Medicine Boy is pretty much die regte local medisyne op vinyl

In Rolbees Reviews deur griffinRek jou bek

Medicine Boy – Kinda Like Electricity(2016) Vinyl release
Ek review nie slaafs musiek soos dit nuut uitkom nie. Dit is altyd ‘n bonus maar dit gaan vir my meer oor die wyer musiekondervinding. Good music has no expiry date, anyway. Ek dink ek het ‘n track of twee van Medicine Boy se musiek op Youtube gecheck net toe dié offering release is en ek het dit gelike maar ek was probably nie in die regte vibe nie. Somehow het dit my ontwyk verlede jaar. So ek moet seker die vinyl junkies op die SA Vinyl facebook groep krediet gee. Dit sou my dalk langer geneem het om weer properly by hierdie album uit te kom as ek julle nie sien rave het daaroor online nie. Die alewige gepost van fotos met polivinielchloriedlangspeelplate wat rondomtaliedraai op julle draaitafels. Jirre, ek doen dit nooit nie man. Wat is fout met julle? Get a life! Anyways, julle weet wie julle is. I salute you. Ek is laat in die kraal want ek dink nie daar is ‘n kraal nie. En as daar een is, fok die kraal!

Dit is dan ook nou maar so dat daar baie challenges in die musiekbedryf is. Daar was nog altyd. Befondsing vir opnames is skaars, festivals word ge-cancel, musiek venues sukkel om kop bo water te hou, en, en… maar hou die volgende in gedagte: my tape en -plaat collection het ‘n kwarteeu gelede net drie of vier befokte SA artists bevat. Ek het nog altyd goeie musieksmaak gehad. I was born with it. Ha!

From the desert in the early nineties to this, waar ek nie eens by alles kan uitkom nie en dit net in 25 jaar! Ok die hele evolusie van SA musiek gaan langer terug, maar hierdie is nie ‘n geskiedenisles nie. Jy verstaan my punt. En nou spin ek van die albums boonop nog op vinyl. What a paradox. Heigend Hert!

Imagine Enya of Sarah McLaghlan just merrily walking down the street in hulle new age gewaad en: Kablam!!!!! ‘n Onheilspellende rock and roll weerligstraal bliksem een van hulle raak. Of altwee. Dis Lucy Kruger vir my op hierdie album. Sy is gedoop in somber, sinister en donker klanke en klaarblyklik baie gemaklik van die pad af. Ek hoor jou, sy is ‘n baie meer diverse en eklektiese kunstenaar as net dit. Maar haar rol in Medicine Boy is die melankolie vanself. Dis ‘n intense vibe waar kalmte die oorhand hou sodat niks uitrafel nie. En trust me. Niks rafel uit nie. So ja, dis nie net sy wat hierdie album maak nie. Die besonderse yin-yang simbiose tussen haar en Andre Leo is well, kinda like electricity. But much closer to absolute surrender. Ek sien Hezron Chetty gooi ook viool op twee tunes. Ja, ek dink nie jy luister net hierdie album nie. Jy gee jouself oor daaraan.  Ek was besig met aandete toe ek die album die eerste keer gevoel het en so reg in die middel van die tweede snit het ek net so agteroor gesit, my oë toegemaak en…. gone, tydloosheid… jy sal nie verstaan as jy dit nog nie gehoor het nie.

Dream noise duo? Wat de fok is dit? It’s still rock and roll to me! Hierdie album kon in enige dekade, van die late eighties, die nineties of enige tyd daarna opgeneem gewees het. Sure, mens kan op een of twee songs die modern rock invloede duidelik hoor en dit gee jou ‘n clue waar jy is in die rock and roll continuum, maar Medicine Boy se musiek het no doubt ‘n tydlose kwaliteit. Hoekom? Waarskynlik omdat die fondasies daarvan veel meer in eenvoud en gevoel gevind kan word as in trends. Dream duo? Hoop nie dit is ‘n trend nie. Dis genuine die eerste keer dat ek daarvan hoor. Dream duo. Music critic my ass. Moi? Ek hoor basically die beeldskoonheid van donkerte en smart wat nie destruktief is nie, maar eerder helend. Ek het vir seker nie depressed gevoel na hierdie album nie. Eerder opgewonde en blown away.

