Chris Chameleon se nuwe album. Wat dink ons?

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek het so ruk terug Paul C Venter se Konings opgeneem en verlede naweek sommer sestien episodes verorber. Jis, dit was soos ‘n oordosis nostalgie. Ek kon nie ophou kyk nie. Ek het heeltemaal vergeet van Dolf Groenewald en Herman Roodt se lewenslange fete. En Oom Sid Keiser wat die narratief uit sy Boere-Joodse perspektief vertel. Om dit nou te kyk jare na die tyd gee mens baie hindsight-oomblikke. Meeste van ons wat hier in Lalaland gebly het, het daai TV reeks slaafs gekyk en is obviously beïnvloed daardeur. Maar die hele storie was ‘n refleksie van die Afrikanerkultuur soos Venter dit daai tyd ervaar het. Ek sien steeds die Dolf Groenewald’s en die Herman Roodt’s oral om ons. Die Santie Naudé’s en die Rika Roodt’s. Die “verligtes” en die “verkramptes” wat mekaar sleg sê op sosiale media. Die kunstenaars en die besigheidsmense (en deesdae corporates). Die agnostici, die gelowiges, die daggarokers, die feministe, die gold diggers, die armes en die rykes. Hulle is net nie nou meer almal wit nie. Gaan haal net gou jou koerant en die voorblad sal ‘n fete beskryf wat meer destruktief is as wat Paul C Venter ooit daai tyd van kon droom. Wat het Oom Jolly Boy altyd gesê? “Die lewe is soos ’n niggerball”. Hard en lekker met baie verassings, skiem ek. Iemand gaan jou probably ‘n snotklap gee as jy daai woord deesdae gebruik. Apparently noem mens hulle black balls in vandag se tye. Jirre, dit klink ook net so verkeerd.

Baie wit Afrikaanse mense het deesdae nie ‘n saak daarmee om te probeer uitfigure wat ‘n Afrikaner is nie maar dit beteken nie ons kan ons verlede sommer so maklik vryspring nie. Ek het dit net weer besef na ek die TV reeks gekyk het. Maar in vandag se konteks lê die probleem by alle Suid-Afrikaners (die hele spul van ons). Ons like dit al vir te lank om mekaar gereeld aan die keel te gryp. In 2016 is daar net ander goed om oor te worry as in die tyd van Konings. Ons lewe in ‘n global village. En ons politiek is nog steeds soos een lang drama TV reeks. Ja, wat sou Oom Sid alles sê van vandag se dinge? Maybe sou hy sê mense bly maar altyd dieselfde. Die intriges was nog altyd complicated. Die boksies was net baie meer eenvoudiger daai tyd. En hoekom sal dit nou verskillend wees in die musiekbedryf?
chris-chameleonAs jy terug kon gaan in tyd en my in 1992 gaan wysmaak het dat Chris Mulder ‘n crossdressing monki-punk rocker gaan word wat net daarna die Afrikaanse popmark kon penetreer en selfs gospel ook begin doen het sou ek jou nie glo nie. Norrafok. Jy weet, te veel Suid-Afrikaners is deesdae soos die Superspaar board members in Konings. Almal wat mekaar van dit en dat beledig die hele tyd. Almal wat mekaar in die rug wil steek. En almal wat kante kies. Ek het gesê ek sal nie weer kunstenaars kak hap wat genre hopping doen nie so ek is op my best behaviour vandag. Ek voel net alweer of ek dekades agter is want Chris Chameleon het in so baie verskillende rigtings gaan staan en indonder. Dis asof ek oor vier, vyf, maybe ses kunstenaars moet skryf. Sy naam is nie verniet Chris Chameleon nie. Toe ek nog in die tronk was en my aandag by my baas se bevele, deadlines en salarisverhogings was, het ek vinniger interest verloor in sekere musiek. En wat Chris Chameleon aanbetref het ek interest verloor in meeste van sy persoonlikhede. Daar was beperkte tyd so my keuses was ook net so beperk gewees. Maar ek is ‘n moerse Boo! fan en sal altyd wees. En ek is steeds mal oor Ek Herhaal Jou ook. So as ek moet raai sou ek sê ek is meer ‘n fan van sy Engelse freaky punk alternative musiek (more or less want die Ingrid Jonker album was Afrikaans). Maar dis slightly wyer as net Monki Punk. “Kyk Rynie, kyk die apies!”

Meeste van wat hy na 2005 gedoen het, het net nie in my belanggestelsveld geval nie. So slaan my dood as ek nie 7de Laan gekyk het of swoon oor Afrikaanse liefdesliedtjies nie. En ek is vir seker nie ‘n gospel fan nie. Ek mag dalk net aan die brand slaan as ek daai plaat opsit. Jis, ek wou eintlik vandag weer twee reviews doen maar toe gaan check ek van sy ou videos en probeer al sy musiekrigtings wat ek gemis het weer onder die knie kry. Die vloek van die musiek junkies! Of die seën. Dit vat tyd om jouself objektief in te leef in musiek waarin jy nie eintlik  belangstelling gahad het  nie. Maar ek het net weer agtergekom dat wat Suid-Afrikaanse musos aanbetref, het Chris Chameleon een van die mees interessantste loopbane. Past en present. Om nie te praat van suksesvol nie. As jy nog sy acting career insluit ook dan is dit van nog groter epiese proporsies. Ok, ok ek het so een of twee episodes van 7de laan gekyk.

chris-chameleon-cant-imagine-the-world-without-gay-peopleEk is nou bietjie verdwaald in sy wêreld. Ek het ook grootgeword in ‘n klein huis en my kamer was ook klein. My verbeelding was net gefokus daarop om musiek te absorbeer en te waardeer. Nie om my vier oktaaf stem-range en onbeperkte imagination te explore nie. Maar ek kan relate tot op ‘n sekere mate. Mens moet nogal Chris Chameleon se multiple personalities aanvaar om volwaardig in sy musiek in te klim, skiem ek. Ek sou dit nie naby ‘n disorder noem nie. Hy create sy eie tipe order. Ek dink almal sal saamstem dat sy talent ‘n given is. Dit het al begin by rolle soos die gestremde Henry Vermeulen in Sonkring en daai mislike Herman Roodt. En toe ons weer sien dra Chris hoëhakskoene, ‘n nurse outfit en lipstiffie en rock uit saam met Ampie Omo en Leon Retief.

