Greg Georgiades and Ultra Natives

In Rolbees Reviews deur Rolbees2 Eiertjies

Ok, so die rock and roll fokken Wolmers het my reviews oorheers die afgelope tyd. Ek het gehoop om bietjie weg te beweeg van die spul af vir so klein rukkie. Te veel van ‘n goeie ding, jy weet? So ek besluit toe vanoggend om Greg Georgiades se musiek uiteindelik aan te pak in review format. Or that which I call reviews.  Ek het so twee van sy CDs in my collection en het toe Ultra Natives gekies. Maar ek het nog altyd geweet dit gaan ‘n challenge wees.  En ek dag hy is mos hier van my valley so hy is Wolmer free. Nie vir ‘n fok nie. Ek check toe mos daai Wolmer label op die CD. Facepalm. Jirre. Sug. I’ll try again next time. Geen Wolmer connected rampokkers volgende keer nie. Ek belowe.

Right, so ek probeer so nou en dan rigting verander met die reviews en daar het nou al so paar albums oor my pad gekom wat, as jy deursnit alternative local musiek as ‘n maatstaf gebruik, nogal waaaay left off centre kan raak. Ek is nie bang om nog ‘n paar te try nie. So stuur julle suggestions. Dis nou die ‘fok julle genre man’ tipe musiek. Ons is mindful om nie ons eie Watkykjy mainstream die heeltyd te feature nie. Rock and roll is koning maar die belangrikste is seker om ‘n platform te probeer create waar mens kief albums van verskillende genres kan gooi. Die caveat is net: solank dit net nie kak musiek is nie. Ha! Dis nogal moeilik om by alles te kom. But we try.

Trust me, as ‘n music enthusiast wat meestal fokus op rock, blues en metal is dit heavy challenging om oor ander musiek te skryf. Waar begin mens? Gewoonlik gooi ek my “impressive” kennis van genres en bands rond en almal dink dis befok. Selfs as ek foute maak. En Google help as jy vashaak. Maar wat as daar net nie ‘n maklik herkenbare genre is nie? En wat as jy agterkom jy kan nie die musiek wat jy luister met fokol ander bands vergelyk nie? Dis nou sonder om ‘n dosent, wat sy Doktoraal in “world music” gedoen het, te gaan raadpleeg. Met ‘fok julle genre man” musiek voel ek of ek sonder my rystoel in die pad afkruip kafee toe. Plus, ek is nie altyd ‘n fan van al die “fok julle genre man” musiek nie. Sorrie, ‘world music’. Ek lack die kennis en dalk my gewone oorvloed passie vir die subject matter. Maar ‘n closed mind is ‘n worthless een. So hier is ek nou besig om oor ‘world music’ te skryf. So fok julle genre man! Dis eintlik ‘n luigat benaming. World music. Ook nie baie akuraat nie. Dis so wyd soos Margaret van Wyk se… bankrekening na haar Huisgenoot interview.

Sure, daar is nie ‘n oorvloed splinternuwe SA “world music” albums wat elke maand release word nie. Ek dink ek het twee review die afgelope jaar. En dit was nie my beste werk nie. Maar dis geen rede om nie daaroor te skryf nie. Ek kyk anyway lankal nie meer net na nuwe albums nie. En dit sal fokken boring wees om net te fokus op musiek wat ek dik smaak. Of om kak musiek af te kraak. Wie maak die reëls? Watkykjy en reëls is soos Pravin en die Hawks.  Ons skryf net vir mekaar sulke laaaang briewe maar praat nie met mekaar nie. En dan breek Griffin nog reëls wat nie binne ons beheer is nie. Facebook tronk is gelukkig net 24 uur. Tietkop.

Waar de fok was ek? O ja, musiek wat so one-of-a-kind kan raak dat jy nie eers na ander artists kan verwys in jou defence nie – you know, to get your point across? Sodat jy nie soos ‘n poepol klink nie. Ek voel soos Mosebenzi Zwane. Benodig ‘n judicial commission of inquiry om die ware omvang van Greg Georgiades se musiek bydrae in Suid-Afrika justice te doen. Want as jy bietjie nadere ondersoek gaan instel, gaan jy agterkom die Madala doen al jare lank sy ding. Wel, eintlik is hy die anti-madala want hy rock and roll twintigjariges in hulle moere in. En sadly, as jy nie die local musiek volg of nie in die scene is nie, is die kanse min dat jy gaan weet van Greg Giorgiades of verstaan watse musiek hy maak. Gaan check bietjie op sy official website saam met wie hy almal al gejol en record het. Hier is net ‘n paar: Simphiwe Dana, Miriam Makeba, Madala Kunene, Jeff Maluleke, Ashish Joshi, Tony Cox  en Anna Davel. Dis ‘n meer senior CV daai.

