Gert Vlok Nel. Man van min woorde.

In Watkykjy Interviews deur Kaptein KortbroekRek jou bek

Ons lewe in ‘n kakweird tyd. Dinge het so belaglik geraak dat Chris Kreef besluit het om eerder nie op Saterdae bands in De Kreeft Stamkafee te laat optree nie omdat die manne op Tulbagh die rugby wil kyk. Kreef maak nie uit van die ovaalbalsport nie – hy moer eerder ‘n gholfbal.

Gert Vlok Nel was ‘n kranige rugbyspeler op sy dag (of was dit net in Februarie daai een keer?) Hy het al in ‘n agterlyn saam met Dana Snyman en Riku Latti teen die Akker XV gespeel. Gert is egter nie groot op onderhoude nie – hy verkies eerder ‘n gamepie pool saam met sy Persoonlike Meisie. So stap hy die ander dag by Plankies daar by die Hanglikp in. Met ‘n verwronge uitdrukking op sy bakkies begin hy met JC, die barman, gesels:
“Ons het gisteraand in die Akkedis-boeties vasgeloop.”
JC laat sak sy kop – hy maak uit van die Akkedisse en hul semi-kaalgat tequila parties wat gewoonlik eers ophou as die laaste druppel getap is. Die Akkedisse het die klop in Aardklop gesit en hulle nuwe album is glo beter as seks.

Gert bestel sy dop.
“Net ‘n Cream Soda asseblief, JC.”
Gert se babelas pla hom nie te veel nie en hy lyk steeds beter as Dagga Dirk Uys wat met next level banting vibes besig is. Gert se lieflike meisie hou hom jonk en op die regte spoor. Ek imagine vir ‘n oomblik hoe ek gaan lyk as ek die 50 barrier breek… Die show was een van sy bestes. Hy en die brilliante Johan Smit het met Riku opgeteam en as ek nie so zef fokker was nie, sou ek ook soos die res van die Pringle paartie ‘n laanie sundowner gedrink het.

Dit was pikdonker toe ek vir Gert corner.
“Gertjie, hoe lyk dit met ‘n interview?” vra ek na my sesde dubbel.
Gert is mal daaroor as jonger manne hom Gertjie noem, maar net as jy dronk genoeg is om die nagevolge te hanteer.
“Kortbroek, vir jou sal ek ‘n uitsondering maak. Solank ons nie oor rugby of politiek hoef te praat nie.”

Daar word toe besluit dat ons die onderhoud eers die volgende oggend sou doen, sodat almal so nugter soos Gert kan wees:

Kortbroek: “Gert, het jy vir my ‘n lighter?”
Gert: “Net ‘n oomblik.”
Kortbroek: “Jy was nounet by Strab, hoe was dit?”
Gert: “Dit was lekker. Baie vêr, maar baie lekker.”
Kortbroek: “Wat maak jou trots?”
Gert: “Ek het nog net twee keer in pool verloor.”
Kortbroek: “Jy praat kak man!”
Gert: “Nee, ek is ernstig.”
Kortbroek: “Okay, teen wie het jy verloor?”
Gert: “Ek het al teen my persoonlike meisie, Tanya, verloor en die ander dag het ‘n dronk Neels Venter my gat geskop.”
Kortbroek: “Jy weet natuurlik as ek die skryf gaan elke tweede bonehead jou challenge.”
Gert: “Moet dit dan nie skryf nie.”
Kortbroek: “So ek sien hulle gebruik jou poetry vir hierdie jaar se Oppi Koppi, hoe voel jy daaroor?”
Gert: “Dit is baie nice van hulle, Kortbroek. Kan ek vir jou ‘n kaartjie kry?”
Kortbroek: “Dit sal awesome wees. Thanks Gert. Jy het ‘n maat wat daar in die Karoo bly, John Donaldson. Ek hoor julle het ‘n sekere Mark Borrie se Hawksmoor-wyn so baie geniet dat julle later deur die strate van Richmond gestreak het?”
Gert: “Alles is waar, Kortbroek. Hawksmoor se wyn is goed en John streak amper elke keer as hy ‘n dop in sy gat het.”
Kortbroek: “Ek praat baie kak. Is jy lus vir nog ‘n koppie koffie?”
Gert: “Dit sal lekker wees.”
Kortbroek: “Enige advies vir musikante of digters of, for that matter, enige iemand?”
Gert: “As jy dalk my dierbare dogter sien, koop vir haar ‘n roomys.”
gert vlok nel

gert vlok nel koppi

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekGert Vlok Nel. Man van min woorde.

    Gooi Comment