Albert Frost – behind the scenes

In Kief musiek deur griffinRek jou bek

albert frostBehalwe dat hierdie ‘n behind the scenes video is vir Albert Frost se photo shoot vir die die cover vir sy nuwe album, The Wake Up, is dit ook ‘n lekker guide tipe video vir apsiring musiekfotograwe of sommer net fotografie in general. Die video gee ‘n gevoel van hoe ouens in die bedryf in fyner details ingaan wanneer dit by photo shoots kom. Even die basic shit soos byvoorbeeld om die guitar strings skoon te maak. Dis waar die verskil inkom tussen ‘n marabs met ‘n iPhone en die pro’s wat projekte behoorlik beplan met met doelgerigte direction. Maar as jy jouself nou nie aan daai kak steur nie is dit steeds ‘n kief video vir aanhangers van Albert Frost se musiek om te check hoe die man te werk gaan met hierdie gedeelte van die recording proses.

Lees ook sommer Rolbees se review oor sy nuwe album as jy nog nie het nie. Dis nou Albert se album, nie Rolbees se album nie. Rolbees het nie ‘n album uit nie. Moenie fokken simpel raak nie.

Deel met jou tjommies!

    griffinAlbert Frost – behind the scenes

    Gooi Comment