the-accountant

The Accountant. WatkykJy By Die Moewies

In Watkykjy Reviews deur Pippie PopcornRek jou bek

The Accountant
(Vanaf October 28)

Rolverdeling:  Ben Affleck, Anna Kendrick, J. K. Simmons, Jon Bernthal, Jeffrey Tambor, John Lithgow
Regisseur:  Gavin O’Connor

As jy van mystery movies hou soos The Girl on The train, sal hierdie jou aksie/spanning whodidit  fix vir die jaar wees.  Hierdie is nie die tipe movie wat jy na ‘n aand se gefuif en ‘n kloppende kop half deur die poep wil kyk nie.  Dit is ‘n slim fliek en jy het het nodig om jou dinkertjie aan te skakel hiervoor.

Christian Wolff (Ben Affleck) is ‘n outistiese wiskunde guru wat homself eerder met syfers  as met mense bemoei.  Sy werk as ‘n klein dorpie openbare rekenmeester  is slegs ‘n front,  terwyl hy heimlik ‘n vryskut rekenmeester is vir van die wêreld se dodelikste kriminele organisasies en bad guys in general.  Wanneer die  Kriminele Handhawings Divisie,  onder toesig van Ray King (J.K. Simmons), snuf in die neus begin kry oor hom, vat Christian ‘n wettige klient: ‘n Ultra moderne fêncy robotics maatskappy,  waar ‘n klerk (Anna Kendrick) ‘n teenstrydigheid optel betrekkende miljoene dollars.  Wanneer Christiaan die boeke begin oudit en die skaal van embezzlement oopvlek, begin die lyke val soos vlieë.
the-accountantAlhoewel die rolverdeling meestal voorspelbaar is, werk dit.  Affleck het inelkgeval altyd daai “ek is meaner as shit maar ek huil by troues” uitdrukking op sy mombakkies, en Kendrick speel dieselfde awkward, cute wipstertjie as in Up In The Air.  John Lithgrow vertolk die rol van Lamar Black, die CEO, en selfs na sy stint op Dexter  sukkel ek steeds om hom as enigiemand anders voor te stel as Dick Solomon van 3rd Rock from the Sun.

Daar is lekker baie skop, skiet en boomklim  en genoeg twists om dit onvoorspelbaar te hou.  The Accountant is nie baanbrekerwerk nie en waarskynlik nie in lyn vir ‘n goue beeldjie nie, maar dit los jou so tevrede soos ‘n dikgevoerde vark  in modder.

7.5/10

Kyk die trailer hier:

Deel met jou tjommies!

    Pippie PopcornThe Accountant. WatkykJy By Die Moewies

    Gooi Comment