Die Antwoord se nuwe album, Mount Ninji and Da Nice Time Kid, disappoint fokken erg

In Die Antwoord, Watkykjy Reviews deur griffin4 Eiertjies

Die Antwoord – Mount Ninji and Da Nice Time Kid
Die tyd het aangebreek dat Die Antwoord  moet begin besef dat hulle nou dieselfde level as Madonna bereik het. Nie die level van fame, accomplishment of financial security nie, maar die level van re-invention. Hulle het ‘n fokken creative ceiling getref en nogal hard. Wanneer jy hulle nuwe album, Mount Ninji and Da Nice Time Kid begin luister voel dit asof jy by Barnyard Theatre sit en kyk na ‘n donker stage en wag vir die spotlight om aan te gaan waar Yo-Landi (moontlik kaal) op die vloer met rotte sit en speel en die volgende spotlight aangaan op Ninja wat in ‘n kamerjas op ‘n goue troon sit en koffie suip. Dis hoe die eerste track afskop. Dit klink of dit theatrical potential het, maar dis leeg soos ‘n back track op sy eie vir ‘n stage show sonder actors. ‘n Stage show waarvan die tickets cheaper is as Barnyard kaartjies. Moontlik die Vereeniging Skou. Die tweede track, Daddy, sal dalk lekker werk in een of ander Xbox of Playstation racing game. So 4 jaar terug. Die tune is meer repetitive en uninspiring as ‘n plaat wat vashaak. Die irritasiefaktor skop in wanneer jy besef jy kan die plaat wat vashaak nie help nie. Jy moet maar skip na die volgende track – Banana Brain. Dis ‘n flourige techno sound en ‘n bekende drumloop duik kort-kort op. ‘n Drumloop wat iewers uit die 90s gesteel is. Die tune is so kak aanmekaargesit dat mens nie eers bother om regtig na die lyrics te luister nie. Fok man! Skip.

Unsurprisingly gaan die album basically verder oor hoe poes erg gangster hulle is met Shit Just Got Real. Hoe fokken erg gangster is dit nou eintlik om ‘n geheelonthouer vegan te wees? Cypress Hill se Sen Dog feature op die track *gaap en maak so draadtrek gesture* en dit blyk die substance te wees waarmee die album aanmekaargesit is: “check al hierdie mense wat ons ontmoet het vandat ons uit poeskak Suid-Afrika weg is wat ons art nie verstaan nie”.
Dita Von Teese tune in Gucci Coochie dat Yo-Landi ‘n baie duur gwap het en almal se lewens daarmee kan verwoes, want jy kan dit nie bekostig nie en sy kry alles verniet met haar koekie. En almal is befok jaloers op haar poes wat alles kan verwoes en fok al die haters en mense wat enigsins ooit ‘n eiertjie te lê het oor hulle art. Verder sluit die album ook appearances in deur een of ander laitie genaamd Lil Tommy Terror wat graag vlerkies op sy tottie soek (Wings On My Penis) en van tieties en boude hou (U Like Boobies). Dis asof hulle controversy probeer forseer deur ‘n klein laite te laat vloek soos ‘n matroos. Soos daai gesuipte Afrikaanse mense wat dink dis befok cute as hulle ‘n video op YouTube laai van hulle vierjarige kontkopppie wat vir ouma “poes” noem op kersfees of op sy verjaasrdag waar hy Camels as ‘n grap-present ontvang. Die Antwoord doen dit net effens cooler want hulle betaal iemand om ‘n beat onder daai kak se hol in te druk. Next time, kry nog ‘n jonger laitie. Hoe jonger, hoe controversy.
die-antwoord-mount-ninjiAg en dan kom nog een van hulle Hollywood tjommies, Jack Black in op ‘n track, Rats Rule, om uit te help. Die bra klink soos ‘n creepy circus ringmaster, jy weet daais met die poesgroot rooi top hat en manelpak en draaisnorretjie, so ons is weer terug in die Barnyard-not-Barnyard virre gemors soundtrack.  Vandaar af nose dive die album redelik poesvinnig heeltemal in sy moer in. Jonah Hill is nie ‘n proper track nie – Ninja rap vir 30 sekondes oor some gay kak en dan stop Yo-Landi hom en vertel hom vir die volgende dertig sekondes (die res van die entire song) hoe gay alles klink. Stoopid Rich gaan predictably oor hoe baie zak hulle deesdae het. Gods, plaas hulle gebruik al daai poesbaie zak waarvan hulle praat en koop ‘n proper beat vir die track. Alien en Darkling is die enigste half redeemable tracks op die album en dis die enigste rede hoekom ek hierdie album ‘n 1/10 gee, maar dis lullaby tipe tracks en kan op hulle eie onmoontlik nie die album dra nie.

