metallica-fan

Metallica se grootste fan in Suid-Afrika?

In Watkykjy Interviews deur griffinRek jou bek

Dis seker onregverdig teenoor al die ander “grootste” Metallica fans in Suid-Afrika om een persoon uit te sonder as die grootste fan. Dis soos om te tune dat Usain Bolt die vinnigste man op aarde is. Kak man! Hoe weet ons hy is vinniger as ek of jy? Het hy al teen een van ons die 100m aangedurf? Nee. So hoedefok weet ons dat hy een van ons sal beat met ‘n dice op die laerskool om die draai se atletiekbaan? Maybe hardloop ‘n kind voor hom in en hy slet neer. Wie wen dan? Nie fokken hy nie.

Wat ons wel weet van hierdie groot Metallica fan (en ‘n fan van rock ‘n roll in die algemeen), is dat Theo Rood ‘n moerse impressive collection Metallica memorabilia opgebou het oor ‘n lang ruk. Van t-shirts, plate, boeke en posters tot fotos van hom saam met die Oom James en die res van die manne. Ons het ons tjommie, Catherine Grenfell verlede Vrydag saamgesleep en so bietjie by hierdie collector gaan kuier. Ons het so paar biere gedrink en hy het vir ons home made pizzas gemaak in sy eie pizza oond in sy kuier-area voor ons so bietjie al sy stuff uitgecheck het.
metallica-fanWeet jy van iemand wat dalk ‘n groter collection besit? Verwittig ons gerus daarvan. Dis seker ook nou ‘n goeie tyd om julle mee te deel dat ons vir die volgende twee weke elke Maandag tot Vrydag iets cool oor Metallica gaan looi hier op Watkykjy omdat ons fokken excited is oor hulle nuwe album wat die 18de November uitkom.

Join ons ook gerus vir hierdie befokte Metallica tribute show met Gunship by The Goodluck Bar in Joburg die 11de November. Jy kan daai aand Metallica se HELE fokken studio album back catalog wen, asook die nuwe album op beide dubbel deluxe CD en vinyl! Hoe’s daai virre naai?

Deel met jou tjommies!

    griffinMetallica se grootste fan in Suid-Afrika?

    Gooi Comment