Juggernaught is van ‘n ander fokken planeet af

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Juggernaught – Full Grown Woman

Nee, ek het nog nie genoeg gehad van “fok jou genre man” musiek nie. So, vir al julle weird freakazoid romans, abnormale vriende, various alien life forms en fellow countrymen. I give you: Juggernaught se derde album, Full Grown Woman.  Moet hulle nou net nie gaan verwar met Juggernaut, die eighties progressive thrash metal band (wat nie meer met ons is nie) of Juggernaut die super villain nie. Naught bru, hierdie Jugheads is van Pretoooooria (in jou beste James Phillips stem, thank you very much).

Sommer van die eerste track af (Run) kom jy agter Juggernaught het geen respek vir genre nie. Of geen respek vir enige vorm van normaliteit nie. Dit klink (en lyk) of hulle maak nes hulle fokken wil wanneer hulle wil. Sê gou weer? Oooo, jy wil weet soos wat klink dit. Nee jirre, ek weet alweer nie. Klink soos sulke opgefunkte orgie/kruis tussen conceptually Frank Zappa en very early Red Hot Chili Peppers funk. Dis nou toe hulle nog nie gewoond was aan al die draks nie. Zappa het net sigarette gerook nie (as ek reg onthou) want as hy enigsins aan drank en dwelms geraak het sou sy musiek te normaal klink. I can relate.
juggernaught-full-grown-womanWat nog? Ja dit het ‘n goeie dosis metal (of hard rock as jy nou meer tegnies wil raak) ook as fondasie. Die vocals op Full Grown Woman (album) het vir seker Zappa neigings maar is ultimately meer Marilyn Manson-ish. As jy nie hou van vocals wat nie heeltemaal perfect pitch het nie en bietjie all over the place is, wel dan mag dit jou dalk pla. Persoonlik dink ek dit pas by dié tipe offering. Perfekte vocals sou out of place geklink het. En dit, my liewe alien nation is die naaste wat ek gaan kom aan ‘n direkte beskrywing. Ok wag, daar is ook sulke experimental jazzy funk oral ingesprinkel. Met blues riffs tussenin? Partykeer klink dit of hulle aspris net randomly rondtos. As ek so na Waiting se video kyk bedoel ek dit seker letterlik en figuurlik. Creepy. Luister mooi vir ‘n sample van die begin van AC/DC se Back in Black wat Juggernaught so reg aan die begin van Waiting ingeslip het. Waiting self is ‘n mix tussen blues en funk of so iets. Maar is dit nie maar eintlik wat jazz op die ou einde is nie? ‘n Rondgetossery wat nogal befok klink as jy weet wat jy doen. So daar is ‘n fundamental jazz element ook in hulle musiek. Almal op dieselfde bladsy? Jirre, wonder of hulle die tunes net so weer live kan speel?

Juggernaught laat my baie dink aan een van my favourite nineties SA alternative funk rock bands, B-World. B-World was net vir ‘n jaar of so op die scene in die mid-nineties maar hierdie Jugheads het daai selfde “we’re not from your planet, OK?” vibe. Juggernaught is ook nie veel gepla met volle name nie. Herman, Jovan en Oneyedogman? Ek dink nie hulle neem hulleself te ernstig op nie en hulle laat my tuisvoel in hulle gekkige heelal. Clint Falconer is die enigste herkenbare naam vir my – beter bekend as die hardcore metal looking bassist vir Mr Dan Patlansky. En ja, jy het reggeraai, sy diverse bass chops is killer op hierdie album. Jy kan hoor hy is in sy element en push sy eie boundaries stukkend, nevermind musical boundaries in general. Ek skiem hierdie musiek is ‘n goeie bassist se droom gig. Waaroor sing hulle? Hard to pinpoint, really. Ek sê mos, geen mainstream of genre related resep hier te vinde nie. Maar dit strek van provocative deviant sexual themes tot plain onsin tot informed social en political commentary. Iemand fokken burp in die middel van Kick Like a Mule. Ook fokol maniere, nê? Op Animal Farm, so lekker Zappa rap funk tune met Clint wat ekstra rondtos op die bass, sample hulle Zupta se sukkelende telvermoë speech – dit alles terwyl hulle tegnies perfek vloei deur ‘n rustige chilled jazz groove.

“Seven-hundred and sixty-nine, eight-hundred and…seven-hundred and…listen properly, seven-hundred and sixty-nine thousand, eight-hundred and twenty *clears throat* and seventy members from one-hundred point two-million in 2012.”

Nogal teenstrydig. Intelligently timed musiek verus fokol telvermoë. Briljant gedoen! Niemand kan nog vyf jaar van daai tietkop se getjommel handle nie, so we need all the help we can get! Die vocals op die title track werk perfek (en die selfhelp motivation android voice het my laat giggel soos ‘n bakvissie). Nog ‘n tune wat my aandag getrek het is Devil’s in the Retail. Baie duidelik ‘n anti-consumerism song. Ek dink die South African Savings Institute moet hierdie song as hulle brand anthem gebruik. Hou op kak koop wat julle nie nodig het nie, skapies! There’s a downgrade looming.

Ja, met hierdie album van hulle druk Juggernaught basically ‘n groot spieël van waansin in ons (society) se gesigte en tune: “Dê! Kyk hoe fucked up is julle!” En dan gee hulle so evil Zupta laugh. Wie is nou eintlik die weirdos? He he he he! As jy dit nog nie uitgecheck het nie, doen dit. Dis fokken lekker. Juggernaught is hierdie naweek deel van die lineup by Krank’d up festival (Sundowners in Alberfokkenton).

Rolbees oor en uit!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesJuggernaught is van ‘n ander fokken planeet af

    Gooi Comment