Vat Vyf! Week 39 van 2016 – Trump, Winnie Mandela, Fancy Beans en Parks Tau

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

Miljoene rande weg. Soos in poef, dis weg! Soos wat ons Vrydag was. Aldus die fokken laat update met verlede week se nuus, vandag. Dit klink amper soos ABSA se leuse – Sulke agter die tyd met alles…

donald-hillary-baby1) Die eerste presidensiële debat in die Amerikaanse verkiesingsveldtog het hierdie week tussen Oom Donald en Tannie Hillary plaasgevind. Een van die twee was voorbereid en dit was nie Trump nie. Dan weer, enigiets intellektueel moet vir Donald soos ‘n muur wees. ‘n Donnerse hoë Meksikaanse muur. Mens kan maar net hoop dat hy soos Moses van ouds, nie die beloofde land sal sien nie.

2) ‘n Kuberkrakergroep met die naam “Fancy Bears” (was al die cool name gevat?) wat bekend is daarvoor dat hulle bekende sportlui se mediese rekords bekom en dit dan publiseer, se nuutste slagoffer is ons knopbroek medaljewenner Cameron van den Burgh. Sies ouens. Wat bekom julle nog alles? Gerugte dat ons Minister van Spot, skies, ek bedoel Sport, Fokkol Mbalula se mediese rekords ook gekraak is blyk onwaar te wees. Dan weer, domdoos is nie ‘n mediese toestand nie en die hele land weet al klaar hy het dit onder lede.

3) Dit bet bekend geword dat die vorige burgemeester van Johannesburg, Parks Tau, R73 miljoen spandeer het aan reisonkoste in die laaste jaar. Watter fokken tolhekke is hy deur?

4) Na Winnie Madikizela-Mandela Wela-Kapela se groot verjaarsdagpartytjie, kom die nuus dat meer as R83 000 wat sy as geskenk ontvang het uit haar huis verdwyn het. Sy het blykbaar die geld in ‘n sak gebêre totdat sy dit kon gaan deponeer. Maar toe sy geld uit die sak wou vat om “brood te gaan koop,” het sy besef dis weg. Seker witbrood. Want fokweet, sy kla met die witbrood onder die arm. Ek kom daagliks agter hoe geld uit my sakke gedeps word vir vuurpoel swembaddens en 5-ster hoenderhokke.

5) Ma Winnie kan ook maar verlig wees dat dit net R83 000 was. Die Es-Eina-Bee-See het sommer R411 miljoen verloor in die laaste boekjaar. Desnieteenstaande het hul misdryfshoof, Hlaudi Motsoeneng steeds ‘n allemintige verhoging gekry van R3.8 miljoen per jaar na R4.2 miljoen! Mens kan seker nie ‘n prys plaas op ‘n man wat beweer hy verrig wonderwerk op wonderwerk nie. Soos in, ek fokken wonder hoe het die belhamel nog ‘n werk!?

PK MalherbeVat Vyf! Week 39 van 2016 – Trump, Winnie Mandela, Fancy Beans en Parks Tau

Gooi Comment