Jy is ‘n aap en jy fokken weet nie hoe Facebook werk nie

In Snotstories deur griffin6 Eiertjies

Dis die jaar 2019 en Julius Malema is Suid-Afrika se nuwe president. Dit is jou skuld, want jy is fokken ignorant en share alles op Facebook, las stertjies by en raak emosioneel sonder om enige iets te fact check of vir jouself te bevraagteken. Dit veroorsaak ‘n slow-motion kneejerk kettingreaksie wat SA square in die poefgaatjie skop min of meer soos wat met Amerika, die kollektiewe poephol van planeet aarde laasweek gebeur het. En hulle kollettiewe mank apie, die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland toe Brexit vir almal ‘n nuwe een geskeur het. ‘n Koningkryk van idiote. Kom ons fok liewer daai details vir eers…

‘n Glas rooiwyn per dag laat jou langer lewe. Share! 105-jarige vrou tune ‘n halwe bottel whiskey per dag is net die fokken antwoord vir ‘n lang lewe. Share! Tjoklits laat jou kom soos ‘n bosvark vir ure aaneen. Share! Selfoongebruik gee jou voorvelkanker. Share! O poes, wag – rooiwyn is nou weer sleg vir jou! Share!

Jirre, en ons love stats iets faktap. Die hoeveelheid plaasmoorde, die crime rate, hoe leeg die Vaaldam is. Ons like dit om die horrible goed te share. Die doom en gloom. Wanneer laas het iemand jou ‘n Whatsapp gestuur om te tune dat die Vaaldam 78% vol is? Seker nooit nie. Wanneer laas was hy 78% vol? Fuck knows. Ek is te lui om te check. Vandag is die Sterkfonteindam 91.3% vol. Dit klink heeltemal te wonderlik, kom ons fokus eerder op die Vaaldam se 15% (hy staan actually vandag op 30.9%, maar stuur gerus 15% aan oor Whatsapp – dit klink heelwat meer fokken terrible).
Het jy geweet dat 98.5% van alles stats complete bullshit is?

Jou Facebook vriende is net so ignorant soos jy, comment op die kak wat jy share en mense sukkel om “even te can”. Literally. Dit sneeubal, jy vergeet van die kak wat jy versprei en twee jaar later duik dieselfde kak op, effens gemodify met poesbaie stertjies bygelas. Jy het weer eier op jou gesig en jou super lame defense is: “Ja, maar dis Suid-Afrika, mens weet NOOIT met sulke goed nie.” Mens fokken doen. Jy is net te fokken lui om te lees. Jy is net te fokken lui om alles te bevraagteken. Jy hou nie daarvan om vir jouself te dink nie. #SulkeMoeite. Jy word so hard aan jou neus rondgelei dat wanneer iemand eventually jou neus los, slaan dit so lekker breë pers pielmerk oor jou voorkop. Dis lekkerder om ‘n aap te wees. Dis gerieflik.

Kyk na hierdie foto wat mense vir weke lank laat rondtos het op Facebook. Is dit Tom Hanks of Bill Murray?
bill-murray-2Kom ons fokken stry vir ure lank. Oor ‘n foto wat in 2012 geneem is en weer die rondtes doen op Facebook. Spoiler alert, dis Bill Murray. Ja, jy lyk fokken baie na Tom Hanks, maar kom ons werk met so bietjie feite:

Reasons my son is crying.
He met Bill Murray.
Submitted by: Laura R.
Location: St. Andrew’s, Scotland

Die BBC het die antie gebel en dit bevestig. Hier is nog ‘n foto van Bill Murray, dieselfde dag by St. Andrew’s met dieselfde outfit. Case closed. Moving on…
bill-murrayJirre, het jy geweet dat Jacob Rothschild se familie 500 triljoen dollar werd is? Het jy ook geweet dat die hele wêreld se rykdom in 2015 op omtrent 250 triljoen gestaan het? So, die Rothschilds besit in fact alles op Aarde en dubbel al die rykdom wat nog op Aarde gemaak moet word. Slegs een lid van die Rothschild fokkers word ingesluit op Forbes se 2015 lys van billionaires in die wêreld: Benjamin de Rothschild. Hy rank hier by nommer 1121 met ‘n netto waarde van $1,61b. Weet jy wie is ryker as hy? Probably Whitey Basson. Ek is te lui om te kyk waar hy tans op Forbes rank. Dis die fokken ou van Checkers. Hier in Suid-Afrika. Ek sê “probably”, want ek is te lui om dit te fact check. Jou defense sal seker iets in die lyn wees van: “Maar die punt is hulle het steeds BAIE geld!!! Wat is die verskil nou regtig?”
Regtig? Is dit die punt? As jy ‘n keuse het om twee verskillende pryse te betaal vir dieselfde huis, wat gaan jy doen? Wat is nou regtig die verskil tussen R1.5m en R2.5m? Dis net baie geld. Vat die duur opsie. Daar is nie ‘n verskil nie. Dis net syfers, dommie.
rothchild-hoax-1 rothchild-hoaxHet jy laasweek op Facebook gelees van John Cleese se fantastiese “open letter” aan Amerika? Fuck ou, jou moet dit lees. Dit was goed, hoor! Behalwe dat dit deur ‘n ene Alan Baxter geskryf is waay fokken back in 2000:

London, 8th November 2000.

