The Doors, ‘n bottelnek en alternatiewe kakhuis-liefde

In Snotstories deur Watkykertjie bydrae3 Eiertjies

Deur Potskerf Potgeiter

Dit is ‘n wetenskaplik toetsbare feit met ‘n groen masjien met goue lettering wat lees: “Green Paint Rules” dat jy in 1994/95 met ‘n Mazda 323 hatchback vanaf Sunnyside na The Doors in 165 Marshall Straat Jo’burg kon ry sonder om eenkeer ge-hijack te word of om ‘n smash-and-grabber met ‘n skerpgemaakte plastiekgegote Jesus-kruis van jou man-bag af te hou.

So het daar dan vele sulke journeys vanaf Sunnyside na The Doors in Marshall straat plaasgevind in ‘n beige 1982 Mazda 323 hatchback met twee 300 watt six-by-nine Kenwood speakers en ‘n ICE 500 amplifier terwyl Pixies, The Cult, NIN en Rage Against the Machine die malle nineties ‘n gesig gegee het. Dis om van verlief te raak!

Dit is ook dan so dat ek en ‘n buddy laat een vrolike Vrydagmiddag terwyl ons besig was om aan ‘n Black Label quart te slurp op die maat van “the chemicals between us” die epic besluit maak om weer te “journey”!

My woonstel stink na vrot tekkies en nat handdoeke. ‘n Koffiebeker staan eensaam in ‘n hoek en hou ‘n klomp vuil vlooimarkjeans company, ‘n geskeurde en bebloede Hendrix t-shirt hang oor my oranje-en-swart-blomme pandtjieswinkellessenaarstoel se ruglening soos ‘n sletterige brag-stuk. ‘n Vuil wit g-string versier die hoek van ‘n antieke spieëlkas se lipstiekbesmeerde spieël. Die woorde: “jyt my ‘n HOER gemaak!” pronk blosend in rooi lipstiek oor die spieël. In die middel van die wit-en-swart checkered mat is ‘n onopgemaakte enkelbedmatras. Die matras is die “koning” se troon voor ‘n home-made hi-fi stand waarop ‘n  Marantz amp, Pioneer CD-player en Sony turntable oop-ketel tussen twee klein Bowers and Wilkens speakers pronk. Die checkered mat voor die hi-fi stand is geflappil (dagga) met vinyl-ikone soos Motley Crüe, Cinderella, Iron Maiden, Slayer, Black Sabbath en Led Zeppelin en CD-rockgode soos Soundgarden, Megadeath , Faith No More, Metallica en Sisters of Mercy. ‘n Poster teen die muur bo die matras lees: “Sabbath Bloody Sabbath” en die twee agter die Hi-Fi stand lees: “Stairway to Heaven” en “Depeche Mode 101 official album release”.

“Wie is so gepoes in die Hendrix-tee, my bra!?” vra my buddy terwyl hy ‘n paar CD’s by mekaarmaak vir die journey en aan ‘n Black Label quart hang.
“Dit was laasnaweek by Zillertal. Dave het die bouncer se ma op die dansvloer gevry en try vinger en is toe behoorlik opgefok in die kakhuis. Hy’t getune ek kan sy t-shirt kry en eendag as ek ‘n bar het kan ek dit daar ophang en aan vreemde dronk mense die storie vertel”
“Issit!?” lag hy. “Wie se panty is dit!?” ‘n verdiende burp later: “ daai Black Label het darem vir jou vinnig gegly. FOKKIT!”
“Dis Katjé s’n langsaan” tune ek terwyl ek ‘n lighter soek om my quart oop te maak en ‘n joint te light.
My buddy check my heavy ongelowig aan: “Die girl met die groen oë in nommer 605 wat ek laas getune het ek sal dood naai!?”
“Jip, die chick met die barcode tat in haar nek en Sinead ‘o Connor haarstyl!”
“Jirre my bra, ek beny jou. Hoe de fok!” trip hy oor amper elke woord in sy moedertaal.
“Eks jammer man, ek gaan jou nou moet teleurstel, ons het nie genaai nie. Ek en Katjé was noudieaand toevallig altwee by The Fridge en ek het saam met haar huis toe gestap (aangesien sy my buurvrou en alles is). Na ek haar afgesien het (sonder enige liggaamlike kontak natuurlik) is ek reguit  na my flat toe. Ek het net klaar ‘n sterk kommetjie koffie aan mekaar geslat toe is daar ‘n klop aan die deur. Dit was Katjé. Sy het reeds haar pajamas (wat ‘n korterig- lang Doors t-shirt was) aangehad. Ek maak oop, sy stop ‘n panty in my hand, gee my ‘n soen oppie wang en tune “dis die panty wat ek vanaand aan gehad het net om dankie te sê dat jy my veilig by my huis besorg het!”.
Ian Astbury se vocals bars chaoties uit die Mazda se six-by-nine speakers van agter die backseat.
“Got my bra, het jy fokkin Rizzlas onthou!!?” skree my buddy bo Astbury se stem uit.
“Ag jissus, ek het dit op die turntable vergeet!”
“Ag jirre tog. Hoe gaan ons hierdie fokken dagga nou rook!?”
“Gotweet, bra, ons sal maar ‘n bottel-nek moet klap!!”
“Jissis bra, ons gaan gefok raak van ‘n bottelnek, sommer tjop-tjop!!”
“Ag wat, ons sal survive!!”

