Vat vyf! Week 40 van 2016 – #Feesmustfall, Whitey Basson en rugbykak

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

Van wil-nie-leer tot trappies klim op die korporatiewe leer… van kakmaak tot kakspat…

1) Het jy al ooit kak sien spat? Nie? Google dan bietjie footage van arme bloedjie studente wat uitmekaar uit spat sodra Oom Poliesman of Oom Luminous Bib Sekuriteitswag hulle aanmoedig om nie die land tot sy knieë te dwing nie. Die #FeesMustFall beweging het weer hierdie week bewys dat hulle nie noodwendig die beste belange van studente (arm of ryk, wit of swart) op die hart dra nie deur weer grootskaalse skade by onder andere Wits en Die Universiteit van Kaapstad aan te rig. Luister maats, die Universiteit van die Lewe gaan julle nog so paar lesse leer… soos om nie op jou eie voorstoep te kak nie. Want spat, gaan dit spat.
fees-must-fall-poeste

2) Gepraat van kakspat… Clean-up in aisle 2, 3, 4, 7 and 9 please. Die retail-reus Shoprite en Checkers maak toe mos hierdie week bekend hulle het die groep se CEO, Whitey Basson, R99.7 miljoen betaal waarvan R50 miljoen ‘n prestasiebonus was. Kom ons kyk verby die feit dat sy naam Whitey is vir ‘n oomblik en vra eerder hoekom die personeel so slapgat was en nie daai ekstra R300 000 vir hom kon verdien nie? Insert sarkastiese eye-rolling hier. Blykbaar sal dit ‘n Checkers deli werker 290 jaar neem om te verdien wat Whitey betaal is. Dis so fokken onrealisties. Niemand behalwe Moses en Keith Richards het al so oud of sal so oud word nie. Maar dadelik is almal op hul perdjie en skree “Ja, fokken nice, want hy’s wit!” Erm. Span. Konsentreer. Die Guptas? Nie wit nie. President Zoom-zoom? Ver van wit af. Zoom-zoom se anoreksiese neef en baasbrein van die Aurora-myn fokop? Minder wit as Steve Hofmeyr se fanbase. My punt? Dis blatante uitbuiting. Fokkol met wit te doen, pappa.
whitey-basson
3) Onthou daai kalant wat vir vier dae in beheer was van die land se finansies einde van laas jaar? Wel, Desmoers van Rooyen se department het sedert sy aanstelling as Minister van Whatwhat en Something, ‘n 2 582% verhoging in uitgawes aangeteken en miljoene verkwis. Eat your heart out, Whitey Basson. Hier’s nou ‘n man wat weet van groot geld. Sulke skud my kop meewarig.

4) Suid-Afrika is hierdie week gekortlys as moontlike gasheerland vir die 2023 Rugby Wêreldbeker. Dit kom na ons Minister van Sport, Fokkol Mbalula vroeër die jaar aangekondig het dat hy die land verbied om enigsens ‘n bod in te sit omdat hy ongelukkig was met transformasie in rugby. Met die nuutste aankondiging, sluit die lys van goed wat meer gevalue word as sy opinie of instruksies nou klere by ‘n nudistekamp en Michael Bolton cover versions in.

5) En Amerika is op hol oor ‘n “creepy clown” gier waar mense glo dreig om aan te trek as hansworse en om dan op skole te skiet of kinders in donker woude in te lok. Glad nie snaaks nie. Maar considering die donnerse narre aan bewind van die Suid-Afrika sirkus, is dit nie ‘n nuwe verskynsel nie. Kyk nou maar net na ons Adjunk-Minister van Minerale Hulpbronne, Godfrey Oliphant, se dreigement hierdie week dat die regering nou effe gatvol raak vir al die kritiek op ons president en sy bestuur van die land. En die dreigement doen hy toe sommer by die Johannesburgse Mynwese Indaba. Net daarna ignoreer Sipho Pityana, Anglo Ashanti se voorsitter, toe die wit Oliphant in die vertrek en kritiseer Zoom-zoom in sy toespraak deur hom die Hoofborg van Korrupsie te noem. Sulke braaf. Sulke grappies op ‘n stokkie.

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat vyf! Week 40 van 2016 – #Feesmustfall, Whitey Basson en rugbykak

    Gooi Comment