Vir al julle nerds: Batman – The Killing Joke

In Watkykjy Reviews deur Watkykertjie bydraeRek jou bek

Deur Hannes Brummer

As jy, soos ek, ‘n laaitie sonder vriende of sportvaardighede was in die vroeë tot middel negentigs was die kanse goed dat jy jouself op ‘n Vrydagmiddag huis toe gehaas het om Batman: The Animated series te vang. Kort op die hakke van die tweede Tim Burton Batman feature, Batman Returns, was hierdie aansienlik donkerder as die nancy pancy kak wat die Teenage Mutant Ninja Turtles opgedis het (Was daar nie ‘n pressure group wat geskiem het dit moet eerder “heroes” heet nie, want Ninjas is kakker as kommuniste en April O’Niel het mos vir Channel 6, op die 6de vloer in kantoor nommer 6 gewerk. Heavy duiwels). 65 episodes in die eerste reeks en ‘n verdere 20 in die tweede het hierdie ongetwyfeld gevestig as een van die beste animasiereekse van alle tye.

Batman: The animated series was eindelose plesier wat jou pal sou laat vergeet het dat jy in tweede pouse piskrip moes vreet en jou minder skuldig laat voel het oor die reuse versameling comic books in jou kas – beide daai wat jy by ouboet geërf het en die splinternuwes wat jy met jou laaste sakgeldjies by die CNA gaan kry het (In daai dae was daar mos nie dedicated comic shops nie).
Batman is bedags die debonaire triljoenêr, Bruce Wayne, en snags die gevreesde vlermuis wat boosdoeners soos Clayface, Twoface en Killer Croc sou laat les opsê het teen ‘n noir agtergrond en sulke eerie orchestral manoeuvres. Batman se gevaarlikste teenstander was egter ongetwyfeld die Joker. Daai freaky lag, die uitspattige pers pak en natuurlik die elaborate plots vir sy misdade het hom laat uitstaan. Donker, maar pret. Sy af, dog lieflike handlanger, Harley Quin se toewyding het jou ook laat wonder of draties op animasie karakters verkeerd is. Harley se gewildheid in die animasie-reeks het haar uiteindelik ook na die wêreld van oorsprong gevat en nou is sy een van die gewildste comic book karakters. Jy kan ook nou skuldloos draties kap op die very real-life Margot Robbie in Suicide Squad. Die kicker was egter die stemkunstenaar wat die Joker lewe gegee het: Mark Hammil. Luke moederfokken Skywalker self!
margot robbie suicide squad
Years go by, piskrippe word vervang met drama chicks wat skiem jy’s profound, dedicated comic stores verrys en jy delf dieper in die wêreld van strokiesboeke in. Iewers langs die pad stop iemand die prestige format one-shot, BATMAN: THE KILLING JOKE in jou hand en die naam Alan Moore kry betekenis. Verdere navorsing vat jou na WATCHMEN, V FOR VENDETTA en natuurlik sy game changing run op SWAMP THING. Maar Jissis! Brian Bolland se kuns en Moore se skryftalent maak van THE KILLING JOKE die ultimate strokiesboek. Die Joker se oorsprong soos jy dit nog nooit gesien het nie, met die karakter se eie erkenning dat hy dit soms só en soms só onthou. En dit eindig met ‘n grappie. 

Deesdae is Moore so klein bietjie soos daai bedônnerde oom wat vir jou vertel hoe dinge kakker was in die ou dae en dan onmiddelik daarna vertel hoe dit vandag selfs nog kakker is. Hy leef basies in kakker. Maar in 1988 was sy vooruitsigte goed. 

Die plot loop basies dat die Joker homself uitboek uit Arkham asylum en vir Batman tune: Ek gaan aan jou ‘n punt probeer wys. Dat een kak dag die verskil kan maak tussen poesmal wees en normaal. Sepia flashbacks (so verander met die 2008 20th anniversary reprint) vertel die storie van ‘n komediant wat nie die mas kon opkom nie en sodoende by die misdaadwêreld betrek word, terwyl die Joker in die hede Commisioner Gordon se dogter fucked up skiet (sy moonlight mos as Batgirl) en die oubaas dan kidnap en na ‘n ou, verlate pretpark toe vat. Met sulke weird ass midgets en bebaarde dames as sy cronies. Batman moet dan die poef gaan uitsort. By the book, natuurlik. Epic shit!
batman the killing joke
Nou time travel ons weer vinnig na 2011, toe Skywalker die hint laat drop dat hy bereid sal wees om weereens die stem-mantel van die Joker op te neem, maar onder die voorwaarde dat die storie die Killing Joke moet wees. Kevin Conroy (Batman) beaam die begeerte in so diep, growwe stem. Warner Bros. en DC executives begin so mal rondhardloop om dit te laat gebeur. Add Hammil se stakes wat weer bietjie gelig word deur die vrystelling van THE FORCE AWAKENS en 2016 word die gekose jaar.

