‘n Grapgat het ons gevra om Band of Skulls te review

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Band of Skulls – By Default
Net vir future reference – ek doen nie fokken requests nie. Baie van julle marabse stuur musiek na my en Griffin se kant toe en dis befok – soms like ons dit en soms nie. Obviously, want smaak verskil. Nie dat ek veel van musiek af weet nie. Ek dink net om musiek te deel met ander mense is een van die befokste dinge wat jy kan doen op hierdie blou-groen planeet van ons wat teen ‘n kak spoed om die son donder. Sommige van ons is net fokken stupid genoeg om ons balle op die metaalwerktafel te gooi  en ons opinies in die interwebs in te stuur – waar almal met hamers werk.

by defaulsHannes Brummer se tweet wat my request het om Band of Skulls (’n band wat al beskryf is deur menigte kritici as ‘n tipe the Black Keys rip-off band) se nuwe album uit te check, was met die nodige agterdog bejeën wat dit verdien. Ek het hom nog net so een of twee keer vinnig ontmoet en hy het net vir my gelyk soos ‘n bra wat kak musieksmaak het. Sulke luister Modern Talking en Beyonce terwyl hy so skelm in sy haarborsel sing! Hahaha! *Koes* Wel, kom ons gee hom die benefit of the doubt en vind uit of hy actually uitmaak van kief musiek of nie.

Ek onthou die band van 2012 af met hulle tweede album Sweet Sour maar het hulle nie weer daarna die time of day gegee nie. Het hulle probably in die ‘The Black Keys’ boksie gesit en vergeet van hulle. So die belangrikste ding waarna ek wil kyk is: hoe naby is Band of Skulls nou genuine aan die Black Keys? Met die eerste song op By Default hoor ek daai primal dark dirty blues rock influence al klaar. Jirre, dit begin met ‘n snare drum inskopper en ‘n Jimmy Page riff. Ek like dit anyway, nevermind die labels wat ander mense hulle gee nie. Russel Marsden se vocals het nou nie moerse range nie maar hy het darem reg-in-die mirrel-Sirrel stembande. Don’t get me wrong, ek smaak the Black Keys. Maar let’s face it, hulle musiek, alhoewel dit benchmark stuff was aan die begin, klink nou asof dit meer boundaries het as van tevore.
band of skullsIt’s the same old thing in rock and roll. Dinge beweeg so vinnig, ander bands wat jou sound copy gaan dalk later dinge doen wat jy nooit kon nie. Tensy jy kan aanpas. Ek kan onmiddelik hoor hoe deviate Band of Skulls met die tweede song na iets fokken heeeeltemal anders. Back of Beyond behou daai donker blues rock vibe maar dit het ‘n ‘the artist formerly known as Prince’ songwriting kwaliteit wat dit laat neig na Iggy Pop of INXS se bouncy eighties guitar rock tunes. Dit vang jou hook, line and sinker – jirre dis lekker. Persoonlik is daai sound baie meer interesting vir my as Black Keys se raw original boxed in blues rock sound. But then again, ek love die stripped down sound ook. Ek het die eerste twee songs op my PC se kak speakers gegooi net om aan die skryf te kom. Gaan eerder die res van die album op my system luister…

En ek is terug. Ja-nee fok, die enigste rede hoekom die band nie massive recognition gekry het die afgelope tien jaar nie was probably omdat hulle klank bietjie te naby aan the Black Keys was. Ek gaan net gou ‘n paar van die ou tunes op Youtube gooi en na Himalayan (2014) in geheel luister – net om te hoor of ek nie te veel kak praat nie, and I’ll get back to you…

Ok I’m back. Jôssôs, dis prôgtôg, Hônnes! Himalayan is ‘n great album maar ja, ek skiem bietjie te naby aan the Black Keys nog. Hier is bietjie van Mr Miyagi se wysheid: “Same-same, but different”. Gaan luister weer na Asleep at the Wheel en I feel like Ten Men, Nine Dead and One Dying. Befokte songs. En terug by By Default. Band of Skulls beskou hierdie offering, hulle vierde album, as risky omdat hulle in ‘n hele ander rigting beweeg nou. Ek dink hulle begin nou eers met my praat. En hopelik met ander rock fans ook. Killer is ook ‘n ander tipe ass kick. Black Sabbath indy rock mash up riffs wat met sulke melodic nineties alternative vocals blend.

Tropical Disease het so 007 soundtrack gevoel – monotone lead vocals en mooi trekkerige background vocals. So Good is probably een van die beste pop rock songs wat ek in ‘n lang tyd gehoor het. Jissus, volpunte vir hierdie een! Emma Richardson se vocals pas perfek by die basic, primal, fokken sexy ‘less is more’ rhythms en sulke rugged riffs. Klink soos asof Moloko dalk sou wou rock back in the day. Onthou julle daai doef-doef tunes? Sing it back… don’t bring it back…

Little Mamma klink weer amper soos Depeche Mode in hulle nineties rock fase (Songs of Faith and Devotion (1993)). Nog ‘n deviation is Something wat ook nogal na the artist who took his own life recently klink. Daar is nog ‘n dominant the Black Keys flavour in die res van die tunes maar dis fine met my – ek gaan definitief meer van hierdie band se musiek luister. Ek hoop hulle kry hierna meer recognition . Dis amper ‘n benchmark album maar hulle kom net-net nie daarby uit nie. So ek kan nie volpunte gee vandag nie maar vier horings By Default vir die befokte album van die Band of Skulls! See what I did there?
4ster

 

 

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Rolbees‘n Grapgat het ons gevra om Band of Skulls te review

Gooi Comment