Albert Frost en ‘n moerse lekker sunset in Bantry Bay

In Kief musiek, Oppikoppi deur griffinRek jou bek

Net so meer as ‘n maand gelede toe ons Iron Maiden in die Kaap loop kokkenodge het,  het ons ook tyd gekry om met so paar van ons jommies in tannie Zille se kontrei uit te hang. Albert Frost was een van hierdie brasse en op ‘n stadium het daar ‘n lighbulb bo ons koppe verskyn: ons het skielik onthou dat ons fokken zefgatte larney vriende ook het. Spesifiek hierdie een goose in Bantry Bay in hierdie heavy huis met ‘n 180 degree uninterrupted sea view. Die plek was is so fancy dat ons nie eers buite op een van die twee balkonne wou poep nie.
bantry bay albert frost sea view“Fok, maar dit sal mos nou vir jou ‘n piele backdrop wees as jy kitaar daar kan tokkel met die Atlantic in die agtergrond en die son wat sak?”, het ek vir Albert getune. Ons het vinnig ons man op die grond met die kamera en die oog, The Image Engineer op die foun gekry en hom getune dat ons hom gaan kom oplaai by Chopper se huis. Van daar af was dit ‘n gejaag teen die tyd, want die son was besig om te sak en ons timing moes perfek wees. Ons het basically net een kans en twee takes gehad, want as die son so oor die see begin wegsak is hy gone in minder as 10 minute.

Enjoy een van Albert Frost se early tunes, Caroline. Jy kan al sy musiek op sy site bestel.
Hy jol ook volgende Donderdag saam met Dan Patlanski by Innbios en natuurlik, soos altyd, by Oppikoppi. Hierdie sal sy 22ste Augustus show by Koppi wees.

Albert Frost

griffinAlbert Frost en ‘n moerse lekker sunset in Bantry Bay

Gooi Comment