Valiant Swart – die Rocky van Oppikoppi (en wen ‘n stel double tickets!)

In Kompetisie, Oppikoppi deur griffin1 Eiertjies

Oppikoppi is nou net drie slapies weg! Yup, Vrydag gebeur die jaarlikse dustravaganza en hierdie is jou heel laaste kans op die interwebs in 2016 om vir jouself en ‘n tjommie elk ‘n ticket te score na die party va die jaar. Whoohoo! Oppikoppiiiiiiiiiiii!

Maar kom ons gesels eers bietjie oor iets anders. Jy gaan mooi moet oplet, so sit jou karretjies en vir He-Man eers eenkant neer sodat jy kan konsentreer.

Sedert 2010 oorhandig Oppikoppi elke jaar ‘n heavyweight boxing belt aan ‘n artist wat oor die jare goeie diensplig gelewer het om Suid-Afrika se musieklandskap bietjie in te kleur. Dit gebeur gewoonlik hierso teen Saterdagaand met moerse fan fare op die stage en more than likely pik ‘n toeskouer of twee ‘n traanjie ook. Bra Valiant Swart was die eerste outjie wat deur Oppikoppi surprise en ge-honour was.
valiant oppikoppi beltAnder heavyweights wat hierdie trofee triomfantlik bo die kop gelig het in die verlede was:

2015 – Johnny Clegg
2014 – Ollie Viljoen (rus in vrede) en Hugh Masekela
2013 – Koos Kombuis
2012 – Vusi Mahlasela
2011 – David Kramer

Ons het dit goed gedink om by Valiant te gaan kuier en oor die affêre te gesels sodat hy bietjie daaroor kan brag. And then some. Ons het vir hom ‘n surprise aktiwiteit ook gereël…

Het jy mooi opgelet wat in die video aangaan? Mooi so. Hier is hoe jy vir jouself ‘n stel double tickets kan score:
1) Gaan na Watkykjy se Faceboek page waar hierdie post geshare is (hierso is die link)
2) In die comments onder die Facebook link op die Watkykjy FB page (en slegs daar), vertel vir ons watter verversings Valiant geniet gedurende die kort interview – die een is obvious, die ander een gaan jy bietjie moet raai tot jy dit regkry.
3) Tag jou tjommie wat jy graag wil stick vir Oppikoppi in jou antwoord – dit sal dus so iets daarna uitsien:
“Hey Henrdik Hangbal, check hoe vreet Valiant ertjies en drink groentesop. Maybe score ons tickets by Griff en die ouens om aapkak te gaan by Oppikoppi.”
4) Share die post ook op Facebook.

Dis so fokken maklik soos dit.

Reëls
Die kompetisie sluit more (Dinsdag 2 Augustus) om 12:00 – dis lunch tyd se kant vir dié ouens wat sukkel om tyd te lees. Jy het dus fokken min tyd, so roer jou boude.
Jy wen ‘n stel double tickets vir Oppikoppi. Dit beteken een ticket vir jouself en een vir jou maatjie.
Ons gee nie vir jou ‘n tenk petrol, slaapplek, kos of onderbroeke nie. Net die tickets.
Jy moet ouer as 18 wees om deel te neem. Actually moet jy ouer as 18 wees om Oppikoppi toe te kan gaan ook.
Jy kan so paar keer inskryf om jou raaiskote reg te kry, maar moet ons asseblief nie fokken spam nie. Ons eet nie spam nie. Dit krap ons poefkanale om.
Die wenner met die korrekte antwoord sal randomly gekies word en onder sy comment op Watkykjy se FB page in kennis gestel word van die gelukkie wat hom meegeval het.
Hou Facebook dop more, want as jy wen het ons jou info fokken spoedig nodig om jou uit te sort.

Mag die beste kokkelol wen. In dust we trust.

Deel met jou tjommies!

    griffinValiant Swart – die Rocky van Oppikoppi (en wen ‘n stel double tickets!)

    Comments

    Gooi Comment