Ruff Majik – The Fox

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

Met hierdie tipe musiek moet mens altyd eers ‘n hat tip acknowledgement doen in die rigting waar dit alles begin het. Black Sabbath. Die gees van early Black Sabbath offerings is oor die jare aan die gang gehou selfs toe hulle evolve het en self in ander rigtings in gemission het. Maar dit het vir seker nie so blatant en in die suiwerste vorm in die eighties en nineties behoue gebly nie. At least, dis hoe ek dit onthou. Dinge beweeg en skud teen ‘n helse spoed in rock and roll. Die naaste hieraan was die Seattle crowd en die grunge beweging daarna maar dit het ‘n anderste klank gehad.  Die punk invloed het die hele rou spul na ‘n generasie-atoomverskuiwing laat klink. Nee, ek downplay dit. Dit was ‘n fokken rewolusie maar selfs dit was nie vir die ewigheid beskore nie.
ruff-majikIs daar so iets in die commercial musiekbedryf? Of is dit net die onvermydelike verganglikheid wat oorbly na geld en giere musiek vuisvoos boelie?  Goddank vir die internet, anders sou ons dalk ‘n hele anderste rockmusiektoekoms beleef het. Of dalk geen rock toekoms? Maybe oordryf ek. Of maybe nie. Soooo, vandat bands soos Wolfmother, the Black Keys en Tame Impala (eerste EPK en maybe eerste album) weer die ou seventies rock so rou in suiwer formaat (so van die kant af weer) in moderne rockmusiek teruggebring het, is daar nou ook ‘n paar Suid-Afrikaanse rock bands wat die ou roots omhels het en die Sabbath fakkel verder probeer dra.  Die jongspan sal my waarskynlik meer kan leer van al die nuwe bands. Wat noem julle hulle? Stoner rock bands? Gerookte rock musikante? Nooit gesien nie. En as julle dink hierdie tipe musiek is nuut dan het julle huiswerk om te doen. Begin sommer by Jimi Hendrix in die sixties al. Ek dink hy mag dalk ook ‘n paar DNA spore gelos het sodat al hierdie rou seventies inspired rock bands ‘n bestaansreg kon hê. Jy kan die leidrade van daar af vinnig optel. Ou giere maak vir lekker plesiere!

Ek het al na Hellcats gekyk vroeër die jaar en hier, net vir julle gerookte luistergenot, is nog ‘n SA band wat ek duidelik kan hoor van dieselfde stoffasie aanmekaargeslaan is. Muff Rajik. Ag ek bedoel Ruff Majik! Slip of the tongue. The Fox is hulle tweede EP en daar is ‘n hele paar dinge wat ek dik smaak op hierdie offering. Die musiek self is heel bekend. Gaan luister net bietjie na Wolfmother se New Crown album. Maar ek like die bells and whistles wat hulle ingesluit het hier. Gee my sound effects en die gebruik van movie soundtrack poetic voice recordings. Dit werk. Hulle gooi so kief TV signal stilte so dertig sekondes in King of the Badgers in. Love sulke klein detailed shit, soos net die Pixies dit kon bemeester.

Rock musiek gaan nie net oor die geraas nie maar die stiltes tussen die geraas ook. Ek kan nie onthou wie dit gesê het nie maar ek sê dit nou weer. Coffin Dragger. Befokte tune! Daar is so narrative aan die begin wat klink soos Ministry se Psalm 69 s’n amper. En aan die einde is daar sulke sagte acoustic guitaring (soos ‘n Western se soundtrack) en dan eindig dit met die finale narrative. Goeie werk, Ruff Majik! Julle het my aandag nou.

Die hele EP is stripped down raw rock ‘n roll – so rou soos bloederige bee biltong wat vir ‘n uur lank gebliksem is met een van daai metaal biltonghamers. Maar daar is ‘n Caveat Emptor. Most of it has been done before en dis moeilik om hierdie rou tunes te laat uitstaan bo ander bands s’n. Soos baie bands vantevore dink ek die proof gaan in die live op stage pudding wees. Maybe net nog ‘n paar dinge: Die guitar solos is nou nie juis op Eddie Van Halen standaard nie. Maar dis in elk geval nie die sound waarvoor hulle gegaan het nie, sou ek reken. Julle behoort te weet I don’t mind that so much. Mits dit sag op die oor klink. En hierdie geraas doen. Jy kan rook wat jy wil maar as jy nie die konstitusie het vir rou rock tunes nie gaan jy dit net wil vermy ten alle koste. Persoonlik het dit ‘n stewige plekkie in my digitale musiekversameling gewen.

Check bietjie Muff Rajik uit! Ag fok sorrie, Ruff Majik! Lekker Pretoria!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesRuff Majik – The Fox

    Comments

    1. Frans

      by the way……….

      Daai buurman sal sy lapatjie 1.5m vanaf die muur moet skuif die dag as hy sy huis wil verkoop,
      O ja en die skoorsteen moet aan die ander kant wees.

      🙂

    Gooi Comment