The Narrow – die next generation fakkeldraers

In Kief musiek deur RolbeesRek jou bek

The Narrow in Gauteng

Wat? The Narrow is ook fokken Wolmers? Ek het al vergeet. Ek moes eers vir Willem Louw vra om my weer so bietjie rigting te gee aangaande die geskiedenis van die Wolmer rock legends. Toe the Narrow begin suksesvol raak het was ek nie betrokke by SA musiek in anyway nie. Daai hele dekade was net werk, swot, chill by die huis, hop met my krukke na die locals toe – met gigs en befokte musiek net nou en dan. So hoe het ek ‘n fan geword? Radio Tuks en MK89 of course. Het Stav se Eclectic mix nie ‘n sample van Lonely Lonely iewers in sy gereelde core mix gehad nie? Ek onthou dit so tussen ‘n duisend hangovers iewers in my onderbewussyn. Vir ‘n Gen X kid wie se begin studentejare die soundtrack van bands soos B-World, Squeal, Amersham, Saron Gas (Seether), Sugardrive, Springbok Nude Girls en Lithium ingesluit het was the Narrow die next generation fakkeldraers van ‘n straight up rock sound. Een waarmee ek kon vereenselwig en waarmee ek nou nog kan. Hulle het my baie aan Durban rockers Squeal laat dink aan die begin van hulle career. En ek is seker hulle is beïnvloed deur van die ouer Wolmer legends soos Piet Botha en Thysis. En dan was daar nog eers Not my Dog as leerskool ook. Maar na Hanu de Jong the Narrow gejoin het en die De Jong broers se collective magic gesorg het vir ‘n meer evolved (en evolving) sound was die res rock and roll history.

Hanu bly op ‘n ander kontinent en ek was seriously keen om the Narrow live te sien. Hulle gigs groei nie aan die bome nie.  Vrydagaand by Arcade Empire was die jailbait weer gevaarlik volop, die crowd lekker onder die prop en daar was selfs ‘n fight of twee. Ek weet, want toe my tjommies my so instoot om voor by die stage te gaan sit toe ry ek oor ‘n helse lot gebreekte glase en bierbottels. Die mense was bietjie traag om uit die pad te fokof maar baie vriendelik. Ek sukkel seker net deesdae om sletdronk te praat.  Altyd ‘n goeie teken by ‘n rock show. Ja, ek kan punctures kry.  Jason Oosthuizen (One day Remains, Black Cat Bones,Van Coke Cartel en Lost and Found) het Emil, Hanu en Jow Feldtman gejoin op stage. Trust me, heel voor is waar jy wil wees as Emil die riffs begin gooi soos ninja sterre na jou rock and roll siel toe en Jason begin chaos dikteer op die dromme.  Hanu en Jow was die enigste kontrole wat die chaos kon tem. Jow het ook maar net-net die hele spul in toom gehou met sy bass lines en die gevolg was Narrowers wat ordelik geheadbang het (hulle wou-wou so begin mosh). Hanu het crowd control gedoen so tussendeur die songs as hy connect met die stagediving-crowdsurfing-trigger-happy opgesweeptes. Die energie en gees was hoog maar daar was maar min sukses wat stagediving of crowdsurfing aanbetref. Ook maar goed anders het ek dalk afgekak. Hanu is een van die mees professionele frontmen in SA rock wat ek nog gesien het. Dit geld vir die res ook actually. En die cool ding daarvan om ‘n undercover “eintlik net ‘n fan” musiek skrywer te wees is min mense weet ek skryf vir Watkykjy.  Jow het my met ‘n t-shirt gegooi! Dit was die eerste keer wat dit gebeur by ‘n gig. That feeling will never get old for me! Probably omdat ek totally Timmy geruk het. Hy kon my nie mis nie. Timmmmeeeeeeee! Where’s the faaaaayaaaaaaaaa!?

Hulle het ‘n redelike representative snapshot van hulle overall repertoire opgelewer. Met songs soos the Banded (Self-Concious – 2003), Lonely Lonely (Travellers – 2004), You don’t get to quit en Hunt the Ghosts (You don’t get to quit -2010)) en hulle single Where’s the fire? (2013) op die setlist. En as ‘n added bonus ook ‘n awesome cover van Audioslave se Cochise. Ek het dit so geniet dat ek die volgende aand saam met Big H, AnniBrand en Brein-Swikiri in die H-Mobile vir die eerste keer na die Good Luck Bar in Joburg toe gefok het.

My the Narrow t-shirt aan my lyf of course. Pretoria Music Clubs kan ‘n ding of twee gaan leer van Gareth Wilson-hulle af. Julle moet soontoe gaan en notas maak maats want die Pretoria gig scene is besig om ‘n stadige dood te sterf. En dit bekommer my. Die Good Luck Bar is seker die befokste venue wat ek in die laaste dekade besoek het. Dis ‘n meer senior perseel daai. Soos uit ‘n movie uit. Only Forever het my nogal impress met hulle hardrocking set en ek sien baie potensiaal daar, Lost and Found het ‘n meer rustiger pop rock set gedoen en almal bietjie meer laat chill voor die chaos ontvou het.

Ek het lekker gesit en pizza chow, moerse kief mense ontmoet met hulle good vibes in die agtergrond. Die Good Luck Bar is ‘n music venue waar jy lekker kan eet en kuier. Die crowd was minder interested in stage diving en moshing, dalk slightly ouer, meer diverse en kon hulle drank beter handle. Ons het nog steeds te kere gegaan en geheadbang. My hele lyf is nog steeds seer. En my ore. Shit, daar was een bra wat gestaan en wieg het voor die stage en toe stadig begin besgee het in die sy eie worstelende geveg teen swaartekrag. Ons tafel het hom aangecheer maar dit het nie gehelp nie.  Hy het gaan sit en toe net mysteriously verdwyn.

So ja, ek was weer heelvoor met Big H wat so oor my moes klouter om daai goue oomblikke op kamera vas te vang. Ek het gedink ek gaan minder uitfok as die vorige aand maar dit was wishfull thinking. Vir ‘n newbie geheelonthouer is dit amazing om reg in die middel van die chaos die aksie te beleef en direk van die energy af te feed soos ‘n vampire. Om die tweede aand in ‘n ry ‘n oordosis sober suspended animation in jou ore te inject. Dit het gevoel of ek vir ‘n paar oomblikke in tyd verewig kan lewe. Jason se dromme, Emil se kitaar en die hele spul agter my het stadiger beweeg met tye, gepause vir net ‘n paar sekondes voor alles van voor af weer ontplof het in mortality in.

Die crowd by die Good Luck Bar was minder ingenome dat the Narrow nie ‘n encore wou doen nie. En daar was eventually ‘n baie moeë huddle back stage met Gareth Wilson wat injoin en soos ‘n spankaptein hulle begin aanpor het. The Narrow was platgespeel maar het ingestem vir ‘n laaste chorus line van Lonely Lonely. Toe die crowd disperse het ek so weggerol met ‘n sexy blonde wat intussen besluit het my skoot lyk uiters gemaklik. Sy was amper verkeerd. You don’t get to quit! The Narrow! Next time you got to give encores!
03_The Narrow_D7A_9934_56 03_The Narrow_DSC_0084_60 03_The Narrow_DSC_0339_66 03_The Narrow_DSC_0779_74 03_The Narrow_DSC_9891_52 03_The Narrow_DSC_9977_54

RolbeesThe Narrow – die next generation fakkeldraers

Gooi Comment