Die Blues is heel gesond in Suid-Afrika

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

As jy dink al die kief blues festivals en shows is net in die Kaap, dan is jy verkeerd! Dit word al hoe meer en al hoe beter in die Noorde. Hierdie think piece (of wat mens dit ookal noem) het begin by Tweefontein Melkery net so paar minute uit op ‘n grondpad, af van die R35 daar naby Kempton , by die SA Blues Society (https://www.facebook.com/sabluessociety/) se jaarlikse blues festival. Even Cowgirls get the Blues. 28 Oktober 2016. Onthou julle daai Tom Robbins boek? Gus van Sant het ‘n movie daarvan gemaak. Anyways, Doc Maclean was nog nie in SA nie maar daar was oorgenoeg talented SA blues artists wat die blues vaandel gedra het. Daar was nou nie ‘n shitload mense nie maar die wat daar was het gees gehad. En dit het my vir ‘n hele week daarna gevolg. Ek kon nie die hele Melkery festival bywoon nie, so ek het net die laaste paar headlining acts daar gaan check. Nooit gedink ek gaan spoilt for blues choice wees in een enkele week in Gauteng nie.
sa-bluesEk het so vision in my kop gehad van ‘n formele kantoor met ‘n secretary wat admin doen terwyl die Voorsitter van die Blues Society oral rondvlieg om met bands, venues, en societies en fans vigorously networking te doen. Noudat ek geleer het van Jazz en Blues stokvelle, kon hy dalk sulkes ook gaan opsoek het in die townships. Maar dit was net ‘n droom. So ek het bietjie by Illimar Neitz (Bright Lights Big City, Feed the Wolf) try uitvind wat behels dit alles in werklikheid. Hy, Jako Loots (Bright Lights Big City, Feed the Wolf) en Martin Botha (Black Water) maak dinge gebeur op die oomblik. Maar dis baie meer informeel as in my droom. “Ons is altyd keen om lekker nuwe venues uit te check. Location, Location, Location. In my opinie altyd baie belangrik”.
Ek wou by hom weet of mens ‘n member kan word maar hy tune hulle werk nog daaraan. Hulle host so elke tweede maand (give or take) ‘n blues event en dan ‘n jaarlikse een by die Melkery. Meestal by Pretoria venues soos Klitsgras, Café Barcelona en saam met Friends of the Rail ook. Dis alles passion projects hierdie! Wat vir my befok is die feit dat Illimar sy studente op dieselfde bill as die established bands laat speel. Ek het al een, the Good Doctor’s Beetle, live hoor jam paar maande terug maar hulle klink nie soos ‘n studenteband nie. Meer soos ‘n mid-level blues band wat by ‘n local jol. Lekker Illimar!

Charlie King Blues (wat al sedert 2011 aan die gang is) was die eerste band wat ek gecheck het die aand van die Cowgirls met blues – hulle het my dadelik impress, actually. Niemand is overly exhibitionist nie en hulle speel pretty much die good old solid raw blues stuff. Ek het laas toe ek Ann Jangle live gesien het so lekker feminine blues fix gekry. Charlie se sultry stem is ‘n moerse trekpleister. Ek moan al lank oor daar te min vroue vocalists is in rock, metal en blues. Veral die met siel by. Waar is julle almal? Come out, come out wherever you are! What a find! Maar sy is nie groen op die scene nie en het al saam met groot name gewerk – Gerald Clark, Dan Patlansky, Piet Botha, Albert Frost en nog meer. Charlie kom van die Kaap af maar sy is al vier jaar in Joburg aan die werskaf. Haar huidige line-up met Wim van Vuuren (drums), Mark Saunders (Guitar) en Nico Saunders (Bass) is nou al so jaar solid en hulle gaan binnekort record! Charlie is ook baie betrokke by die Blues Town Sessions in Joburg. Gaan check dit uit! https://www.facebook.com/groups/bluestown/
charlie-kingBlack Water SA was volgende. Sure, Martin Botha is nie Dan Patlansky nie maar hy het my ‘n paar keer hoendervleis gegee met sy kitaarwerk. Hy is ook een van Illimar se studente wat besig is om meer established te word in die local blues scene. Martin-hulle het so Texas rocking blues cover van Tracy Chapman se ‘Give me one reason’ gedoen wat ek moerse geniet het. Ons hou hulle dop.

Bright Lights Big City was volgende en is een van my favourite blues bands in SA. Toit band. Toit du fokken Toit. Hulle is rooted in die blues (onthou julle Howlin’ Shibanski?) so hulle kan ‘n proper blues set doen wat ou omies op die platteland laat boogie, maar hulle kreatiwiteit het mettertyd verby die 145 blues shuffle structures evolve en hulle is besig om hulle eie sound te vind – albeit still rooted in the blues. En hulle is ook besig om aan ‘n album te werk! Ek wag al ‘n ruk vir dit!

