“Bunch of kids thought Narrow House was a pretty funny name for a blues album until I told ‘em it’s just another name for a grave” – Doc Maclean

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Doc Maclean – Narrow House

“Blues Rock Review once said my songs are only about death and dismemberment. That’s not true at all. They’re also about addiction and heartbreak” – Doc Maclean

Dis die eerste keer dat ek ‘n album van ‘n oorsese blues legend op Watkykjy? review. Om nie eens te praat daarvan dat ek die bra kon ontmoet en saam met ‘n verskeidenheid vriende (oues en nuwes) oor ‘n kort tydperk van ‘n halwe week, by drie live shows, in ons eie provinsie, sy dik vibes in lewende lywe kon geniet het.

Doc Maclean bly nou in Kanada maar sy roots is daar waar die blues begin het. Die Delta. Doc kom van Hollandale, Mississippi af. Dis verbasend hoe humble en approachable hy is. Ek het nog net op TV gehoor van southern hospitality maar ek dink ek verstaan dit nou beter. En ja, Kanadese is ook vriendelike mense. Maybe te vriendelik! Geen wonder Doc smaak die plek nie. Ek het voor die tyd gedink dalk is dit nie die regte Doc Maclean nie: “Why is he here man? A real blues man? In Pretoria? Maybe is dit net some fake dude van Kanada”. Kanada? Dit was moeilik om ‘n Delta bluesman in Kanada te picture tot ek Doc ontmoet het. Sing hulle ooit die blues in Kanada? Maar sy eerste gig was by die Canadian Hiiiiiigh Commission, so klipgooi van my alma mater af, so hy moes for real wees en my agterdog was obviously verniet. Dit was seker maar net die gevolg van jare se isolasie veral wat blues legends aanbetref. Ek kan nie nou aan een Delta blues legend dink wat ooit hier was nie. Ek sou ook nie gekom het as ek hulle was back in the day nie.
02_doc-maclean_dsca2057_1Ek en Doc het dadelik gekliek Donderdagmiddag by sy eerste gig in Afrika en na minder as ‘n week voel hy vir my soos ‘n ware blues broer. Hy het sommer weer my passie vir die blues en die amazing talent in ons land meer laat opvlam. En ek weet dit geld vir ons almal by Watkykjy sonder twyfel. Ook nie gedink ek gaan ‘n album persoonlik by hom kon koop nie. Wat ‘n eer. Ek het al baie van ons SA blues legends se albums review hier. Hy het die eerste aand al gesê hy het ‘n hele paar SA blues artists op Youtube uitgecheck en alreeds ook connect met ‘n paar. Die wonder van die interwebs! Nie net is hy ‘n fan van SA blues music nie, maar hy het ook baie hoop vir ons land en hy dink ons kan nog baie dinge vermag hier. Met al die kak wat in die wêreld en hier aangaan gaan ons almal die blues nodig hê!

Jirre, maar toe hy gaan sit en daai 1929 Steel National kitaar begin tokkel was die bietjie agterdog wat nog oor was by die agterdeur uit. En toe hy sy 1951 Stella begin speel kon ek net smile. Jy kan nie daai vibes fake nie. Dis asof hy ‘n bietjie van die juke joints in die Delta gaan haal het en in Pretoria ingesmokkel het. Of maybe het hy die hoodoo om mens te teleport na ‘n ander tyd en plek . Maybe altwee. Ek weet nie, maar ek het getravel na die dae van slawerny in die Suide van Amerika. Van Sharecroppers met harde, arm lewens. Swaar en honger tye. Bras wat hard afkak en fisiese werk doen op die katoenvelde.
02_doc-maclean_dsca2131_1Doc tune hy praat eerder nie politiek nie maar ek doen. Hy is die seun van ‘n civil rights lawyer en ‘n vioolspeler. Ek kan net imagine hy speel meestal voor swart gehore in die States. Toe ek so tussen sy songs weer terugkom na die werklikheid toe en wakker word uit my teleportation onthou ek weer die kak in ons eie land. Slawerny is miskien nie vandag meer wettig nie maar arm mense is steeds slawe van armoede. Politicians, die sisteem en groot corporates is net nou net die nuwe slave driving cotton farmers. Met global economics wat die hele kakofoniese ramp soos ‘n gesuipte simfonie dirigent try beheer. Weet enige iemand actually wat aangaan?

