Stone Jets – What I Say

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek was nie heavy in die mood vir pop rock toe ek hierdie offering gedownload het van die media drop box file af nie. Dis die einde van die jaar, my fok! Hoeveel van julle is nog lus vir werk? En julle weet mos.  Pop rock kan lame wees, mos.  Daar is te veel popmusiek wat erg stink na plastiese kaas. Ek kry so cringe-jerk reaksie gewoonlik.

Maar Suid-Afrika het nogal nie te bad pop offerings deesdae nie. Beatenberg is nogal nie te bad nie. Maar dis ‘n bietjie te poppy vir my. Stone Jets, however, is net een van daai bands wat ek dadelik by aanklank kon vind. Van die eerste tune af. Feeling Good is ‘n befokte song wat vir my nogal baie na aan Tracy Chapman klink. Dit is ook my favourite track op die EP. Wie het nie daai eerste album van haar geluister in die eighties en nineties nie? Ek het dit so faktap geluister ek kan dit about net een keer per jaar meer luister. Maar dis nog steeds briljant.

Stone Jets het nie daai alomteenwoordige melankoliese gevoel wat jy in haar musiek kan bespeur nie. Al sing hulle hier en daar sad tunes. Jip, you guessed it. Dis Slaapstad feelgood musiek. Van ‘n ander oogpunt gesien, klink Given Nkanyane se vocals meer soos ‘n kruis tussen Adam Levine (Maroon 5) en Jonathan Butler. Min van julle gaan Jonathan Butler se eighties tunes onthou. Dit was meer R&B pop. Maar dit het African soul gehad, al het hy aan die begin die Amerikaanse popmusiek ding gedoen. Wat was daai tune nou weer? Lies? So ja, Stone Jets is meer pop rock maar dit het ‘n unieke Suid-Afrikaanse vibe. Jy kan dit in die kitaar riffs, bass en dromme hoor. Dis refreshing, amper folky, positief en viby. Ek kerm juis oor nie genoeg swart SA kunstenaars die good stuff vir die wêreld opdis nie. Waar is daai old soul broers en sisters? Bring dit meer na die rock and roll vibe toe, asseblief. Laat dit amalgameer. Dis hoe nuwe dinge ontstaan en hoe shit ontplof. Kwaito musiek is ou brood en dit het about soveel soul as wat Afriforum-man by ‘n sokkie bokjol kan afpull. Ek voel net nie die kak nie. Black noise.

Given, ek pik sommer ‘n traan, want ek voel hierdie tunes se soul full on! Stone Jets kan selfs die soul eintlik nog so bietjie meer oopdraai. Ek onthou toe ek ‘n laaitie was met Womack and Womack se Teardrops of Sipho “Hotstix” Mabuse se Burnout wat my ritmelose witseunlyfie in some kind of epileptiese dans shape ingevibe het. So half ongemaklike lekkerkry. Dis daai tipe ritmes wat ek like. Dit hoef nie complicated te wees nie. Net basic. En real. Kan jy my picture terwyl ek probeer boogie?
stone-jetsStone Jets, ek sien sulke groen spriete orals. Julle het ‘n ding beet hier. As ek ‘n record producer was het ek hierdie band dag en nag gestalk en onmiddelik try sign want ek vermoed hulle gaan nog suksesvol raak. Dis nie crossover-musiek hierdie nie. Dit het however die potensiaal om fans oor ‘n breë spektrum kulture in hulle net te vang. Nog gunsteling tunes op die EP? Take a Look At Me is ‘n pragtige love song, en jy kan nie in die oggend opstaan met die title track en die res van die dag in ‘n kak bui wees nie – dis godsonmoontlik. Gaan check hierdie band en EP uit. Ons het sulke positiewe musiek nodig in ons land!

RolbeesStone Jets – What I Say

Gooi Comment