Ek het verlede jaar laas met Greg gepraat oor sy musiek en allerhande ander kak (by Tings & Times en Railways Café as ek reg onthou). Paar dinge wat my nog steeds bybly is hoe ernstig hy is oor substance wat equally moet align met form. Dis belangrik vir hom dat die substance (of die siel) van musiek daar moet wees. Anders val die hele ding plat. Klink half voor die hand liggend. But think about it. Die tipe musiek wat Greg en ander soortgelyke artists maak is nie so maklik verteerbaar vir almal soos ander meer populêre genres nie. Sonder siel en vibe is sulke musiek useless. Dis pretty obvious hoekom Greg so min gepla is oor genres. Sy starting point is soul en nie genre nie. Jy sal hom sommer op stage sien met sy ukulele besig om te jam saam met hardcore metal heads of blues musos alike. Of Jazz, whatever.

Sy casual expertise en kennis van musiek het my ook nogal impress. But always the soul is there. Hy is in my view soos die Carlos Santana van die SA musiekbedryf. Meer experimental en baie minder in die limelight. Maar dis probably omdat sy passie vir musiek baie belangriker vir hom is as fame en moola en hy bly weg van overly commercial musiek af. So watse invloede kan ek hoor op die Ultra Natives album? Met my ongetrainde oor. Ek hoor Siya Makuzeni wat die African township jazz aanblaas met die tromboon en sulke Caribbean “upbeat” bolero reggae jazz wat oral kop uitsteek. Ek hoor blues en acoustic kitaar tunes. Trevor Nasser in ‘n Magnum P.I. shirt (op speed). Ja, borshare en snor ook. “Higgins!!!!! Where’s my oud?” Greg se ‘oud’ gee bietjie ‘n Arabierse flavour terwyl sy mediterranean voorvaders se geeste ook oral ronddans. Ek het eenkeer ‘n Arabian vrou sien geesvang by ‘n Strings ‘n Skins gig. No jokes. Sy het ballistic gegaan. Die siel van die woestyn het haar begeesterd gelaat. Ok, en ek hoor ook contemporary jazz. Strange. So, die fok weet waar Greg se inspirasie vandaan kom.

Meeste van die tunes op die album is deur Greg self geskryf en compose met die uitsondering van een deur Jaco Mans. Nog ‘n naam wat bly opduik, nê? En betrokke is by ‘n kakhuis vol projekte. Jaco het ook ‘n befokte van. Ha! As jy pragmaties is dan kan jy Ultra Natives (en meeste van Greg se projekte) net vereenvoudig na ‘lively, anti-depressant, volksvreemde musiek’. Maar gaan try en skryf ‘n intelligible piece daaroor? Ek dink ek doen nie te kak sover nie. Bring my rystoel. Die tarmac is hard.

As mens verby al die technical analysis kyk is die belangrikste element van Ultra Natives net eenvoudig having FUN together. En jy voel dit sommer al van die eerste song af. Move it up today. Positive tune wat sommer onmiddelik aansluit by die ‘no-rules’ theme. Fok jou genre man!

“Don’t worry what they tell you, forget about the rules

All they want is silence

the silence of the Fools”

Daar is ook ‘n anti e-tolls song op die album. Dis nog steeds relevant. Gaan nog wees vir jare. Maar gaan luister na die res van die offering – nie een song is dieselfde nie. Siya, Greg en Jaco gooi vocals so interchangeably en dit gee die hele offering ‘n live festive feel. So asof dit alles impromptu gedoen is. Dis nou nie my everyday cup of Rooibos nie maar ek weet dis net so lekker live as in die agtergrond by ‘n braai.  Gaan check bietjie Greg Georgiades se facebook page uit. Daar is ‘n secret gig saam met Albert Meintjies op die 16de in Pretoria as jy ‘n up-close and personal experience van “fok jou genre man” musiek wil beleef. Ons weet die ekonomie is tight en almal kak af maar gigs is nog steeds fokken goedkoper as restaurante, flieks en malls, en jy voel altyd befok as jy daar uitstap. Dis dieselfde as om ‘n SME te support!! Net cooler.
ultra-natives

 

RolbeesGreg Georgiades and Ultra Natives

Comments

  1. Greg Georgiades

    ok so it is Rolbees who wrote the review…thanks and well done! Music is an amazing multi dimensional language that all understand but few speak. It is always far bigger than genres and can thus paint very large pictures. FUN is the new deep!

Gooi Comment