Ingrid Jonker – moontlik die beste local tribute album hierdie dekade

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

Ek is geen kenner van digkuns nie.  My generasie het dit leer ken op skool en vir my was dit net nog ‘n instrument wat die sisteem gebruik het om ons te beheer. Veral die meer tradisionele Afrikaanse digkuns. Ek kan nie onthou dat my onderwysers beklemtoon het hoe belangrik die sestigers rêrig was nie. En selfs as hulle het, het ek ‘n fok gevoel. My Guns and Roses t-shirt was aan my lyf terwyl Kurt Cobain sy longe uitsgekreeu op die draadloos en ek soos ‘n papegaai in my kamer moes sit en leer hoe die establishment, woord-vir-woord, vir my wil voorskryf wat Ingrid Jonker se gedigte vir HULLE beteken. Die enigste Afrikaanse kuns wat ek goed verstaan het daai tyd was Johannes Kerkorrel, Anton Goosen, Koos Kombuis en Valiant Swart se musiek, onder andere. Want hulle middelvingers was lekker hoog bo hulle koppe sodat almal dit mooi kon sien. (Ek kan nie onthou dat die onnies op skool my wys gemaak dat Ingrid Jonker ook dieselfde gedoen het nie. Nou weet ek dit). So ja, ek het Bitterbessie Dagbreek en Begin Somer as voorgeskrewe poësie gehad. En dalk Korreltjie Sand ook. Kan nie meer so mooi onthou nie, maar dit was net nog ‘n klomp gedigte vir my. Ons wou net party soos rock stars en onsself uit die kak uit cram voor toetse. Selfs op varsity toe ek Afrikaans 200 as vak gehad het, het haar poësie my nie betower nie.  Back then het die grunge beweging my so a-polities en nihilisties afgestomp dat Ingrid Jonker se Die Kind nie eens my aandag getrek het nie. Dit was al twee jaar na Madiba die gedig in die Parliment gelees het. Die tydperk na 1994 (en na die euphoria verander het na practicality en reality) was daar amper ‘n tydperk toe baie van ons nie meer politiese musiek geluister het nie en fokol wou wou weet van politiek oor die algemeen. Ek kan nie eers onthou watter gedigte ons moes analiseer op varsity nie. Ek neem net aan die Kind was een van hulle.

Die puriste kak seker nou al in hulle broeke. Well, that’s how it happened. Wait there’s more. Die eerste keer toe ek Ingrid Jonker genuine verstaan het was dieselfde jaar dat ek in ‘n rystoel moes gaan neerplak. Half forced, half voluntarily in my geval. 2005. Two-thousand-and-thrive. Toe die kospotte van Azania nog oorgeloop het. Dis ook dieselfde jaar waarin Chris Chameleon Ek Herhaal jou release het. En dit was veertig jaar na Ingrid Jonker die planeet verlaat het nê. Ek het eers daai hoërskoolgevoel gekry toe ek dit vir die eerste keer hoor. So half untrusting teenoor Chris Chameleon. “Wat wil hy nou nie meer Boo! nie of wat?,” het ek gewonder. But as it turns out, kon hy haar digkuns vir my verduidelik in ‘n taal wat ek 100% kon verstaan. Met musiek. En ek was op ‘n plek in my lewe waar ek reg was om haar woorde in te neem en te verteer. Dit was groundbreaking stuff daai tyd. My gunsteling? Ontvlugting, natuurlik. Ek het dit oor en oor geluister. Die hele album, of course. Al daai gedigte wat getoonset was  het eventually deel geword van my psige asof ek dit nog altyd verstaan het. Dit was een van die dinge wat gehelp het as tye kak raak. Ek kon in Chris Chameleon se musiek en Ingrid Jonker se melankoliese woordsee swem van tyd tot tyd en weer uit die golwe loop – en dan aangaan met my lewe. Dis baie hartseer vir my dat sy dit nie self kon doen nie. Dit het my lank gevat om te besef wat sy vir ons almal nagelaat het. ‘n Lewende skatkis van woorde en idees. Sy praat nog al die tyd met dié wat wil luister. Dis nou al meer as ‘n half-eeu later…
ingrid jonker sleeveTerug by vandag en ek is steeds nie ‘n kenner van Ingrid Jonker se poësie nie. Maar ek kan at least sê ek connect met daai klein deel van haar siel wat sy aan ons almal openbaar het gedurende haar kort tydjie hier. Toe ek die Ingrid Jonker Tribute: Die Kind is Nog Jonger die eerste keer deurgeluister het, het ek weer daai hoërskoolgevoel gekry, maar hierdie keer het dit my nie te lank geneem om die musiek saam met die woorde te hoor en te voel nie.  Obviously kan ek nie hierdie compilation oor dieselfde kam skeer as gewone langspeelplate wat ek week na week review nie. Dis snapshots in tyd van verskillende artists se interpretasies van haar digkuns – en een of twee tribute songs – om haar lewe en werk te celebrate. Dis ‘n monument, actually. En daar is moerbaie kunstenaars en genres wat van hulleself gegee het op hierdie album. International musos, veterane, established SA kunstenaars, pryswenners en ‘n paar mense wat ek nog nooit van gehoor het nie. Peter Pearlson se mastering is, soos altyd, wêreldklas.
ingrid jonker sleeve 2Ek het besluit om net ‘n paar songs te kies en dan my opinie te gee. Maar fokkit, dit was moeilik om te kies. Daar is genuine iets vir almal se musieksmaak op hierdie offering. Pop, Rock, Acoustic, Blues, Folk, Ambient, Avant Garde, Electronic, Alternative, Metal, Punk ensovoorts. Wat de fok is Avant Garde? Klink soos ‘n deodorant. Ha! Dis soos om 36 kersgeskenkies oop te maak een na die ander. Sommiges maak my net meer opgewonde as ander. Ek het selfs die weird trippie Cape Town tunes geniet. Maybe is dit Avant Garde? “Like hey bru, how’z the mountain and waves, hey?”
Ingrid Jonker se dogter, Simone en haar man Ernesto het seker gemaak niemand kan beperkte genre-keuse as kritiek opper nie. En ek dink dit was wys. As een van die doelwitte was om ‘n fontein in die lewe te bring om nog meer mense se dors te les, reken ek die span het geslaag daarin. Hulle moet nou net aan die fontein gaan drink.

