feed-the-wolf

Laat Feed the Wolf op jou groei

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

Ons het nou net klaar lunch gechow en ek is redelik luimerig. Ek moes vir ‘n hele ruk voor dit net potholes dodge oppad Dullstroom toe.  Ek was lus vir toasted bacon and egg vandag. So eintlik was dit meer soos ‘n breakfast gewees. My tjom moet eers my ass in my cabbie kry. I get by with a little help from my friends. Ek is in met ‘n bietjie gesukkel en sit en staar nou na ‘n klomp winkeltjies wat ek nie kan onthou van die laaste keer dat ek hier was nie. Progress, I guess. Ek haal die Feed the Wolf CD uit die kassie uit. Pik-pik so aan die macadamianeute wat ek by ‘n local bra gekoop het vir 50 bucks en gly die CD in my CD player in. Old school sound. Die neute is vars maar dit makeer sout. “Two for the price of one”, het die bra my getune.  All engines are go en ons is weer op pad. Entrees in the Foyer trek dadelik my aandag. Dis nie ‘n full song nie, dis sulke sound effects om en oor demented sirkus tunes. Kruis tussen Twin Peaks en Pink Floyd. Ek begin verdwaal in die musiek so tussen die beeldskone landskappe deur. Main Course in the Main Hall herinner my dat ek van Afrika is. Nog so sound snippet tussen in die musiek. Ek smile breed. Dit pas befok in na waarheen ons op pad is. ‘n Game Lodge in die middel van fokken nêrens tussen Ohrigstad en Tzaneen – vir ‘n tjom van my se 40th.

Nou terwyl ek skryf onthou ek ‘n gesprek met my swaer gisteraand oor Pink Floyd se musiek. Hy het my herinner dat hulle nie net musiek gemaak het nie. Dit was meer ‘n audio experience wat voor movies CGI geraak het, kon veroorsaak dat jy ‘n visual explosion in jou eie verbeelding ervaar het. Ja, ek hoor jou. Dis old school vibes and it’s been done before. Maar ek mis dit in musiek deesdae. Feed the Wolf het iets hier beet. Ek ry uit Dullstroom uit en onthou weer die spoorlyn. Paar verdwaalde memories probeer my aandag aftrek en ek skip weer terug tot aan die begin van die CD. Don’t want to go there now. All the while word ek herinner dat die musiek wat ek luister net so authentic is soos die scenery om my. Feed the Wolf was nog altyd een van daai bands wat ek al gehoor het, nie onmiddelik kon vatplek kry nie en toe maar nie verder moeite gedoen het nie. Dit herinner my nogal aan een van my favourite bands, Marillion. Die oorspronklike een met Fish as frontman. Ek probeer nie die twee bands musikaal vergelyk nie. My punt is net ek was aan die begin ook nie dadelik beïndruk met Marillion nie. Nes ek een song like dan gooi die ander song my weer op ‘n ander trip rond en Fish se lirieke was te weird en die musiek wispelturig en gekompliseerd. Hulle het keyboards en stroopsoet love songs vermeng met politieke uitbarstings en hard rock riffs en solos wat soos Dave Gilmour sin klink. Marillion het met tyd ontwikkel en gepeak op ’n stadium net voor Fish hulle verlaat het. En toe verskyn die tweede Marillion. Maar, iewers in die vroeë negentigs het hulle ouer musiek begin sin maak vir my. Dis nou ‘n kwarteeu later en ek is nog steeds ‘n moerse fan. Selfs van die tweede Marillion (met Steve Hogarth op vocals) wat bietjie meer “kommersieël” geraak het met tyd. Ek skiem musiek is soos om verlief te raak. Partykeer is dit love at first sight en ander kere vat dit jare voor jy vir iemand val. Who knows why?