Let’s get real and focus in on this point for a second. Om die hoofstroom Afrikaanse mark te penetreer as een van jou persoonlikhede ‘n cross dressing freak is wil nogal gedoen gewees. In ons konserwatiewe samelewing? Hoe was dit moontlik? But then again, Tannie Evita het almal laat lag in die eighties en ek het gedink Boy George en Pete Burns is normaal vir eighties pop artists. Hulle was dan op die TV en jy kon hulle plate by die OK Bazaar en Pick and Pay koop. Hoeveel van julle freaks sou dit kon doen? Die Afrikaanse mark verower? Sure, sure, ek hoor julle. Julle wil glad nie. Ek ook nie. Maar maak net eers seker dat jy dit nie net sê oor jy jaloers is nie. Ons kan nie sy bydrae tot SA musiek downplay net daaroor nie. Ek het ‘Hurt’ se video (een van die eerste singles van Firmament) so paar maande terug gesien en vir ‘n ‘Boo!’ fan was dit glad nie verbasend of vreemd dat hy in drag verskyn en ongelooflik vroulik vertoon as hy daai hoë note sing nie. Maar ek het gewonder hoeveel Ooms en Tannies gaan nou sy musiek net ignoreer na hulle dit gesien het? Veral die Ooms wat dalk per ongeluk jimpels geraak het?

Suid-Afrika in 2016 is vir seker verskillend van die Suid-Afrika van die Roodts en Groenewalds se tyd. Kyk hoeveel Tannies gaan kyk Nataniël en sleep die Ooms saam vandag. Gaan kyk weer Konings en dan vergelyk jy daai tyd se samelewing met vandag s’n. Dis ‘n mind fuck. Maar net ‘n paar jaar daarna was videos soos Hurt eintlik algemeen in die eighties. Pop Shop het allerhande gogga-maak-vir-baba-bang bands op die TV gewys. Al daai New Wave weirdos. Jirre, ons land kom al ‘n lang pad! Ek is seker Chris Chameleon sal dieselfde van sy loopbaan ook sê. Met Firmament is Chris net homself in 2016. Wie dit ookal mag wees. Mens kan nooit seker wees nie. Hy is, after all, steeds Chris Chameleon. Ek dink dis ‘n great plek om in te wees. As jy nie te veel omgee wat mense dink nie.
chris-chameleon-firmament-album-coverDie albumtitel beaam dit. The sky is the limit vir Chris Chameleon. En dit opsigself het nog altyd my respek gekry. Al is ek nie ‘n fan van meeste van sy offerings nie. Ek dink die Chris Chameleon fans wat hom in al sy weë en persoonlikhede ken en so aanvaar – en nie omgee oor sy volksvreemde neigings nie – gaan hierdie album stukkend luister. Ek weet nie so mooi van die verkramptes nie en ek weet nog minder van die volk wat net daai ander tipe kak Afrikaanse musiek wil luister die hele dag. Hulle mag dalk sukkel met hierdie een. Maar die van julle wat in my bootjie is en nie rêrig moderne commercial pop en rock luister nie, maar tog goeie musiek kan waardeer, mag ook dalk net ‘n paar tunes op hierdie album geniet.

Theo Crous was weer involved en die musiek klink obviously on par met die oorsese commercial standaard. Fok, nou wil julle seker hê ek moet dit in spesifieke boksies gaan sit? Netnou gryp ons mekaar weer aan die keel, man. Hurt klink amper (na iets wat ek dink klink) soos Beyonce of Kelly Rowland se musiek. As ek genuine geweet het hoe hulle musiek in geheel klink. So not my bag, really. Can’t stop me loving you is nogal ‘n catchy easily listening love song. Lekker chill vibes. Dis die ding van hierdie album. Dis vir verskillende smake bedoel. Jy kan ook nie sy vocals met enige iemand vergelyk nie. Maybe die musiek self, maar nie sy vocals nie. So dit gee elke song ‘n unique signature – alhoewel niks dieselfde klink die hele tyd nie.

Chris Chameleon se musiek is meer soos ‘n sak vol Liquorice All Sorts. Groot verskeidenheid tunes met ietsie vir almal. My favourite songs? High is ‘n lekker saamsing-tune met ‘n acoustic pop riff en as jy mooi luister, ‘n viby African ritme. Great song. Know is weer ‘n lekker grungy rock song. Glad nie die tipe van tune wat ek in sy sak liquorice sou verwag nie. Haha! Ek het die Tarzan song ook nogal geniet. Victim Eyes. Great vocal gymnastics en befokte riffs. Oorwurmpie. Ek dink Chris Chameleon moet in die toekoms die volume nog meer opdraai en ‘n hardcore African sounding metal band begin. System of a Down meets Boo! Sulke Monki Metal! Voice range extravaganza! Waar was ek nou weer? O ja, ek moet afsluit. Dis ‘n lekker luister album hierdie. Gaan check dit uit vir jouself!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesChris Chameleon se nuwe album. Wat dink ons?

    Gooi Comment