Georgetown – Snor City se hillbillies

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ken julle die Kingston Trio? Glad nie? Pete Seeger? Woodie en Arlo Guthrie? Ook nie? Grateful Dead? Nee, marabse dis nie ‘n zombie apocalypse PG comedy nie. The Band? Doesn’t ring a bell? Probably omdat jou pa of oupa dit skelm geluister het in die sixties – want anders sou jy nooit die blootstelling gekry het aan sulke good old fashioned hillbilly folk musiek nie. Tensy jy nou ‘n professionele Google en YouTube addict is. Dit geld actually vir enige behoorlike folk musiek for that matter.

Ek is nogal picky wat folk musiek aanbetref en meer ‘n Bob Dylan fan. Ja, ek verkies intense, donker diep en brooding folk. But then again, hierdie tipe ‘up tempo’ folk is darem maar ook fokken lekker – so op sy tyd. En as jy mooi luister hoor jy ook ‘n lekker blues influence. Dis meer my kos. Georgetown se musiek is nie jou deursnit Pretoria sound nie, en dis probably hoekom ek hulle verlede jaar by die Capital Craft bierfees – daar langs die Voëltrekkermonument – onmiddelik kon absorbeer en verteer… en baie geniet het. Melt Sieberhagen wat die MC was het my nogal ‘n interessante vraag gevra: “Hoe rock and roll is ‘n ukulele nou eintlik?”
Wel, as jy sulke lekker foot tapping hillbilly folk musiek maak sal ek jou die benefit of the doubt gee. Georgetown present dit net in ‘n slightly meer moderne wrapper. Nee, daar is geen rapper nie. Goddank. Jy wil “heeeeeehaaaaaaaawwwww” skree, met jou strooihoed op jou kop, so tussen deur jou hillbilly gesange, terwyl jy in jou Toyota Prius in peak traffic vassit nie. Maar dis ook glad nie moderne hipster Mumford en Sons folk nie. Dubbele goddank. Want al wat ons nodig het is nog ‘n Mumford en Sons hipster band.

Nee, Georgetown is nie bang om die dankbare dooies se geeste op ‘n meer direk geskiedkundige wyse op te roep nie. En somehow, in Snor City in 2016, is dit ‘n refreshing small mercy. Iets nuuts wat voortvloei uit iets van ouds. A real band is hard to find these days. Fok, ek spoeg vandag clichés uit soos ‘n worsmasjien. Julle moet fokken byhou. Maar as jy my nie glo nie, hoor wat tune hulle self oor die debut album: “Banana Jack is the result of support from great friends & family, good Samaritans and inspirable whiskey”. Wie kan nou stry met Whiskey?
georgetownKom ons begin met die enigste cover op die album – Lazy Bones, ‘n 1940’s collaboration tussen Johnny Mercer en Hoagy Carmichael, wat ‘n hele paar dekades later meer bekend gemaak is deur Leon Redbone. Ek is seker daarvan dis al baie gecover maar dis die een wat ek soortvan mee vetroud is. As jy oud genoeg is om TV4 te onthou van SAUK/SABC faam in die eighties, sal jy Mr Belvedere se theme song dalk ook onthou. Dit was ‘n Leon Redbone classic gewees. Dit impress my sommer al klaar as ‘n band (van Rooihuiskraal nogal, heeeehaaaaaawwww) so song, wat ryk in geskiedenis en so obscure is dat meeste mense nog nooit daarvan gehoor het nie, cover. Goeie werk, ouens! Die cover klink vir my beter as die original (en vorige covers). So lekker upbeat feel!

Daar is net ses songs op die album, so dit is actually ‘n EP. Man, dis nogal weird om sulke Afrikaanse name te check op die CD cover terwyl ek na die musiek luister. Ek verwag Amerikaanse name van Asheville, North Carolina of Memphis, Tennessee of iets dergeliks. Jackson, Thompson of Anderson. Nee, try eerder Erasmus,van Dyk en de Villiers. So ek moet myself herinner dié marabse is actually van die Rooihuiskraal breed. Naby genoeg aan Hillbillies anyway. Ha!
banana jackEk is nie so vetroud met al die verskillende folk genres van ouds om Georgetown suksesvol te probeer analiseer nie. Maar dit klink pretty damn authentic vir my. Where’s Johnny begin so met ‘n cowboy saloon klavier en die klarinet add net daai nodige warmte wat jy na smag as jy folk musiek wil gooi op die draadloos. Mary-Anne het ‘n lekker ‘langpad’ gevoel. Rolling thunder acoustic geeetaaars en bedonderde bekfluitjie. Golden Boy se vocals klink of dit way back in 1956 record is – so met die bekfluitjie en klavier in die agtergrond en die klarinet wat die hele song onderstreep en selfs inkleur by tye. Tiaan, Michael en Renaldo, julle doen die vocals reg, julle fokken hillbillies! Pink Cadillac is my favourite tune op die album. Massive crowd pleaser hierdie, sulke bluesy groove riffs met ‘n saamsing chorus. Black Tide sluit die album af met ‘n ‘n lekker sad folk song wat klink of dit op die soundtrack van ‘n movie soos Easy Rider ingesluit kon word.

Vier horings uit my broeksak vir julle!
4ster

 

 

 

 

Deel met jou tjommies!

    RolbeesGeorgetown – Snor City se hillbillies

    Gooi Comment