The Oh So Serious nooi jou uit na Oppikoppi 22 – For The Lovely Young Taken to the Unsea

In Oppikoppi deur griffinRek jou bek

The Oh So Serious besrkyf hulle musiek as Alternative Americana en hulle band bestaan uit enige iets tussen 3 en 17 ouens met intrumente wat range tussen guitar, keyboard, double bass, viool, mandolin, cello, trompet, saxophone, tuba, banjo, drums en natuurlik vocals. Basies enige iets wat geraas kan maak op ‘n heel aanvaarbare musikale manier. Wat ons local music festivals aanbetref het hulle het al by STRAB, Splashy Fen, Park Acoustics en so paar Oppikoppi festivals gejol en hulle is hierdie jaar weer terug vir nog stof en tunes om jou te vermaak.

Ons het hulle so paar weke terug gevra om ons uit te help op ‘n klein fun video shoot (wat ons later met julle sal deel) en het last minute belsuit om ‘n vinnige 50 sekonde clip te maak voor ons die kameras terug gepak het in die kar. Sommer so one take terwyl die wind ons almal begin fokken pla het daar bo op Klapperkop se heuweltjie. Daai spot waar die studente gaan vry en aaptwak rook.

Hiermee nooi The Oh So Serious jou uit na hierdie jaar se Oppikoppi festival. Dit lyk of hulle vir hierdie jol besluit het om ‘n 8-piece band te wees. Beslis ‘n moerse fun band wat jy nie moet misdrink hierdie jaar nie. (Jy kan tickets hier koop)

Gaan tune ook sommer hoesit op hulle Facebrag page:
https://www.facebook.com/theohsoseriousband/
The-oh-so-serious

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinThe Oh So Serious nooi jou uit na Oppikoppi 22 – For The Lovely Young Taken to the Unsea

Gooi Comment