Blast vannie past – Brothers of Thunder

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Brothers of Thunder

Ek het hierdie naweek ‘n moerse dosis the Narrow ingekry en ja, ek het ook iets daaroor geskryf. Griffin sal dit saam met Big H se fotos op die site gooi binnekort. Moerse interesting naweek gewees. Ek het na die Lost and Found/The Narrow gig by Arcade Empire vir Hanu en Carita ontmoet in die parking lot. Hulle het sommer so nader gestap en met my en my vriende begin chat. Ons is vriendelik bedank omdat ons gekom het. Hoe befok is dit? Ons het mekaar nog nooit ontmoet voor dit nie. Maar soos een van daai irriterende fans het ek hom summier begin bug oor nog hanueen van my favourite SA bands wat hy help optower het – Brothers of Thunder.  Man, wat ‘n project. Wat ‘n band. Dis ‘n leeftyd terug maar dit voel soos gister to ek die De Jong broers in daai mondering live gesien het. Ek en my tjommies het gereeld daai tyd na die tweede Tings toe gegaan om local bands uit te check. Hulle sal weet wie hulle is. Nie nodig om te namedrop nie. As ek te moeg was het hulle my kak gegee tot ek instem. Volgende dag sit ek soos ‘n zombie in meetings met suits en praat en maak of ek alles van alles weet. Maar dit was altyd die moeite werd. 3 Oktober 2008 by Tings and Times was een van die mees memorable gigs wat ek nog by was in my lewe. Brothers of Thunder, Ashtray Electric en Kid of Doom as ek reg onthou. Ashtray Electric was lekker, Kid of Doom was awesome maar die De Jong broers het my fondasies heeltemaal uitmekaar uit gebliksem. Amper soos Eddie Murphy in The Golden Child.

“Hey there’s no ground here!”

Met so een wiel in die lug amper by die afgrond af en ‘n bier omhoog sodat dit nie mors nie. Wie sou kon raai om die vuur te blus, wat die mystic CD beskerm, moes jy net die bier down?

“I-I-I-I want the Ceeee-Deeeeee. Please” As jy geen idee het waarvan ek praat nie is jy probably ‘n millennial. Toemaar dis OK. Live and let live.

So anyways, ek moes net onmiddelik die CD aanskaf na die gig. Van die eerste ooropslag was Brothers of Thunder se musiek vir my iets totally anders, maar tog bekend ook somehow. Maybe daai eighties inspired choruses? Pop of rock, take your pick. En dis wat hierdie album vir my so great maak. Dis nog steeds na al die jare iets uniek-bekends vir my. Ek het dit vanoggend weer oor en oor geluister. Funny ding is, ek sukkel om dit te beskryf. Die CD is nie net skaars nie maar dis ook fokken goeie musiek. Amper soos wat daai Amerikaanse judge van porn gesê het in die dae voor die internet. “I’ll know it when I see it”. Ek message nou vir Hanu op Facebook om net bietjie rigting te kry terwyl ek dink en tik. Soos true melennials. Maar ons is glad nie. Ons is Gen Xers en ons verstaan mekaar wat musical expression aanbetref. Soos Hanu tune: “ons generasie is sinies (ja ons is!) en soek meaning (ja ons doen!). Ons is nie tevrede met experience en self-expression nie” (ek stem saam met hom).

Ek gaan nou nie oor alles uitbrei waaroor ons besig is om te chat nie. Maybe net ‘n bietjie. Hierdie is nie ‘n interview nie. Ek luister nog steeds Brothers of Thunder en hy is nou besig om uit te wys hoe die deursnit Saffer alles in in boksies wil sit. Fokkit, ek is ook skuldig daaraan. Ha! Die feit dat ons mekaar verstaan help my nog steeds nie om Brothers of Thunder vir julle leesgenot in boksies te sit nie. So op ‘n skinkbord as ‘n smulhappie. Miskien het ek dit al te veel geluister oor die jare. En net toe ek dit dink, gooi Hanu ‘n quote my kant toe wat my in my (keyboard) spore stop.

“Jy (Suid-Afrikaners) kies jou (julle) boksies en dis ‘n badge of honor om in daai boksies te bly”.

