PK van die maand: Jacob Gedleyihlekisa Zuma

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

Dis nou September s’n, hoor? Ons het onsself Vrydag met klippe toegepak. Klippe en fokken drank…

PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa.

Wie is die vierde ontvanger van hierdie gesogte toekenning?

Wel, Hlaudi is ‘n obvious keuse. Maar hy dit al ontvang. En dit smaak ons dit het net mooi fokkol gehelp. En die strydpastoor (soos in hy werp alles in die stryd om gay mense hel toe te stuur) Steve Anderson was ‘n sterk buiteperd. Maar nee, die PK gaan hierdie maand aan President Zoom-zoom. Eers betaal hy blykbaar die R7.8 miljoen vir nie-sekuriteitsverbeteringe aan Nkandla terug. Naais. Maar waar kry hy die geld? By ’n bank waarvan niemand nog ooit gehoor het nie. Fok, die storie sou meer geloofwaardig gewees het as hy die geld uit die rusbank gekry het. Sulke slang in die gras. Toe fokken reken hy mos hy word geboelie in die parlement. Dat die ander kinders hom koggel en geen respek het vir hom nie. Sulke doodreg, jou poephol! En laastens gaan staan hy toe en verdedig die heraanstelling van Dudu Myeni, she of dubious business ethics, as voorsitter van die SAA. Sulke kopsmokkel. Ka-dwa, pappa! Kry vir jou ‘n lekker harde poesklap!
zuma-poesklap

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbePK van die maand: Jacob Gedleyihlekisa Zuma

    Gooi Comment