skerf-the-doors-nightclub-4Vier Black Label quarts, ‘n bottelnek, ‘n botteltjie poppers (gescore by ‘n vriendin wat by The Hustler shop in Sunnyside werk) en ‘n Crossbow Cider elk land later ons veilig somewhere loopafstand van The Doors af. My ore tuit, my kop klop met kickdrum bass rhythms en huilende kitare van “FUCK YOU I won’t do as you tell me, fuck you I won’t do as you tell me, fuck you I won’t do as you tell me, FUCK YOU I WON’T DO AS YOU TELL MEEEEEEEE!!”
In een van daai onbeskryflike helder oomblike onthou ek van die acid in my cubbyhole: “Bra, kom ons pop gou hierdie acid voor ons The Doors invaar. Dis ‘n voldwonge feit dat ons vas geglo het “die-regte-ding-om-te-doen” is om DAAI betrokke aand een Superman elk te neem voor ons oor die drempel by The Doors sal trap. Ons besluit ook om eers ‘n joint of twee te rook en te wag dat Superman ons neurons kom help in kleurevuur voor ons ons siele aan Alternatiewe Rock, Goth en Industrial Metal ritmes aan ‘n dansvloer gaan oorhandig.

‘n Meisie met vlinders in haar hare, jasmyn op haar vel en viool in haar stem groet my by die ingang.
”Dis vir my astounding dat soveel mense nog steeds glo dat ‘n mens nie skoenlappers in jou hare mag dra nie!“
Anyways… die meisie met vlinders in haar hare, jasmyn op haar vel en viool in haar stem soengroet my by die ingang. My buddy skiem ek’s god en tune dis die acid wat my so aantreklik maak. Ek stem saam en lag in die kleur van pienk.
Eddie Vedder se stem dra my op note van swart Doc Martin-geklede demone na binne:

Alone, listless, breakfast table in an otherwise empty room
Young girl, violence, center of  her own attention
The mother reads aloud child tries to understand it
Tries to make her proud

The shades go down it’s in her head
Painted room, can’t deny there’s something wrong

Don’t call me daughter not fit to
The picture kept will remind me
Don’t call me daughter not fit to
The picture kept will remind me

Die flitsende ligte en gedaantes wat soos geeste agter die smoke-machine se rook dans maak my neurons oranje spookasem pols …

Don’t call me,
She holds the hand that holds her down
She will, rise above

Don’t call me daughter, not fit to
The picture kept will remind me
Don’t call me daughter, not fit to be
The picture kept will remind me
Don’t call me daughters

The shades go down
The shades go, go, go

skerf-the-doors-nightclub-2My vriend praat met ‘n Spaanse aksent en sy woorde klink so vloeiend soos Eddie Vedder se poetry. Ek wonder vir ‘n oomblik of dit moontlik is om ‘n pen en papier by die barman te bedel om my gedagtes neer te skryf maar dan onthou ek dat dit heel onwaarskynlik sal wees dat hy ‘n magenta-kleurige pen saam bar toe sal bring. Almal weet tog dat magenta nie die kleur is vir ‘n bar nie. Ek wonder watter kleure ek sal kan meng om magenta te kry. Ek gee op na ‘n wyle want my buddy kan nie besluit watse kleur om in te praat nie. Dan is dit magenta, dan groen, dan blou, dan pampoengeel …
“Jissus bra, stiek by ‘n kleur!!” gil ek
“dw&^%sw ctlu#@! Bwa-kwa-@#$” antwoord hy met ‘n DIK glimlag in ‘n kaleidoskoop van kleure.
Ek wurm (letterlik) tussen die donker “gemaskerde” figure op die dansvloer deur. Diep in die dansvloer se polsende hart gryp een van die figure my aan my stovepipe jeans se belt-lus.
“Did YOU draw the Van Halen picture on your jeans or did you buy it like that?”. Dis dieslefde viool-stem.
“I bluter flosen dibboel makka issek troug” antwoord ek vriendelik en met passie.
“Dis fokken beautiful, dude. Ek love dit! Kom ons swop pants innie badkamer” haar viool-skaterlag pas in met een of ander industrial remix van Carmina Burana wat die dansvloer maak bewe.