Ok here we go! Kom ons begin by die heavy shit wat my rystoel se bande amper laat ontplof het…
ingrid jonker plaatDie Naaimasjiene se interpretasie van Mamma is sulke android viool industrial tunes met Randy Rambo se befokte brrrrrei-stem wat die pas aangee. Dig daai bra se stem stukkend. Francois Breytenbach Blom (Voice of Destruction, K.O.B.U.S.) het Ingrid Jonker se voorlesing van die Die Kind so tussen deur die metal riffs verweef. Dit vat die befoktheid van die hele tribute net nog ‘n stap verder. Klink soos Ministry wat wegjaag van die veiligheidspolisie met ‘n Ingrid Jonker audio book wat op die draadloos speel. Maar Terminatryx… jirre Terminatryx – die fokken donker kinders van die nag darem. Hulle version van Ontvlugting is next level. Jy kan al die teenstrydige sienings deur kenners lees om uit te vind presies wat Ingrid Jonker bedoel het toe sy Ontvlugting geskryf het maar dit beteken fokol. Jy moet die woorde jou eie maak en dit self voel. Termynatrix se version voel net legit. Dis terrifying en dit capture wanhoop met ongelooflike intensiteit. Baie meer powerful as wat Chris Chameleon dit vertolk het in 2005. Hierdie is nie ‘n toestand waarin ek sommer sou wou “swem” nie en ek vermoed baie nader aan wat Ingrid Jonker se gemoed was toe sy die gedig neergepen het. Uitstekend.

Anton Goosen se Hemel Vol Blou Akkers (‘n upbeat verwerking van ‘Plant vir my ‘n boom André’) is ‘n liefdeslied in true Liedjieboer-styl. Moderne catchy folk rock. Solid, bra Anton! Nog ‘n tune waaroor ek mal is, is Falling Mirror se vertolking van 25 December 1960. Onthou julle Johnny calls the chemist, but the chemist doesn’t come? Classic band daai. 25 December 1960 klink soos ‘n kruis tussen Jim Morrison se American Prayer en Jeff Wayne se War of the Worlds. Dit werk fokken goed. Jim Neversink (van the Famous Curtain Trick faam)? Nog nooit van die bra gehoor nie maar ek like sy fokken weird dralende avant garde stem en daai eerie slide guitar. Klink soos die soutie version van Pixies op bad acid met Ingrid Jonker se voorlesing wat die enigste lig uit die trip gone horribly wrong is. Die ligpunt aan die einde van die donker tonnel. Sien, ek leer vinnig. Dis nou genuine Avant garde.

ingrid_simone1Ernestine Deane se vertolking van Die Kind is somber en verby beautiful. Soos dit moet wees. So befokte African Ani di Franco vertolking, in my mind. Dis perfek gepas dat ‘n suksesvolle kleurling Suid-Afrikaner in 2016 dit met soveel oorgawe in Afrikaans sing. Nog ‘n lekker middelvinger vir die spirit van die crazy Apartheidskaalkopkonte. Ek gaan nog een laaste positiewe tune kies. Jirre nee, ek sal die hele aand aanhou skryf en Griffin gaan my pere afsny want hy moet dié nog edit ook. Daar is ‘n kakhuis vol awesome tunes op die album. Nee fok, ek is nou klaar, gaan luister dit fokken self.

Ok-ok, nog net so een positiewe enetjie: Rambling Bones se vertolking van Summer (For Simone) is net die regte homegrown Joburg tune om my review mee af te sluit. Die musiek klink of hulle in die Kaap bly. Somerglimlagte all around. Ek picture Simone as ‘n klein dogtertjie besig om sandkastele te bou en rond te hol op die seesand.

Hierdie double album is benchmark shit en verdien vyf horings. Vir Ingrid, vir die moerse effort en vir almal wat dit ‘n sukses gemaak het. Julle kan trots wees. Well done! O ja, en die cover art is deur Vernon Swart gedoen en die Ingrid Jonker portrait aan die agterkant deur Jonel Scholtz. Dit sal ook die vinyl junkies blymaak dat die batch vinyl in die land aangekom het.
5 ster

 

Deel met jou tjommies!

    RolbeesIngrid Jonker – moontlik die beste local tribute album hierdie dekade

    Comments

    Gooi Comment