Woodstock 2016 was ‘n moerse sukses!

In Snotstories deur griffin1 Eiertjies

… is die tipe headline wat jy nêrens hierdie jaar in enige media sal sien nie, want die enigste “media” wat by Woodstock 2016 was, was Watkykjy en dit was ‘n fokop of gigantic proportions gewees. En nou kan ons almal lekkerkry en lag daaroor, want in Suid-Afrika like ons dit fokken erg as dinge uitfok en uitbom sodat ons kan vingerwys en daaroor kan praat. Ons rubberneck wanneer karongelukke aan die ander kant van die highway gebeur sodat ons traffic fokops kan create aan die andersins skoon kant van die N1 waarop onsself ry. Want “jirre, dis fokken erg, huh? Ek hoop nie iemand is dood nie!” maar ons kry aksie te siene en eintlik hoop ons iemand is vermink of dood, want dis iets om rondom die braai te vertel. Suid-Afrikaners love darem nou maar ‘n fokken skinderstorie en so paar happe tragedie as dit oor ons pad kom. Dis ons fokken kos. Ons almal is skuldig daaraan. So net om die punt te staaf, kom ons fokken skinder so bietjie oor Woodstock se fokop en kry lekker oor hulle misery en probably die inevitable ondergang van ‘n festival wat ‘n ikoniese Amerikaanse festival se naam appropriate het…

Ouens (dis nou julle wat Woodstock ge-organise het), ons weet die festival is al ‘n hele paar jaar lank in Suid-Afrika aan die gang en het “nuwe management” gekry (whatever dit beteken in whatever konteks julle op die tafel wil sit), maar daar is letterlik duisende woorde in jou naaste woordeboek om ‘n oorsrponklike naam vir ‘n music festival uit te dink. Die oorspronklike Woodstock festival van ’69 in Amerika het amper ‘n half miljoen mense in attendance gehad – daar is nie ‘n manier (nie eers in die volgende 50 jaar) wat julle die naam sou kon gestand doen nie. Dis soos om ‘n ander Oppikoppi festival te probeer reel op ‘n plot in die Karoo en dit ook Oppikoppi te noem. Of Oppistoffie of iets kakker. Sulke nul oorspronklik. Ek twyfel glad nie daaraan dat julle dit met die beste intentions aangepak het nie en dis great dat mense soos julle SA se talent wil bevorder. Dit vat fokken ballas, tyd, geld en stress wat aan jou binnegoed knaag. Drop net die fokken naam as julle beplan om dit volgende jaar weer te doen. Moenie eers tune “… formerly known as Woodstock” nie. Laat dit net ‘n stille dood sterf en kom met iets oorspronklik op. Beweeg aan en leer uit julle foute. As julle oogpunt is om kakbaie zak te maak, drop die plan eerder dadelik in sy enirety.

Wat die werk in die organisering van stage, bands, sound, ligte en dies meer aanbetref kan daar glad nie ‘n vinger gewys word nie. Die ouens het elke boksie ge-tick. Dis ‘n great line-up met die beste tech en staff, stage design en al daai pragtige dinge wat mens sou verwag by ‘n music festival. Dit het befok gelyk (nadat die hele festival met basies twee dae se notice na ‘n nuwe venue toe geskuif is). Die probleem was egter dat niemand van die festival geweet het nie. Julle marketing was hondkak gewees. Facebook is nie die alfa en omega van marketing en advertising nie. Dis soos om “likes” in ‘n virtual machine gun te laai en kankerselle faktap te skiet. Ain’t gonna happen. Julle gaan seriously hierna moet kyk in die toekoms en ongelukkig kos marketing geld. Ironies moontlik heelwat minder as wat julle sou verloor het met die groter prentjie in gedagte.
“It takes money to make money”
*oom in khaki klere lag so met brannas wat op boepens rus oor sy wysheid*

Bands en ander ouens in die music industry was natuurlik baie vinnig ge-knight na keyboard crusaders en het vir die ouens opgekom met juweeltjies soos:
“You fans are what is wrong with our music industry!”; “Julle weet nie hoeveel moeite hierdie ouens doen nie!”; “You try and fucking organise a festival!” en die lys gaan aan for dayz. Julle ouens is ook reg, hoor. Julle is fokken spot on. *vryf so oor koppie* – Daar is ‘n moerse probleem met ondersteuning vir bands in SA. Mense kla oor ticket pryse, kakhuise, traffic, bouncers, sound, die musiek self, parking, die 50 meter wat hulle moet loop van hulle karre af, die weer, die jeukerigheid om die skaamdele. Complaints vir maande. Sit ‘n bak jammergatgeid voor ons neer en ons vreet hom sonder suiker.

