Vat Vyf! Week 30 van 2016 – Die ANC, tornados en die EFF

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

Van voorvaders en sneeu tot vingers-in-die-pie!

1) Dis die week voor onse reënboognasie stembus toe gaan en die vreeslose leier van die regerende party reken as jy nie vir die ANC gaan stem nie, gaan die voorvaders redelik omgekrap wees met jou. Die sweet slaan seker uit op voormalige president Thabo Mbeki se voorkop, want hy het hierdie week laat weet hy en sy gesin steun nie meer die ANC nie. Lyk my die land het nuus vir Zoom-Zoom – meer en meer mense sien kans vir ‘n pow-wow met die voorvaders. So. Fokof.
tafeltjie2) ‘n Tornado saai verwoesting in Gauteng. Dis volgens een of ander fokken reënmeter-entoesias glad nie so vreemd nie want daar was al tornado’s in ons land… Welkom in 1990, Harrismith in 1998, Dullstroom in 2006 en so aan. Die enigste verskil is dat hierdie tornado, kom ons noem dit sommer die ANC, kakbaie skade aanrig deur gratis t-hempies en fokken what-whats uit te deel aan mense in die hoop dat hulle weer ‘n kruisie agter hulle naam op die verrkiesingsblaadjie sal trek.

3) Die Madibeng-sakeforum kondig aan hulle gaan vir Zoom-Zoom help om die R7.8 miljoen terug te betaal vir nie-sekuriteitsopgraderings by sy Nkandla-pondok. Fok dis nice van hulle. Want die arme poes sukkel mos met geld. Boonop het hy net 45 dae om die aardskuddende bedrag terug te betaal. Fok. Is daar geen justice nie? Dis ons leier mense. Hy lei. Hou op om hom sulke seer te maak met al hierdie onbenullige kak. Ek fokken huil sommer. (Boodskap aan my voorvaders: Ek hou van Zoom-zoom.)

4) Hlaudi Motsoeneng, die doosbrein agter al die kak en drama by die Es-Eina-Bee-See, word buite die King Pie in Cresta gesien waar hy 7 humble pies bestel. Dis nadat die hof, die binnehof, die buitehof, die hofnar, David Hasselhoff en die NG Sinode van Wierdapark-Wes almal bevind het dat hy soos ‘n fokken twat opgetree het deur 8 joernaliste almal die trekpas te gee omdat hulle durf verskil het van die Evangelie volgens Hlaudi. Sewe van die agt is weer aangestel. Sulke sooibrand na al daai pies.

5) Dit sneeu. Die EFF is tydelik opgewonde. Want die sneeu is wit en die wit het geval hierdie week.

PK MalherbeVat Vyf! Week 30 van 2016 – Die ANC, tornados en die EFF

Gooi Comment