Dis ‘n Eureka-oomblik maar dis nie ‘n komplekse een nie. Dis een wat eenvoud bepleit. Die beste manier om Brothers of Thunder te beskryf is bloot net dat dit nog ‘n manier was vir die De Jong broers om hulle kreatiwiteit ten volle te express en om die boksies waarin almal hulle gaan sit het daai tyd te probeer oopbreek en op sy kop te draai. Dit klink nie vir my of hulle die volgende album vir enige ander rede gaan record as net dit nie. Sure, hulle gaan probably try relevant bly (Hanu het dit ook genoem). En dan maybe vir die fans en pure joy daarvaan ook, I’m sure. Hanu tune nou iets van ‘n moontlike tweede album. I can tell you what he said, but then I’ll have to kill you all! En al die fans trek nou hulle hare uit hulle koppe uit. No doubt, Brothers of Thunder was nog altyd iets anders as die norm. Ek dink dit was ook vir die De Jong broers challenging, juis omdat dit iets anders was as the Narrow se norm. Hoe ironies dat my plan vandag was om hulle ‘n mooi badge of honour te gee vir hulle poging! Vyf horings! Ha! Dra by tot die boksie kultuur, Rolbees. Maar dit is waar wat hy sê.

So wat het my nog altyd impress van die album? Is dit omdat Emil en Hanu dit tegnies gesproke tussen twee kontinente record het? Hulle het al hulle idees in dropbox gegooi en dan met arrangements rondgejol en stuff by record en toe almal happy was het die band net ‘n paar naweke in die studio record en Hanu het die vocals in New Zealand na die tyd record? Is dit omdat hulle dit reggekry het om ten spyte van die gebruik van way cool keyboard sounds nog steeds ‘n raw basic rock vibe te create? Een wat boonop nie rêrig in die 2008 local boksies gepas het nie? Emil se hardhitting riffs wat Hanu se keys moes emulate? Hanu se ‘one of a kind vocals’ en meer primal dromme? Of maybe is dit omdat hulle spiritually influenced musiek gemaak het wat nie prekerig was nie? Ek is agnosties maar kon nog altyd myself vereenselwig met die positiewe boodskap van die album.

Ek luister baie Lenny Kravitz en by sekere songs raak hy net te prekerig vir my. Die De Jong broers se lirieke is nie geskryf om mense te convert na enige denkwyse toe nie en hulle het verskillende temas ook in hulle musiek. Jy kan die spiritual influence hoor as ‘n extension van hulle kreatiwiteit en sekerlik ‘n search for meaning, maar vir my persoonlik geld dieselfde reëls vir ‘n band wat goeie musiek maak en anti-religious is as vir ‘n band wat pro-religious is of soos in Brothers of Thunder se geval ‘n meer persoonlike spirituality voorstaan. Art is art. Good art is good art en kak art… well, you get the picture. En dan kom jou eie subjektiwiteit ook nog in.

Die golden rule in my view: Express your soul in an honest way, but don’t preach to me. So iets. En hulle kry dit reg. Dit was ook nog altyd vir my ‘n offering wat jy kon deurluister van begin tot einde. Vir die van julle wat kan onthou, die opening track ‘Bless my Enemies’ se music video was nogal baie op MK gewys. Dis so slasher video met ‘n axe-wielding maniac wat ‘n sexy goose victim rondjaag in die bosse. Ek wil eintlik nie die res van die songs uitsonder nie. Dis baie experimental so jy moet elke song self gaan (her)ontdek. Daar is selfs twee tracks met Carita wat tromboon en sax ook gooi. Dit is natuurlik meer befok as jy van die hard-rocking tunes hard luister. Soos Warship en Without reservation. Fokkit. Sorrie, kon nie myself help nie. Van die tunes is nogal addictive. Botjam 8 was my ringtone vir ‘n hele paar maande. Julle sal hierdie een self moet gaan opgrawe, afstof en geniet. Dis ‘n stukkie rock geskiedenis en genuine die moeite werd om te kry.

RolbeesBlast vannie past – Brothers of Thunder

Gooi Comment