So bietjie van ‘n Slawiese connection met Gunshot Blue

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

Hier is nog so vinnige review van ‘n band wat by Oppikoppi 22 opgetree het hierdie naweek. Frans Borman (van Jet Black Camaro faam) en Pepi Dimevski (van Bloodline LTD faam en ook ‘n bekende tattoo artist) se Gunshot Blue.

gunshot blueDie EP se titel is 12396KM en is al so twee jaar terug release. Die CD lê al ‘n hele ruk hier op my “to listen” stash. Dis blues met die eerste ooropslag maar daar is ’n paar musikale elemente in wat my bietjie gegooi het. Ek is nie musically trained nie en luister net op gevoel, so die sound het my ingetrek vir een of ander rede maar ek kon dit net nie mooi plaas nie. Die naaste connection wat ek kon voel was daai TV program wat tussen 2005 en 2009 op SABC3 gewys het, Going Nowhere Slowly. Stuart Taylor, Ian Roberts en Vivienne Vermaak en nog ‘n paar ander crazy karakters in ‘n ‘n rooi Chevrolet Impala wat die hele land plat getoer het.

Die Chevy se naam was The Chili Pepper of so iets. Dit was die inspirasie vir menigte roadtrip vakansies gewees vir my daai tyd en ek was befok mal oor die show. En hulle het ook altyd kief local tunes gespeel.  Gunshot Blue se EP is nogal baie soos daai vibe en ook befokte travel musiek, mind you. Ek het eers nou-nou die connection gemaak. Funny hoe musiek werk. Maar toe gaan lees ek ‘n interview met Frans Borman en Pepi Dimevski en vind uit laasgenoemde is van Slawiese afkoms. Van Macedonia af om spesifiek te wees. En die hemele gaan oop en ‘n stem uit die hemel praat met my. Ok, nie rêrig nie. Maar ek het ‘n lucidum intervallum gehad. ‘n Fokken helder oomblik.

Daar is ‘n hipnotiese Slawiese folk element wat Pepi op die steel guitar duidelik laat deurslaan. Hoe de fok kon ek dit mis? Maar hoe meer ek dit luister hoe meer kan ek die Slawiese influence hoor. Mens vind elke dag uit, eintlik weet jy fokol. Voor ek die revelation ontvang het, het Frans se vocals eentonig geklink op ‘n paar snitte. Maar ek dink ek verstaan die rede en die core van hulle musiek nou. Dit het daai free spirited Karoo vibes as ‘n undercoat, baptised in American blues met ‘n Slawiese folk hart van verlange. Something like that. Ek dink nie dit sal in almal se musieksmaak val nie maar ek vermoed anyway nie dit was hulle doel gewees met die EP nie.
gunshot blue liveDis ‘n samesmelting van verskillende gevoelens en genres wat direk uit die hart uit kom. Saddle Up is ‘n meer traditional blues colab saam met Dan Patlansky. My favourite tunes? Ek dink dis pretty much ‘n deurluisteralbum hierdie. Van voor tot agter. Maar as jy my druk vir ‘n paar favourites sou ek se Lift ’em Up want die vocals is nogal uplifting op hierdie een en Waldo Alexander se viool maak mooi. Higher is baie dieselfde maar net sonder die viool en bietjie meer hipnoties. En dan Maybe it’s Time en The Sun waarop jy die Slawiese gees fokken mooi kan hoor deurkom.

Jy gaan jouself nogal kan verloor as jy daar in die Bosveld sit en luister na die band!
Drie horings!
3ster

 

Deel met jou tjommies!

    RolbeesSo bietjie van ‘n Slawiese connection met Gunshot Blue

    Comments

    Gooi Comment