Die album disappoint tot die Nth degree en dis super fokken irriterend dat mense met sulke baie talent iets so verskriklik tos kan opdis. Ek het moerse uitgesien na die nuwe release en het gehoop dat hulle dalk sou terugkeer na $O$ se energievlakke, maar dit blyk asof Los Angeles en geld hulle fokken lui en moeg gemaak het. Dis asof Ninja sy styl verander het en jou permanent met ‘n piel in sy kies rap. Maybe probeer hulle te veel soos Cypress Hill klink. Maybe rap hy regtig met ‘n piel in sy kies. Maar ‘n piel wat fokken duur is, want hulle tap mos nou zak uit die weduwee se kruik. Ek is hartseer en ge-irriteerd vir die Die Antwoord se onthalwe. They took something really good and fucked it in the ass. Luister vir jouself en besluit:

Hulle het die bar ook moerse laag gaan staan en stel, want dit gaan nie baie verg om iets in hulle genre uit te kak wat beter as enige track op Mount Ninji and Da Nice Time Kid klink nie. En dis presies wat ek gaan doen sodra ek tyd kry.
Dis daai hele argument van: “Wat het jy al bereik? Kan jy dalk iets beter as hulle maak in plaas daarvan om net daaroor te bitch?”
Ja, ek kan.
Ek het ‘n fokken PC computer en software. En hulle het dit nou fokken maklik gemaak vir enige doos met ‘n bietjie verbeelding. Dis soos om langs iemand te staan by ‘n draadtrektrekkompetisie en die beste contestant kom 30 sentimeter vêr en jy is volgende. Weet jy hoe maklik dit vir enige iemand is om verder as 30 sentimeter te kom?

Poesmaklik…

Deel met jou tjommies!

    griffinDie Antwoord se nuwe album, Mount Ninji and Da Nice Time Kid, disappoint fokken erg

    Comments

    1. Bosman

      Klink ‘n bietjie suur. Soos melk wat van Krismis al in die son staan.

      Die Antwoord was altyd julle pêlle.

    2. Dr Bergie

      I dunno, Die Antwoord het hulle sound baie verander van hulle vroeër dae. Hierdie album is definitief baie meer EDM (rave) as wat dit rap is, maar ek like dit nogs teeds. DJ High-tech (of te wel GOD) voel ek het ‘n paar goeie beats gemaak wat ‘n mens maar ‘n paar keer kan luister sonder om ‘n hoofpyn te ontwikkel.

      Hierdie album voel meer mature as Donker Mag, wat net ‘n bietjie te veel mounery op gehad het.

      8/10 as iemand my sou vra.

    3. Ronnie

      Klink vir my soos sour grapes. Dis ‘n goeie album.

    4. Jo Poos

      Weet nie van suur druiwe af nie. Miskien joenalistieke integriteit? To be honest, wat de fok weet ek tog? Behalwe dat WKJ, en spesifiek Griff, basies single handedly Die Antwoord die break gegee het wat hulle aan Amerika en die res van die wereld bekendgestel het.

    Gooi Comment