To the citizens of the United States of America,

Following your failure to elect either a half decent candidate or man-monkey as President of the USA to govern yourselves and, by extension, the free world, we hereby give notice of the revocation of your independence. Her Sovereign Majesty Queen Elizabeth II will resume a monarch’s duties over all states, commonwealths and other territories. To aid in the transition to a British Crown Dependency, please comply with the following acts:

1. Look up “revoke” in a dictionary
2. Learn at least the first 4 lines of “God save the Queen”
3. Start referring to “soccer” as football
4. Declare war on Quebec

Tax collectors from Her Majesty’s Government will be with you shortly to ensure the acquisition of all revenues due (backdated to 1776).

Thank you for your cooperation and…have a nice day!

Gaan lees nou weer “John Cleese” se brief. Sestien jaar se fokken stertjies bygekry en ek skiem nie John Cleese is die tipe ou wat sy fokken tyd gaan mors om iets onoorspronklik uit te kak deur plagiaat te pleeg nie.

Meer onlangs, toe Trump president-elect geslat het in Amerika het hierdie pêreltjie ook kop uitgesteek:
simpsonsKom ons kyk of jy allergies is vir lees. Gaan figure dit vir jouself uit. Hierso is al die ammo wat jy nodig het. Onthou om die hele fokken ding te lees en die videos te kyk. Hulle voer hom vir jou met ‘n lepeltjie:
http://www.snopes.com/simpsons-trump-prediction/

En uiteindelik kom ons by die groot finalé wat verlede week kak en verwoesting gesaai het, heel moontlik meer ekonomies van aard as wat die weer blameer kon word. Ekself het hierdie WhatsApp boodskap van SES verskillende mense af ontvang waarvan twee van hulle my immediate bure was. ‘n Chick met die naam van “Antoinette” wat claim dat sy vir ER24 werk het aparheids-tipe vrees in mense ontwaak met haar doom-en-gloom boodskap van ‘n poesgroot storm:

“Prediction is worse than yesterday” – sy gee geen indikasie van wat “vandag” se datum is nie, so hierdie boodskap kon ses jaar terug dalk ook die rondtes gedoen het.
“If you are out, I suggest you get home” – hier was waar meeste mense hulle kak verloor het, want “out” het vir meeste mense beteken “nie by die huis nie”. Companies het hulle werknemers so vroeg as 14:00 huis toe gestuur sodat hulle die storm van die eeu kon mis en eerder by die huis kon sit en draties kap en Milo drink. Hoekom? Want elke tweede doos met Whatsapp het ‘n stertjie bygelas soos “massive electric storm – switch off electronic devices” of “die ou wat hierdie vir my aangestuur het is ‘n pilot en het dit confirm”.
“If you’re on low ground, I suggest you get to higher ground” – daar is geen fokken sprake van enige geografiese ligging nie. Vir al wat ons weet is dit ‘n Sandton-tannie wat in Phuket sit en Mai Tai suip deur ‘n strootjie terwyl sy die wolke dophou.

Jy sou dalk ook opmerk dat die persone wat hierdie kak versprei het “WhatsApp” uitspreek as “What’s Up” – daai tannies met die “ek-wil-NOU-met-die-manager-praat”-haarstyle. En daai ooms wat wat op hulle buurtwag-groepies van swartmense praat as “bravos”.
Het dit Vrydag gereën? Ja, nogal hard, maar dit was ‘n doodgewone hoëveld donderstorm gewees. Weet jy wat ‘n fokken breeze die M1 op pad Joburg toe was tydens spitsverkeer daardie dag? Almal was reeds by die huis met flitse en blikkieskos onder hulle forts in hulle sitkamers wat hulle met kussings en duvets gebou het.

Jissis mense, kom ons wees bietjie meer informed, asseblief? Voor jy daai share knoppie click, sit op jou hande vir tien sekondes en vra jou brein se regter hemisfeer om die logika te handle. Ek praat kak, die linker hemisfeer hanteer logika. Of doen dit?

Gaan fokken lees dit op!

griffinJy is ‘n aap en jy fokken weet nie hoe Facebook werk nie

Comments

  1. Renier

    Uitstekende punte gemaak. Is dit regtig nodig om dit in sulke kru taal te doen? En ja ek weet jy gaan my nou sleg se. Groete .

  2. Lara

    Hahaha Briljant – dit sou verseker nie so snaaks gewees het in ‘mooi’ taal nie 😀

  3. Linda

    Ek flippen LOVE dit. Ek is een van daai ‘ou’tannies en like jou styl van skryf erg. Die kru taal sit absoluut elke keer op die regte plek, completely en utterly beskryf dit presies hoe jy voel, en glo my ek verstaan alles dan heeltemal. Jy verskaf my ure se genot. I bow to you, you are just fokken amazing. Die share van shit ruk nou heeltemal hande uit.

  4. Bentwood

    Lekker dik verkul teorie wat hier rondrol.

    So bietjie poësie uit 1823:

    Lord Byron presented the Rothschild family in his poem “Don Juan,” canto 12/5, written in the old year of 1823.

    Who hold the balance of the World? Who reign
    O’er congress, whether royalist or liberal?
    Who rouse the shirtless patriots of Spain?
    (That make old Europe’s journals “squeak and gibber” all)
    Who keep the World, both old and new, in pain
    Or pleasure? Who make politics run glibber all?
    The shade of Bonaparte’s noble daring?–
    Jew Rothschild, and his fellow-Christian, Baring.

    Net so ietsie vir slaaptyd en bietjie breinkos.

Gooi Comment