, want sulke plantlife hoort in die Walter Sisulu Botaniese Tuin.

4. Dit het hierdie week aan die lig gekom dat die universiteit met die grootste gees nie UNISA is nie. Dit kom na ‘n spirituele sessie wat by die universiteit gehou is om koloniale geeste uit te dryf. Ek dink sulke eerstewêreldse denke gaan nog lank by hulle spook.

5. ‘n Nuwe sekuriteitsmaatskappy is hierdie week gestig en noem hulleself Allister Coetzee Security. Want niks is so fokken veilig soos Allister Coetzee nie. Die Springbokafrigter is (vir eers) veilig in sy posisie omdat dit SARU R13 miljoen gaan kos om hom uit sy kontrak te verlos en omdat hy diep in Fikile Mbalula se anus opgekruip is. Dit nadat die Springbokke onder sy afrigterskap al meer kere verloor het as wat Naas Botha sy Engelse R verloor het.
allister-coetzee

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat Vyf! Week 4 van 2017 – Allister Coetswernoot, die NKP, die ANC en ander grappies

    Gooi Comment