Ek is pragmaties so ek het vir Doc genoem dat hy probably voor meestal wit audiences gaan speel hier. Die oorblywende effek van Apartheid loop nog diep spore. Hoe verduidelik mens dit vir iemand van ‘n ander land? Mense hier verstaan dit nie eens nie. Ons kulture is so verskillend en ons is basically nog steeds shackled up en vêr uitmekaar uit. Arm mense op die platteland en selfs in die townships het eenvoudig nie die geld om na live shows toe te gaan nie selfs al sou hulle graag wou. Arm mense hier in SA sing ook die blues maar die oorgrote meerderheid ken nie die blues genre so goed nie. Daar is ‘n ander musikale geskiedenis in SA. Meestal Marabi, Kwêla en Mbaqanga, Kwaito of daai plattelandse gospel kerkmusiek wat die ouer mense so smaak.
02_doc-maclean_dsca2184_1Terwyl ek skryf en die album luister is my domestic worker Koekie besig in die kombuis en ek vra haar vir raad. Ek speel vir haar Doc se tunes en haar gesig flare op: “Jazz and blues!”. Sy is so ses jaar jonger as Doc.  Sy tune my in die townships is daar baie sulke Jazz and Blues Stokvels waar die “ou bras” saamkom om sulke musiek te luister. Dis meer jazz as blues maar blues word ook geluister. Sy luister ook na jazz en blues op haar gemeenskapsradio vir twee ure op ‘n Sondag. Wanneer die “ou bras” bymekaar kom trek hulle fancy “Florsheim” skoene en “Dobbs” hoede aan vir die aand en gaan boogy op die goeie ou musiek tot laat. Vir die wat nie weet nie – Stokvels is klein societies in die gemeenskap waarvan jy lid kan word. Die lede dra gelyk geld by vir enige iets basically. Savings, investments, hobbies, parties. Ek het geweet daarvan uit ‘n investment point of view maar nie daaraan gedink dat dit ook gebruik word vir jazz en blues music fans se musiek enjoyment en parties nie. Dis maar hoe ons bymekaar verbyleef hier in SA, nê?

Maar dis meer die ouer bras. In die stede luister die jong mense deesdae meestal kwaito. Koekie tune die pantsulas wat kwaito luister like nie jazz and blues nie. Ek dink nie die prentjie lyk veel anders in ons middelklas suburbs nie. Blues is net ‘n niche mark hier. Wat Afrikaanse musiek betref probeer ek dit vermy ten alle koste. Doef doef doef. Vlak bokkie-baby kak. So ek weet blues val nie in almal se smaak nie en dit het ook nie net uitsluitlik met kultuurverskille te doen nie. Of velkleur nie. Meeste mense dink dis te grim of depressing. Of te boring. Maar hulle mis die hele punt.
02_doc-maclean_dsca2226_1 02_doc-maclean_dsca2387_1Blues legends soos Doc Maclean vertel ons stories van die lewe, van mense en dinge en legends wat hy so oor die jare bymekaar gemaak het. Dis ‘n legacy wat vir die hele wêreld bewaar en behoue gebly moet word. Dis hartseer en geluk toegedraai in ‘n paar hoodoo bones. En Doc gooi hulle by elke show om te kyk wat gebeur. Ek dink meestal laat dit mense goed voel! Wat dink julle? Grafte en die dood en slegte vrouens saam met goeie whiskey wat alles deel is van die lewe, of hoe? Mens het iets nodig vir die blues. Soos…well…blues music, man. Doc tune my gister op facebook vinnig: ”those two (bad woman and good whiskey) are always an interesting combination” En dan voeg hy ‘n LOL by. Ek stem saam Doc! Jis, ek love donker, donker musiek en ek het nog nie ‘n blues artist beleef wat my so diep in die donker kant van die blues kon invat nie. Dis asof hy “metal” en delta original op een slag is. Met sy Skulls & Roses Day of the Dead, swart Meksikaanse hemp aan.
 “The guys there from Texas wear em’ all year round,” tune hy.

Op die album klink sy stem vir my soos Ian Anderson van Jethro Tull. So picture daai maar net met ‘n full on blues soul. Gaan luister Bone Train, By Degree en sommer ook Charley James’ Blues. Dis soos ‘n lekker pot gumbo. Die ou original Delta blues is die main ingredient en dan kan jy bietjie Texas Blues en bietjie folk en country elemente ook hoor. Maar die spice wat alles lekker maak is daai eie Doc Maclean signature. Dis donkerder as Johnny Cash maar dit kan net so fun raak soos John Lee Hooker as hy boogie. Doc is nou maar eers in sy mid sixties maar as jy na sy lyrics luister voel dit of hy 200 jaar geleef het al. Hy sing oor Hoodoohekse en vertel ons van diegene wat spells op jou sit en dan weer spells aan jou verkoop om dit weg te vat. Klink nogal soos sommige van ons Sangomas, nie waar nie? Daai kwaksalwers is net sulke goeie besigheidsmense soos Doc, skiem ek. Doc is net eerlik. Maar hy tune hy is nie mal oor die besigheidskant van die blues biz nie, hy is net damn goed daarmee en hy weet dit. Hy manage homself, negotiate al sy gigs, recordings en media verskynings self en of course is hy is sy eie roadie. Iets wat SA musos by hom kan leer! He loves to play, man! As jy dink hy het ‘n glamourous lewe, dink weer. Die bra travel lig soos wyle JJ Cale getune het. Oh, but the company he keeps…..and kept in the past. Sal julle later meer vertel. Wat? Ja man ek review mos die album! Die een wat Doc vir ons Afrika toe gebring het. Narrow House. Die album is al in 2006 oorsee release maar hy het vir ons ‘n spesiale een gebring. Dié een is locally geprint.

