Lionel Mapoe se SA Rugby transformasie tattoo

In Sport deur Kaptein KortbroekRek jou bek

Bands, brannas en borste was die afgelope paar maande meer belangrik as rappie hier in Watkijkistan, maar ek moet bieg dat dit befok is om te sien dat Lionel Mapoe finally die nommer 13 boktrui oor sy kop gaan trek. So ruk gelede het die transformasiebom mos behoorlik gebars. Almal was in ‘n flatspin en sogenaamde kenners soos Tank Lanning het vir ons mooi gewys dat hulle actually fokol van die onderwerp af weet nie.

Vir my is dit kaksnaaks hoe ons land se serial racists elke keer kop uitsteek as die woord transformasie uit die mond van ons Minister van Sport kom. Wat my ook heavy laat lag is wanneer manne – soos ou Ben Follow The Ounce (of smack) – dan skielik begin pro-transformasie stories soek in ‘n poging om te bewys dat iemand wel iets rondom die saak doen. Ben is een van daai over-privileged Joburg latte wat onder die indruk is dat die Bokke weens transformasie verseistes oor ‘n paar jaar gaan sukkel om Afghanistan te klop. Tog prys dieselfde ouens die Blitzbokke se prestasies – ‘n span waar dit begin moeilik word om die wit bra te spot (en daar is net sewe dudes op die veld op ‘n slag).

Ben maak ook nie uit van quarts in ‘n township drink nie en Ben het probably ook nog nooit die moeite goen om meer van ander kulture te leer nie. (Het jy geweet dat Xhosa dudes nie bring en braai vibes doen nie – as jy by hulle braai supply hulle alles, insluitende die drank).

Baie van ons is soos Ben en dit is presies daar waar transformasie die nodigste is.

Transformasie het actually fokol met die getalle swart of bruin lywe op die veld te doen nie. Dit gaan oor ‘n mindset wat moet verander en ou Mr Mapoe se insluiting in die Bokspan is dalk die eerste teken dat transformasie nie so groot satan is as wat Afriforum (fokken tietkoppe) dit probeer uitmaak nie. Don’t get me wrong, die bra is nie weens sy velkleur in die span nie… maar sy velkleur het hom dalk al in die verlede uit die span gehou.

So klompie jaar gelede het Mapoe by die Cheetahs gewaai want die werfetters het besluit om hom nie die Super Rugby minimum wage te betaal nie! Yup, dit was ‘n “kom ons shnaai die bra” vibes. Die tipe kak het nog nooit met ‘n wit speler gebeur nie. Hulle het hom minder bucks gegee as wat van die wit laaities in die junior spanne gekry het. Heini Adams, die voormalige Bloubul skrumskakel, het ook op sy dag as Super Rugby speler minder geld verdien as ‘n wit bra wat op Vodacom Cup vlak rondgeploeter het. Bongi Mbunambi sou probably nooit ‘n Bok geword het as hy, soos Chiliboy Ralepelle, sy loopbaan op die Bulls bench voortgesit het nie. Fok, daar is baie sulke voorbeelde, trust me, maar ounes soos Ben praat nie daaroor nie.

Selfs van die swart rugbysprywers en experts soos ou Xola is te bang om sulke waarhede bekend te maak – netnou-netnou kom die SA Rugby Illuminati en vat hulle jobs.

Mapoe het toe by die Lions aangesluit en hy het ook vir die Bulle gejol toe die Lions vir so jaar uit Super Rugby geban was. Toe Jean de Villiers tydens die World Cup ‘n besering opgedoen het, moes hy eintlik deur Mapoe vervang word, maar Mapoe was nooit in die prentjie nie. Ja, hy het ook maar met beserings gesukkel, maar hy moes ook gekyk het hoe Jaco Taute en Jesse Kriel voor hom die nommer 13 sou dra.

“Fok die spesialis-senter, ons try iets nuuts”.

Kriel en Taute was/is heelagters op provinsiale vlak en toe boom! uit posisie gespeel vir die Bokke. Wonder jy nog steeds hoekom transformasie so groot issue is? Of moet ek dalk Ruan Pienaar stories begin vertel?

Wat Saterdag se date op Nuweland aanbetref sal dit awesome wees as die Bokke goed doen, but let’s face it boys, Allister Coetzee gaan meer as ‘n rukkie benodig om die luitere snert van sy voorganger uit te sort…
Lionel Mapoe

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekLionel Mapoe se SA Rugby transformasie tattoo

    Gooi Comment