Die vierdie band was nou nie eintlik full on blues nie maar ek was totally surprised met hulle set. Monkeys in Boots, roep hulle hulleself. Ek is ook op hulle spoor. Sal bietjie hulle recorded werk ook uitcheck! Jeeeeesh so many bands, so little time!

Fast forward tot die volgende naweek by die Goodluck Bar se Country en Blues jazz Festival. Dit was actually befok om bietjie blues daar te check! Doc Maclean het ook ‘n befokte set gedoen. Ok wag, kom ek rewind nog eers ‘n bietjie terug. Doc het sy Zuluskies toer afgeskop Donderdagaand 3 November by die Canadian High Commission. Ons was al weer hoog op die blues, ja. Die Delta blues het aan die begin bietjie out of place gevoel so tussen al die fancy diplomatieke mense, besig om die spread op die tafel te scan vir die lekkerste stukkies gourmet pastry terwyl hulle met ons dressed down muso junkies – maar meestal met Doc – ditjies en datjies verruil. Die Black Jack bier en die kos was free. Dankie, Kanada vir die kos! En almal wat drink sê dankie aan Wim van Vuuren (Jack Black trade marketer, Charlie King Blues)!
02_doc-maclean_dscb5953_1Een Antie vra vir Doc of hy ‘n anti-conscription leier ken van die sixties. Doc tune haar nee, maar hy sou anyway nooit diensplig wou doen in die sixties nie. Ek like hom dadelik meer want ek is ook ‘n passifis. Die Antie loop weg en ek slip so lomp vraag in oor Muddy Waters. ‘n Vriendin van my wat ‘n actual joernalis is was my plus 1 en staan langs my, so ek try fokken professional lyk. Doc tune die eerste keer wat hy geopen het vir Muddy Waters, het hy groot en nors gelyk. Maar toe hy hom jare later weer sien op ‘n DVD besef hy die bra was eintlik kort. Ek het vir Doc gevra of hy maybe net nervous was daai eerste aand. Hy tune ja, maar nie oor dit Muddy Waters was nie. Net omdat Muddy Waters hom en ‘n ander muso (nou sy naam vergeet) gevra het om ‘n song twee keer oor te doen. Nie omdat dit kak was nie, maar omdat hy dit gelike het. Julle moes hierdie gig beleef het, man! Die Pretoria laatmiddag traffic geluide het die backbeat verskaf. Al hoetende en toetende. The Delta blues meets the Jacaranda city blues. Maar ervaring kan mens nie koop nie en hy het deur al die klankbesoedeling gespeel asof dit net nie daar was nie. Just giving a wise old smile and telling his stories with his songs and his 1929 Steel National guitar. Almost cheering the traffic on. En moenie van Stella vergeet nie – sy acoustic kitaar.

Fast Forward weer na die Goodluck Bar, 5 November 2016. Ek kon ook nie by alles uitkom nie maar dit wat ek gesien het was mindblowing. Nick Becker en Riaan Smit (beide van Crimson House) se band, The Brothers Remedy was ‘n moerse jive set. Nick se skills met daai sax is fenominaal. Fok, dit was ‘n juvial oorplesier! Saam met Meneer André Kriel, nogal. Die bra het ‘n solid musician geword van die Steak and Ale dae af. Tops! En daar het ‘n female vocalist backing vocals gedoen wat my ook impress het – Lana Crowster. Yeah, nog een! What a voice man!  Wat ‘n befokte mengelmoes van genres! Northern SA meets Southern SA. Ek is spyt ek het nie die Black Cat Bones en die ander bands later op die bill live gesien daai aand nie. So many bands, so little time! Dis ook nie net Illimar wat artists onder sy vlerke neem nie. André Kriel doen ook. Die Zephyr Heirs het sulke lekker seventies folk rock gegooi. Hulle kort nog bietjie skaafwerk maar ek like hulle vibe. Lekker André! Lekker Zephyrs! En Guy Collins en Michael Canfield. Eish. Die bras het ook weer hulle harte uitgespeel. Joh, klas. Klas! Julle het die tjops! Ek bedoel chops!