“Bunch of kids thought Narrow House was a pretty funny name for a blues album until I told ‘em it’s just another name for a grave” – Doc Maclean.
02_doc-maclean_dsca2430_1
Fokken legend. Jy moet so wily grinnik van ‘n lag imagine aan die einde van daai quote. Gee dit julle ‘n beter idee? Shit, wag – ek moet julle nou vertel Doc het uitgehang saam met legends soos Son House, Muddy Waters en Sonny Terry en Brownie McGhee. Dit was in die dae toe jy nog jou lewe in ‘n oogwink kon verloor as jy kak aanjaag by die juke joints, pappie. Dit was fokken gevaarlik daar en net so shack met ‘n drom in die middel en baie boozed up en bluesed up mense. As jy iemand se goose skeef aangekyk het is jy gelem of haar boyfriend of man het jou kop afgeblaas. Of altwee dalk. Klink of jy net moes afkyk die heeltyd. Watkykjy? Doc se partner in crime al die jare was Colin Linden (The Band, Keb Mo), al het hulle nie die heeltyd saamgejol nie. Colin jol elektriese kitaar, bass en mandolin op Narrow House. Hy is nou deel van Bob Dylan se band. For real, no jokes. Ja, ja relax ek sal nou weer by die album uitkom.

My favourite tune is Angola Prison Rodeo. Dis ‘n actual rodeo in Lousiana State Penitentiary en die tronk rodeo wat die langste aangehou het in die States. Dis nog steeds aan die gang. Een van die bras wat Doc kitaarlesse gegee het wat van Louisiana afkom het, het parole gekry uit daai tronk in 1958 of 1959 deur vir die Governor te sing. Fok, darem het hy iets gedoen. Zuma kan ook mos sing. Hoekom sing hy nie vir ons almal in Parly nie. Dalk sing hy so befok ons laat hom sommer off the hook. Nah, hy sing vir my about net so goed soos wat hy kan tel. Doc het actually die song saam met lede van die Tom Waits band, Mavis Staples Band, Canned Heat en Fairfield Four geskryf. Maar die hele Narrow House album is produced deur Colin Linden en feature Larry Taylor (Canned Heat) en Stephen Hodges (Mavis Staples band) wat op daai stadium die core van die Tom Waits se band was.
02_doc-maclean_dsca2506_1Man, the company he keeps and kept in the past. Sit daai in jou pyp en rook dit. Angola Prison Rodeo klink asof ‘n chain-gang dit sing. Dis sielvol en hipnoties. Ek voel al hoe meer die pyn van die slawe van ouds in die tune. Die title track, Narrow House is nog ‘n favourite van my. “Digging the narrow, Digging the narrow houuuuse!” Mens kan nie help om saam te sing nie. Maar die album het ook ‘n paar extra tracks op wat nie op sy oorsese pressings is nie. Op een van die tunes sing Doc oor Jelly Rolls ook. Dis ‘n cover van Charley Patton se Shake it, break it but (don’t let if fall). Legend has it Doc Maclean het eens op ‘n tyd Charley Patton songs in Son House se sitkamer gesing. Mindfuck, huh? En as jy gedink het ‘n song oor ‘n jelly roll is onskuldig – wie de moer gaan ‘n song skryf net oor ‘n stuk koek? Ek weet nou nog nie of dit gaan oor drug addiction of sex nie? Probably altwee!

Gaan check Doc uit terwyl hy hier is met sy ZuluSkies toer. Jy gaan nie spyt wees nie. Narrow House sal daar te koop wees.

Dit was ‘n blessing om hom drie keer live te sien die afgelope week en ek sal nog iets meer moet skryf oor my ervarings op al die kief local plekke waar hy en sy dik vibe (soos Meyrand Roux dit noem) gejol het en die Delta Blues met ons almal gedeel het hier in Gauteng. Ek kan boekdele skryf. En ek wil sommer die Blues Scene in Gauteng ook bietjie daarin aanspreek en die mense en die experiences en ‘n paar SA blues mense met wie ek in aanraking gekom het die afgelope week se sienings inbring. Ou en nuwe bluesvriende. So watch out for that too!
02_doc-maclean_dscb5953_1

 

Deel met jou tjommies!

    Rolbees“Bunch of kids thought Narrow House was a pretty funny name for a blues album until I told ‘em it’s just another name for a grave” – Doc Maclean

    Gooi Comment