Wat Feed te Wolf aanbetref is ek nog nie naby waar ek is met Marillion nie. Dit vat jare se luister en waardeer. Maar ek sit nie meer buite in die koue nie. So maand of so terug het ek hulle vir die eerste keer live gaan check en dit was nogal ‘n turning point vir my. Mens moet moeite doen met hierdie band. Die layers stadig afbreek. Donovan, Illimar, Jako, Jonno en Juan is almal seasoned musikante. So hoekom het Feed the Wolf nog nie die rock hoogtes ingeskiet nie? Who knows? I can tell you this: as jy eers jou mind opgemaak het om die musiek te begin explore gaan jy agterkom jy raak jy nie gou gatvol daarvoor nie. Ek luister nou na die album terwyl ek skryf (vir seker die sesde keer) en dit alles voel nog steeds vreemd en nuut. Ek explore nog steeds. Van die guitar riffs is amper Maidenesque partykeer. En dan hoor ek weer nineties grunge alternative en soms baie eighties flashbacks. Selfs Frank Zappa ook. Harde rock tunes vermeng met slow eerie ballads en soms jazzy crooner vibes. Illimar en Juan se kitaarwerk is veelsydig en ek probeer my bes om presiese genres te identifiseer – maar dit gee my net ‘n hoofpyn.
feed-the-wolfDonovan se vocal range is bliksems buigsaam en hy kan van Elvis Presley tot Arno Carstens tot Rob Halford se ranges sing. Luister bietjie na Wet Suit dan sal jy verstaan wat ek bedoel. Probably my favourite tune. Mr Considerate het ook dadelik my aandag afgetrek. Dit laat my weer aan No Friends of Harry dink for some reason. Feed the Wolf se lirieke kan poetic wees met tye, soms topical, soms personal en soms net fokken weird. So hoekom het hulle nog nie die rock hoogtes ingeskiet nie? Who knows? Ek wil hulle nie brand as underrated nie. Daai label kan stick forever. Al wat ek weet is as hulle gaan rondtos met die musiek om dit meer radio friendly te maak, gaan dit nie meer Feed the Wolf wees nie. As hulle die SA mark gaan try volg gaan dit ‘n disaster wees. Bury the Wolf. Nee, ek hoop eerder mense gaan luister na die album en gaan check hulle live uit. Gaan explore dit, al like jy dit nie dadelik nie. Dit het my lank gevat om in hulle vibe in te kom. By hulle Klitsgras gig so maand terug was daar ‘n jong swart fan van hulle wat lekker saamgesing en uitgerock het. Ek het hom en sy born free tjommies dopgehou terwyl hulle die musiek geniet het. Dis lekker om mense dop te hou terwyl hulle totaal en al uitclutch op intense musiek. Dit het my nogal hoop gegee. Maybe ontmoet Feed the Wolf en die groter rock market mekaar somewhere.  Hierdie is seker die uniekste band in SA rock op die oomblik. One of a kind. En sadly dink ek dis presies hoekom nie genoeg mense dit raaksien nie, maar jy het ‘n kans om hulle vir jouself te kom uitcheck hierdie Saterdag by Watkykjy se kief rock show, Camp Rock.

Ek stop voor die game lodge se hek. Cognac in the Smoking Room ruk my uit my waas uit. Back to reality. Ek het geen idee hoe ek hier gekom het nie. Net my tjom se kar gevolg terwyl ek Feed the Wolf geluister het en (ek dink) deur twee passe gery het. Ek dink ons het iewers gestop om petrol ook in te gooi. Het ons? Ek check of my garage card in my beursie is. Yebo! Die musiek en beautiful scenery het my helemaal laat ophou brein. That’s life, man! Ek pis myself so bietjie toe die gedagte by my opkom dat ek die verkeerde kar to hell and gone kon gevolg het. Ek is kapabel laat dit nog gebeur het ook. Goddank dit het nie. Ek sou nooit die einde daarvan gehoor het nie…

Deel met jou tjommies!

    RolbeesLaat Feed the Wolf op jou groei

    Comments

    1. Driesman Jansen

      Ek skiem jy’t ‘n punt beet as jy se dat hulle die uniekste rockband in SA op die oomblik is.Ek luister daai cd soos jy ‘n duur Johnny walker sal drink.Wag vir die regte occasion en dan loop ek oop pappa. Ek het ook al hulle alter ego band BLBC ‘n paar keer live gesien so yeah..hulle kan nog groot raak in die land.Nice review.

    Gooi Comment