Die gees in die Good Luck Bar is altyd tangible. Jy voel dit as jy instap. Dis ‘n Joburg Outlaw vibe wat fokken lekker inpas by die blues. Maar ons SA blues gees is ‘n ander gees as die Delta blues. Die een is nie noodwendig beter as die ander nie. Dis net anders. Ek wou by Doc weet of ouderdom en ervaring en swaarkry dalk iets daarmee te doen het dat mens die old school delta blues so gemaklik en met gevoel kan speel. Sy antwoord was weereens eenvoudig. Toe hy jonger was het hy oor ander goed geskryf as wat hy nou skryf. Ek het dit interpret as mens hoef nie noodwendig swaar te kry om die blues te sing nie, maar dit help. En die subject matter verander net soos jy ouer word. Pretty simple, right? Ek oordink dit altyd. Nino van Aarde het my getune as jy vêr agter staan, werk Doc se vibes nie so lekker nie. Mens moet heel voor gaan sit om die dik Delta vibes te voel. Soos kids, die Delta blues lesse leer. Soos toe jy klein was in die laerskool vir storietyd. Jy moet jou bek hou en luister en voel. Dis al.

Fast forward weer na die volgende dag by die Cockpit Brewhouse. Ek en Griffin en André de Beer het eers ‘n lekker blues set gekyk van Meyrand Roux voor Doc weer die stage gevat het. Hy het so ‘n cover gedoen van James Brown se ‘This is a man’s world’ wat my laat regop luister het. Gees! Net voor Doc se set wou ek by hom weet wanneer presies mens qualified is om die blues te speel. Doc se kort antwoord was net: “Well that’s easy. There’s a difference between playing the blues and being a blues player”. Ek het dit al weer probeer overthink en hy het dit in ‘n paar sekondes netjies vereenvoudig en in perspektief vir my gesit. Daar is baie blues players maar nie almal kan genuine die blues sing nie. Kapiche?
meyrand-rouxDie twee hoogtepunte by die Cockpit Brewhouse gig was die songs wat Meyrand Roux op harmonica en Wim Van Vuuren op houtkas percussion saam met Doc gespeel het. Angola Prison Rodeo, en ek kan nie die tweede een onthou nie. Maar dit was America meets Africa! Jip, Charlie King en Wim van Vuuren (Charlie King Blues) was weereens soos die noodlot dit wou hê daar om Doc Maclean te support. Ek het agtergekom sy was actually een van die musos wat gehelp het om Doc hier te kry. Doc het haar so amper ‘n jaar terug gekontak via Facebook en oor email gevra of sy hom moontlik kan assist om gigs te organise vir sy moontlike SA Toer. Sy was net een van ‘n paar key mense wat hom in kontak gesit het met verskeie venues en ander blues artists, en Doc het self die datums confirm en performance contracts negotiate.  “Hy is self-sufficient met sy toerbeplanning, maar ek het van tyd tot tyd gehelp om van sy oop datums te probeer fill met nog shows, ander venues gesearch in areas wat hy aangedui het hy gaan wees oor sekere datums, ensovoorts”. Doc het ook by Charlie-hulle gebly en sy het paar van haar contacts aan hom voorgestel vir sponsorship en dis meer. Ek het vir beide Illimar en Charlie gevra wat hulle dink SA artists se opinie is van Doc Maclean se toer. Albei is van mening dat meeste SA artists ten gunste daarvan is en dat dit net positief kan wees. Charlie meen onder andere dat deure kan oopgaan vir learning opportunities en toekomstige colaboration gigs hier en oorsee. Illimar meen weer ons kan by hom leer hoe om SA blues musiek na verskillende dele van die wêreld toe te vat want dis presies wat hy doen. Ek het Illimar en Charlie gevra of hulle dink daar sal SA musos wees wat nie ten gunste van Doc se toer is nie. Beide het nee geantwoord maar Illimar het grappenderwys bygevoeg (en dit het my laat giggel bietjie) dat Doc hopelik nie te veel local egos seer maak nie. Ek hoop ook nie so nie!

Ek het Charlie en Illimar nog ‘n kakhuis vol ander detailed vrae gevra maar daar is nie nog tyd vandag vir alles nie anders gaan ek ’n boek skryf. My impression is dat die mense agter die SA Blues Society, Die Blues Town Sessions, die venue owners wat omgee vir die blues, die bluesos en die fans almal op dieselfde mission is. Om soveel blues by soveel as moontlik mense uit te kry. En hoe meer international artists hiernatoe kom wat soos Doc inclusive is en mense intrek by hulle gigs en brûe bou, hoe beter.

Is dit nie tyd dat almal onder een vaandel begin deel word van die international blues community nie? Is dit moontlik? Ek wil nog baie meer oor die subject in die toekoms skryf en hopelik ralleigh ons almal saam op een mission: Spreading the blues!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesDie Blues is heel gesond in Suid-Afrika

    Comments

    Gooi Comment