Vat Vyf! Week 44 van 2016 – State capture, state capture, state capture en fokken Karlien Van Jaarsveld

In Wat is nuus? deur PK Malherbe2 Eiertjies

Van ‘n shebeen in Saxonwold tot ‘n has-been president en sy makkers…

1) Suid-Afrika se nuutste misdaadsyfers toon dat kapings aan die toeneem is. Veral staatskapings. Die fok weet. Thuli Madonsela se Staatskapingverslag is uiteindelik bekend gemaak nadat die hooggeregshof Woensdag gelas het dit moet voor 5-uur daai selfde dag nog gebeur. En dit lees soos ‘n Noot-vir-Noot besigheidsplan. “Vyftig randjies vir jou en honderd randjies vir jou as jy vir my daai belangrike staatskontrak toeken. En jy daar, hier is vir jou dertig duisend gefuif-in-die-ry.”
thulie-bye-bye2) Een van die skobbejakke wat in die verslag gevinger word (figuurlik gesproke natuurlik) is Eskom se Brian Molefe wat al sy krag en heelwat van die land s’n gebruik het om seker te maak ‘n kontrak vir steenkoolverskaffing swaai in die guns van ‘n groepie myn manne, kom ons noem hulle sommer die Guptas, asook die seun van ons Nommer1, Duduzane Zuma. En aangesien haar naam Thuli en nie Thula is nie, bly sy nie stil oor die feit dat Molefe heelwat in Saxonwold geboer het nie, daar waar die Gupta-pondok staan. Volgens hom though was dit omdat hy gereeld ‘n shebeen daar besoek het. Uhuh. ‘n Man met ‘n R800 000 maandelikse salaris wat sy sente omdraai en ‘n shebeen besoek. Bewyse dat Eskom se bydrae tot ons eknomie in een woord opgesom kan word: Verkrag. En dat daar skynbaar geen einde is aan die rykdom van ons myne nie. Dis als net Myne! Myne! Myne!
bribeman3) Gerugte dat ANN7, die TV-skandaal, ekskuus, ek bedoel TV-kanaal wat in Gupta-besit is, hul inkomste gaan aanvul deur ‘n aantal karavane aan te skaf en as fortuinvertellers op te tree, doen die rondte. Dit kom nadat hulle amper ‘n volle dag voordat dit gebeur het, berig het oor die feit dat ou Zoom-zoom sy poging om die bekendmaking van die staatskapingverslag te probeer verhinder teruggetrek het. Sulke met-die-helmet-gebore.
ann7-predicts4) Des “2 Minute Noodles” van Ruin, die asembenewende poephol wat vir 4 dae lank Minister van Finansies was, se poging om die bekendmaking van die einste staatskapingverslag te probeer stop, het natuurlik ook misluk. Raai net bietjie wie word in die verslag gevinger (fokus, fok), as die minister wat sewe keer in Desember 2015 naby die paleis van die Guptas in Saxonwold geplaas kan word! Insluitende die dag voordat hy deur Zoom-zoom aangewys is as die nuwe Minister van Finansies. Wys jou… Where Des Fire, Des Smoke.

5) Hulle se Practise What You Bitch. Vra maar die Suid-Afrikaanse glanswêreld royalty, die Van Jaarsvelds. Loftus se Liefling en Karlien se eks-liefling, Derick Hougaard verskyn toe mos op die voorblad van die Christelike tydskrif, Finesse, saam met die eks-paar se tweelingseuns. En Karlien is woedend. Niemand het haar toestemming gevra nie. Maar in plaas daarvan dat sy dit soos ‘n volwassene uitsorteer, wend sy haar tot Twitter, daardie oplosser van twis. En soos dit ‘n goeie Christen betaam, dreig sy die Christen-tydskrif toe ook sommer met Christen-regsaksie. Maar wag, daar’s meer. Mamma raak toe ook by die bekgeveg betrokke nadat sy Karlien se skoenveters help vasmaak het en haar hare vir haar uitgekam het. Sulke Dallas. Jimmel mense, baklei binne die slaapkamer assamblief en moenie kwaad gaan slaap nie. Kug.
karilen

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat Vyf! Week 44 van 2016 – State capture, state capture, state capture en fokken Karlien Van Jaarsveld

    Comments

    1. Linda

      Fok tog Karlien. Sy lyk vir my soos iemand wat nie drink nie… jy kan nie daai fokkers vertrou nie.

    Gooi Comment