In Woodstock se geval is die ouens blykbaar genaai deur die land owner in Harties waar die festival sou plaasvind. Hy het glo vir hulle gesê dat hy vroeër die jaar ‘n groot event daar gehou het (vir een of ander groot corporate of fokken iets) en die nodige sertifikaat daarvoor gekry het. Maar hy het blykbaar nooit daai event gehou nie, want hy kon nie die sertifikaat kry nie en het toe ook nie Woodstock se sertifikaat gekry nie. Anyway, dit stem egter nie ooreen met Woodstock se storie dat daar ‘n petisie deur die community in Hartbeespoort onderteken was nie en niemand het ooit daai petisie gesien nie, so ‘n mens sal seker nooit weet nie. Petisies werk in elk geval fokken nooit nie. #FeesMustFall

Ek weet nie wat die reëling was met die skuif van die event 2 dae voor die tyd na Sun City toe nie, maar ek hoop nie hulle moes vir alles betaal het nie, want dit sou kont duur gewees het. Hulle het ‘n massiewe saal gekry met ‘n next-level stage, sound en lighting. Sun City het ook sekuriteit en kos te koop voorsien en daar was shuttles tussen die saal en ‘n campsite buite Sun City. En dis regtig ‘n befokte venue vir so iets. Mooi so, julle! Dis fokken fantasties! As mens die dag voor die tyd na hulle Facebook page gekyk het was daar al kaar kak met camping en daai klas van dinge want mense het gekla dat daar nie meer camping plek is nie, ensovoorts. Maybe hulle het te min gedoen om mense gerus te stel daaroor want outjies sal nie sommer deurry Sun City toe as hulle nie dink dat alles in plek is nie. Weereens, as kommunikasie en bemarking in plek was, kon hierdie kleiner fokops ‘n breeze gewees het.

Hierdie is die probleem, ouens – as julle sien die skip is op pad rotse toe, spring af en swem kant toe. Moenie die skip se speedboat laat sak en rotse toe jaag nie. Die speed boat is poesduur. Nou is jou skip en jou speed boat gefok en jy weet nie watter een om reg te maak vir volgende seisoen nie. Dalk sal hierdie anlogy beter verstaan word: As jy sonder ‘n effie naai en nie betyds uittrek nie, mag daar finansiële implikasies wees. Die damage was reeds gedoen – julle kon die kinders bloot refund het (wat julle gedoen het) en begin belpan het vir volgende jaar (wat julle nie gedoen het nie). Bietjie stock taking en so aan sou ‘n wêreld se verskil maak.

Dis moerse commendable dat julle alles in ‘n kwessie van twee dae kon skuif na ‘n befokte nuwe venue toe. Ek weet nie hoe de fok julle dit reg gerky het nie maar nou het julle moontlik gesien dat hierdie dalk die regte venue kan wees vir die volgende een. Kom ons hoop so. Julle het wonderbaarlik ‘n haas deur ‘n hoed se hol getrek. Fokken magic! Die fans het dalk net opgegee toe julle eintlik moes opgee. Dis ‘n redelike entjie tussen Sun City en Harties, ongeveer 200km beide kante toe se verskil. Dit maak nogal ‘n hap aan ‘n kind se beursie as die planne last minute verander. Soos Kersfees wat Januarie toe geskuif word. Ons ouens in Gauteng maak natuurlik uit van ry en meeste van ons gee nie om nie. Gods, as julle hierdie in Kaapstad gepull het en die festival 5km verder geskuif het ‘n maand voor die tyd sou julle nog groter kak gehad het. Ons Gautengers is chilled, bru. Gee ons dalk net ‘n heads-up van meer as twee dae en die saak is pers. O ja, en maak seker ons weet daarvan?

So hoe was Woodstock toe gewees?