Ek probeer antwoord, maar kan nie onthou hoe om ‘n sin te construct nie. Die vlinders in haar goue lokke vlieg in my mond in, ek proe sjokolade. Sy vat my hand en trek my in haar sphere in. Haar tong maak stroop-soet spoeg in my mond, ek ruik cocoa in haar hare en haar hande speel lyf-kitaar op my rug onder my Robert Smith tee-shirt. Die visions in my kop loop in haar mond in en in haar keel af. Ek voel skoenlapper-wurm-papies onder haar bra en sluk haar stroop-spoeg tot in die donker dieptes van my maag. Haar siel maak seeblou-bubble-harte in die dynsige rook-wolk bo ons koppe. Gekleurde ligte flits helder vuurwerke teen ‘n spook-storie agtergrond. Die viool-stem-kind-van-godin-Freya trek my wese binne haar sprokiesverhaal in. Ek val, val, val, maar dié keer keer ek nie!

doors-night-clubHier is ons NOU, entertain ons! Sjokolade smelt in my neusgate, die toilet cubicle se mure het in onderwaterwêrelde verander, die sjokolade en soutwater vermeng. Ons hyg asems jaag mekaar se monde en die woorde “het jy ‘n kondoom?” klink vreemd en uit plek in die scene. Ek voel hoe my liggaam deel word van haar senu-eindes net onder haar bleek-bronze goosebumpsvel. Ek proe hoe my spoeg haar tong maak plek soek in my hart. Ek hoor hoe ons intercourse ‘n leuen sing van liefde. Ek soek plek op haar Alternatief-Afrikaanse liggaam om my hande neer te lê, maar godweet ek kan nie ophou voel nie. Haar wilde lewendige hare groei in my ribbekas in, ek wil haar hart aan die voorkant van my mond voel klop. Ons jaag die dragon, ons sweef saam met die ander, ons is God, ons word water, ons is die klein wit kakhuis cubicle in die meisiesbadkamer in The Doors by 165 Marshall Straat Jo’burg.

“Moenie binne my kom nie!” klink soos deel van die note van “Black Hole Sun” wat soos giet-swart honderd poot kewers onder deur die kakhuis se deur skarrel tot binne my oogholtes en die gekriewel en die soet smaak van haar mond en die gedierte in haar vroulikheid wat my dieper en dieper in haar liggaam inlok. Haar seksdemoon verlaat haar liggaam in ‘n gil en haar naels krap slote in my rug. Ek ruik haar hare vermeng met sweet van haar gesig, haar glimlag is opreg en haar oë maak my siel se geslote kamers oop.
“Dis ok, ek sal nie pregnant raak nie”

… skree Doloris O’Riordan:

In your head, in your head
Zombie, zombie, zombie-ie-ie
What’s in your head?
In your head
Zombie, zombie, zombie-ie-ie-ie, oh

“Check jou op die dansvloer” en sy druk haar vet gevryde lippe op my wang. “Ek LOVE jou Robert Smith t-shirt!” hang haar stem in die lug terwyl sy weereens deel word van die gedaantes op die dansvloer.

“Bra, Danie is hier. Kom ons gaan snuif ‘n lyn saam met hom!” swem daai geskommelde bekende kleure van my buddy se stem deur my ore. Tyd het ge-eindig. “Liefde” het my lus oorval, ek proe nog haar sjokolade in my mondhoeke. Iemand ruk aan my arm! “Fok bra, daai acid het jou geklap! Kom ons gaan snuif ‘n lyn, jy sal beter voel …”
Ek trek die wit poeier diep in my keelgat in, ‘n steekpyn skiet deur my kop, rooiwarm ysters boor van binne my kopbeen by my oë uit. Die kleur van my oë stroom oor my wange soos olieverf en drup drup op my borskas. Ek vat liggies aan my oë met gepunte vingers om te voel of iets van my oë oorgebly het. Onbekende stemme giggel en gil om my, ek kry ‘n knop in my keel – dis iets tussen naar en verlief wees.

