Cindy Pretorius – Woensdag se warm bokkie

In Warm Bokkies deur griffin2 Eiertjies

Ons hier by Watkykjy ken nogal baie mense en meeste van die mense waarmee ons assosieer is mooi mense. Meestal van binne. Sulke goue hartjies met glitter en kak op. Maar baie van ons tjommies is ook sommer mooi aan die buitekant ook. Boner mooi. Ons deel nie altyd al ons secrets met julle nie maar ons sal maar vandag die seël breek en julle voorstel aan een van ons tjommies, Cindy Pretorius wat ons nou al ‘n gruime tydjie vir julle weggesteek het. Sy het actually ‘n hele ruk terug al spesiaal ‘n photoshoot vir Watkykjy gedoen. Toe steek ons dit onder ‘n klip weg vir julle. Jirre, ons is fokken dose. Moenie worry nie – van daai foto’s is hieronder te bespeur…

Cindy is 22 jaar oud, bly in Pretoria en is al vir vier lank besig met modelling. Sy is grotendeels ‘n alternative model, so die van julle kokkelolle wat by local metal shows uithang het haar al moontlik raakgeloop of in ‘n music video of drie te siene gekry. Wanneer sy nie model nie, grind sy graag haar chastity belt (sonder om haar koek ‘n plus te sny) op stage saam met Boargazm. Sy het onlangs ook commercial modelling werk begin doen en dit strek van fashion tot conceptual en avant-garde. Behalwe vir dit is sy ook ‘n tattoo artist: “Ek het al in hoërskool begin, maar full-on scratcher shit. Toe ek sien hoeveel kak ek aanjaag, het ek college toe gegaan vir Art & Design. Daarna het ek toe weer die masjientjie opgetel en begin oefen met behulp van twee vriende. Nou is ek aan die gang as ‘n tattoo artist!” (Cindy’s Tattoos)

Gaan check gerus Cindy se website uit by http://www.cindypretorius.com/. Dis nogal refreshing om bietjie alternatiewe local models te feature, right? Laat ons gerus weet as jyself ‘n local bokkie is wat Woensdae op Watkykjy warmer wil maak.

Twee laaste dinge:
1) Cindy is nie single nie, sorry ouens. Jy het nul kans. Rol maar enetjie met die hand uit.
2) Geniet die kiekies en share hierdie local beauty. Ons gooi so bietjie meer kiekies as gewoonlik, juis omdat sy local is. Vat so!
cindy pretorius watkykjy 1 cindy pretorius watkykjy 2 cindy pretorius watkykjy 3 cindy pretorius watkykjy 4 cindy pretorius watkykjy 5 cindy pretorius watkykjy 6 cindy pretorius watkykjy 7 cindy pretorius watkykjy 8 cindy pretorius watkykjy 9 cindy pretorius watkykjy 10 cindy pretorius watkykjy 11 cindy pretorius watkykjy 12 cindy pretorius watkykjy 13 cindy pretorius watkykjy 14 cindy pretorius watkykjy 15 cindy pretorius watkykjy 16 cindy pretorius watkykjy 17

Deel met jou tjommies!

    griffinCindy Pretorius – Woensdag se warm bokkie

    Comments

    1. Piet

      Het julle ook ‘n memo gekry vir 90% local content? Maar anyway, well done Cindy. Ek like jou tattoos.

    2. Ag nee man

      Dit lyk dan of iemand haar met ‘n nat koerant gemoer het

    Gooi Comment