Daar was kakmin mense gewees en dis eintlik ‘n understatement want die kids het soos verlore skapies in daai massiewe saal gelyk. Gedurende die dag ons kamera bra ten minste een keer gedurende elke set omgedraai en actually die mense in die crowd getel. Hierso is ‘n breakdown van die crowd:
Nic Rush se set – 9
Sutherland se set – 10
Held On Till May se set – 13
December Streets se set – 17
Hikatori se set – 21
Desmond & The Tutus se set – 39
Shortstraw se set– ongeveer 70 mense

Die syfers sluit in sommige gevalle band members in wat deur die dag gespeel. Drie van die mense in Hikatori se crowd was actually girls wat Hikatori opblaasballe in die crowd in gegooi het en meeste van die balle is seker na die tyd weer saam met die band terug huistoe. Hulle sal dit maar seker bêre vir volgende jaar se show. Daar was nog twee bands na Shortstraw waarvoor ons nie gebly het nie, so die crowd kon moontlik gegroei het na 15000 mense na 21:30 maar sover ons weet was Metallica nie op die bill nie.

Die klein crowd het natuurlik ook sy voordele gehad wat dit in some weird way onvergeetlik sal maak vir so paar musos:

Die lead singer van ‘n band het homself persoonlik aan elke persoon in die crowd gaan voorstel en almal in die crowd se name aangekondig. Dis fokken super legit. Selfie-hemel.
Die guitarist van ‘n ander band het in die crowd gaan staan en speel en ‘n conga line met almal in die crowd begin.
Ons het nou van die derde voordeel vergeet…

So paar laaste gedagtes:

Die idee van ‘n “mini-Woodstock” was dalk te min om mense al die pad na Sun City toe te laat ry want die oorsponklike line-up was heavy gesny en het selfs gedurende die naweek ook korter geword. En selfs nie eens die feit dat die festival op die ou einde verniet was (alle ticket holders is refund, of hulle nou daar was of nie) het gehelp nie.
Saterdag se verkorte skedule is Vrydag uitgereik.
Saterdag se verkorte-verkorte skedule is Saterdag uitgereik.

Wat uitgestaan het soos ‘n paal bo water was die professionaliteit van die bands wat opgetree het. Almal het net goeie goed oor die event en die organizers te sê gehad en het almal in die crowd bedank wat die moeite gedoen het om deur te kom. “En dankie aan die mense wat so vêr moes ry, Chris en Penny…”
Hier is wat die artists egter superbefok gemaak het en net meer rede gee om jou aan te spoor om local musiek te ondersteun: Al die bands het gespeel asof daar ‘n duisend mense was.

Daar was actually ‘n proper festival gehou met goeie bands en ‘n proper setup. Daar was net nie fokken mense nie…
Ai.
01_Nic Rush_D7A_2141_1 02_Sutherland_DSC_1415_1 03_Held On Till May_D7A_2197_1 03_Held On Till May_DSC_1451_1 04_HiKaToRi_DSC_1762_1 05_December Streets_D7A_2558_1 05_December Streets_D7A_2617_1 05_December Streets_DSC_2014_1 06_Desmond & The Tutus_DSC_2044_1 06_Desmond & The Tutus_DSC_2060_1 06_Desmond & The Tutus_DSC_2137_1 07_Shortstraw_D7A_2758_1 07_Shortstraw_D7A_2770_1 07_Shortstraw_DSC_2351_1

Deel met jou tjommies!

    griffinWoodstock 2016 was ‘n moerse sukses!

    Comments

    1. Danielle

      Opinie op die fees het ek nie, behalwe, ek hou nie van ‘crowds’ nie, so blyk dit my dan het ek ‘n geleentheid gemis. (Die feit is dan ook nie nuwe nuus nie, mens se tekortkominge word beter hanteer wanneer jy dit erken.)

      Het my styf gelag, nee … jy lees reg, wanneer mens op ‘n sekere ouderdom kom raak niks slap nie, elke ongebruikte spier trek saam en jy lag vir jou so styf dat jy vir dae nie lekker kan buk of asemhaal nie, die dat die maagspiere so seer is sien.

      Wat ek wel MOET weet, WIE het die artikel geskryf?

    Gooi Comment