“Is jy OK!?”
Ek probeer praat, maar my hart klop so vinnig en so hard dat ek besluit om nie eens te probeer nie. Wat ek wel weet is dat die bass riff van Stone Temple Pilots se Plush die neuron demons in my liggaam maak wild gaan. Ek voel overwhelmed en weet nie watter trip ek moet kies om my in hierdie nag verder te dra nie. Ek weet nie of ek meer ek is nie, ek is beslis nie HY, Hy of hy nie; ook definitief nie SY, Sy of sy nie! Ek moet ‘n donker hoekie vind om myself te vind. Die musiek kry macabre gesigte en die dansvloer wemel met wyse wesens wat met my wil praat oor die universe en God en fotosintese en dagga en acid en coke en die dood en hoe om te lewe en oor kakhuisliefde en oor die meisie wat my binne haar laat kom het… en oor die kleure in my siel en oor die duiwel se sussie en oor die feit dat my liggaam besig is om in pikswart  ru-olie te verander soos die dwelms stadig maar seker alles binne my tot dik swart liquid verteer.

Ek wonder of ek dalk gaan beswyk aan ‘n overdose maar onthou dat ek nog my Crossbow Cider moet klaarmaak voor ek mag vrek! Iemand glimlag skaam vir my terwyl ek probeer onthou hoe om by die kakhuis uit te kom. Die knop in my keel word ‘n definitiewe naar. Ek soek iets bekend… MY BUDDY!

“Bra, ek is GEFOK… ek MOET van hierrie trip afklim”, hoor ek ‘n bekende stem. Ek voel-voel myself deur die gedaantes op die dansvloer. Die kakhuis se deur skeur oop voor my soos ‘n Sunnyside hoer se poesbeen. Ek sukkel om te onthou om my hart vas te hou dat dit nie uit my borskas bars nie. Satan se septiese stank-verhoog. My oë soek net EEN oop kakhuisdeur maar die Duiwel hou blykbaar daarvan dat jy sy verhoog met dwelmbesmette kots besmeer! Een deur (die laaste een) staan so op vyftig persent oop. Die “oop deur” is nie oop nie, ook nie toe nie, is nie lewendig nie ook nie dood nie. Ek forseer my hand deur die dig hangende septiese stank en druk die deur groter oop.

‘n Figuur lê in ‘n fetusposisie voor ‘n slym-en-pis besmeerde kakhuis. Sy broek is amper op sy knieë, die kotsplas onder sy kop maak ‘n halo op die vloer. Die stank van sy kak wat teen sy bene af geloop het maak my dronk-hoog trip soos ‘n vuisfok voel.
“Weet iemand waar ons Mandrax kan koop?!”
Iemand stamp my weg voor die deur: “JISSIS! WERNER, WERNER!! God, Werner het ge-OD!”.
Twee ouens dra vir Werner met sy bekotste en bekakte klere uit die kakhuis uit.
“Weet iemand waar ons ‘n lyn kan score!? Got, na hierdie epeisode kort ek TWEE!”

My naar is weg, my trip is half stert-tussen-die-bene. My buddy vra in duidelike afrikaans: “Is jy lekker, my bra!?”
Ek antwoord in sober sekerheid: “ek wil NOOIT ‘n Werner wees nie, my bra!”

The Doors in 165 Marshall Straat Jo’burg het vir nog vele “journeys” hierna gesorg. Maar nog NOOIT weer het ek sulke great kakhuisseks experience nie en ook NOOIT weer het ek drugs SO abuse nie. Alles te danke aan die vlinder-haar sjokolade-tasting inhibisielose seks-godin, Werner en The Doors.
skerf-the-doors-nightclub-3

Watkykertjie bydraeThe Doors, ‘n bottelnek en alternatiewe kakhuis-liefde

Comments

  1. Dilligafrican

    Dude ek dink Jy tune ‘n kakstorie – Klink soos a night to remember if you only could.

    Fokken brilliant geskryf though

  2. Bierboks

    Doossss! Ek gaan nou die boodskap vir die derde keer tik!!
    Elke keer as ek backspace dan fokken gaan ek terug na die vorige page toe!! FOKKKK!!

    Elk geval – ek het moerse lekker gelees aan die storie! Skryf nog!

  3. griffin

    Ja bra, as jy backspace druk gaan dit na die vorige page op jou browser as jou hand voor in jou broek is en die focus op jou browser op die verkeerde plek is. Gebeur gereeld met my.

Gooi Comment