Op 26 Julie 2016 kry DC/Warner Brothers se eerste amptelike screening sommer so paar ekstra cinemas by soos die hype groei. Brian Azzarello (screenwriter en current comic god wat moontlik oor ‘n paar jaar nes Moore in die kakker gaan sit), roep ‘n joernalis by San Diego comic-con op ‘n vraag wat onduidelik is ‘n “pussy” en verdere controversy word ontketen oor vrouerolle in hedendaagse comics).

 Op 2 Augustus word THE KILLING JOKE dan amptelik vrygestel op DVD, Bly-ray en ‘n verskeidenheid digitale platforms. DTSV se Box office hardloop hom ook tans.

 Maar genoeg aankak oor agtergrond. Hoe rate die movie? Sulke gemengde gevoelens as jy soos ek die graphic novel al verskeie keer gelees het en oor die algemeen ‘n fan is van die DC animated universe. Ek skaar my op die ou einde beslis by die algemene internet konsensus: Wanneer dit full on Killing Joke is, is dit absoluut befok. Verskeie stukke dialoog en direkte copies van die oorspronklike panele word baie effektief gebruik. Hierdie is beslis nie kinderstrokies nie en die feit dat dit DC Animated se eerste R-rated movie is behoort dit duidelik te maak. Dis donker, kontroversieël, gritty, filosofies en sielkundig gevorderd en ‘n serious pluimpie moet Hammil en Conroy se kant toe gegooi word vir hul briljante stemkarakterisering.

Dit vat egter so rukkie voor ons daar kom, danksy ‘n halfuur lange prologue om ons vertroud te maak met Batgirl (Barbara Gordon) en haar verhouding met Bats. Hierdie lewer ook nie rerig ‘n positiewe teenvoeter vir die chauvinist claims nie – sy’s effe dweepstert dwarsdeur die eerste bedryf, net om erg geviktimiseer te word in die tweede. Mens wil dit half verstaan – om ‘n 48-pager comic book te verwerk na ‘n 74 minute lange feature vra aanpassing en die idee om ons simpatiek teenoor haar te maak het meriete. Execution skiet egter te kort en as kyker vra jy jouself heeltyd af: Wanneer begin the fokken Killing Joke nou? But as I’ve stated before – once that happens is ons in happy town.

Kritiek was ook gelig teen die standaard van die animasie, maar ek vermoed dit was bloot ‘n effens misguided besluit van substance over style van vervaardiger Bruce Timm se kant af. Bolland se intricate pencils is effens vereenvoudig en ons kry iets tussen die boek en die animated series van ouds. Dit pla nie veel as jy dit in die gerief van jou huis kyk nie, maar ek vermoed op die groot skerm kan dit dalk die volwasse aard van die storie ondermyn en bietjie na kinderkak laat lyk. Die slottoneel se trefkrag is ook aansienlik groter in die oorspronklike graphic novel formaat. Some things just don’t translate that well.

Bottom line? Dis heel piele, selfs al doen dit nie heeltemal die hype gestand nie. As jy geen geskiedenis met die boek of die karakters het nie, gaan dit moontlik jou brein wegblaas. Comic book geeks gaan dalk meer krities wees, maar het jy rerig ‘n betroubare opinie as jy in jou ma se kelder bly? Ek sê: Go for it! Geniet dit! Maar doen dalk moeite om die boek op te spoor. Hy’s pricey in die shops, maar daar is baie lekker digital readers beskikbaar (Ek hardloop graag met die DC specific ComiXology app vir die iPad). Wie laaste lag, lag beslis die lekkerste…

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeVir al julle nerds: Batman – The Killing Joke

    Gooi Comment