Robert Plant en Alison Krause het met hulle Raising Sand colab album ‘n paar songs gedoen wat in hierdie rigting beweeg het maar definitief nie so donker soos dié nie. En daar was meer fokus op country en folk elemente op daai 2007 offering. Daar is wel een ander plaat in my versameling waarmee ek ‘n redelike vergelyking kan tref en dit is The Cowboy Junkies se album, Trinity Sessions (1988). Daar is ‘n natural reverb op daai album en Margo Timmons se ethereal vocals wat my net laat smelt as ek dit hoor. Dit is opgeneem in die Church of the Holy Trinity in Toronto. Daar is nie enige duette op die album nie as ek reg onthou en verder het dit ook baie meer bluesy licks en harmonica wat jou hare sal laat rys – in die befokte sin van die woord. Maar Trinity Sessions is ook ‘n album wat mens nie net na luister nie. Dit haunt jou vir dae daarna en die ondervinding is ook meer intens op ‘n analogue sound system. Die grootste probleem vir my met Trinity Sessions was nog altyd dat, alhoewel die ondervinding jou van jou voete afbliksem, dit van te korte duur is. En so is dit ook met Kinda like Electricity.

Die groot verskil is net Medicine Boy is hier in SA (as hulle nie oorsee toer nie) en mens kan hulle live gaan kyk. Sure, ten minste het ek nou twee sulke polivinielcholriedlangspeelplate maar is dit nie befok dat ons SA artists het wat hierdie tipe quality musiek op eie soil kan oplewer en perform nie? Ja? Ok maar dan is daar geen verskoning om hulle nie te support nie.
*Preek so vir myself terwyl ek in die spieël kyk*

Baiemeer SA artists release hulle stuff onafhanklik so dit gaan seker nie soos ‘n TV add so maklik by almal uitkom nie. It’s DIY around here, man. Hierdie album is ook ‘n independent release in elke sin van die woord. Medicine Boy het hullle CDs en digital releases self gedoen terwyl os eie Permanent Record en Roastin’ Records die labels agter die vinyl release is. Homegrown DIY! Ok obviously is die plate oorsee gepress maar dis net omdat hier fokol vinyl presses oor is in Suider Afrika nie.

Ek sit nou met die vinyl in my hande so tussen deur die tik. Nee, op die keyboard, nie daai tik nie. Dis altyd lekker vir my om die vinyl te ruik en te snuif en die album cover oop te maak en die lirieke te volg terwyl die wax lekker spin. Ek sou dit gelek het ook as ek nie bekommerd was oor die fokken waardevermindering daarvan nie. Die album artwork is deur Adam Hill design en die fotos is deur Morné van Zyl geneem. Dit pas by die beeldskone eenvoud en kalm intensiteit van die musiek. Agter op is of Lucy se been, afgeneem in ‘n toned down but still sexy way, of dit kan dalk haar linker arm wees. Ek wou eerder nie vra nie. It will destroy the mystery. In die middel aan die binnekant van die album cover is ‘n manlike hand wat sagkens oor ‘n vroulike een rus. Andre en Lucy sin? Probably, I don’t know. Daar is so baie maniere om die foto te interpreteer. Dis die wonder van die vinyl format. Die kleure is swart en pienk. Perfekte eenvoud.

Well done! Wat ‘n befokte projek. High fives all round. Favourite tracks? Fok dit, mens luister hierdie album deur van voor tot agter soos die gode dit wou gehad het toe hulle polivinielchloried geforge het in die donker dieptes van die rock and roll abyss.

Die vinyl junkies was reg. Dié een moet jy net eenvoudig in jou collection hê!
medicine-boy-1 medicine-boy-2 medicine-boy-3

Deel met jou tjommies!

    griffinMedicine Boy is pretty much die regte local medisyne op vinyl

    Gooi Comment