Wolfmother is weer terug in top form!

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Wolfmother – Victorious
Ek kan nie beskryf hoe gelukkig dit my maak om hierdie tipe musiek op analog te gooi nie. Jirre, op ‘n newly pressed vinyl nogal. As jy my twintig jaar terug getune het ek gaan in 2016 seventies inspired musiek op wax luister (gedruk met masjienerie wat probably vervaardig is voor ek gebore is) sou ek in jou gesig gelag het. Dit het nie ge-feature op Beyond 2000 nie. Wie onthou daai science program? Fokken krimpies almal van julle! Ha! But beware! As jy die seventies rock gods in jou musiek gechannel het tien jaar terug – en dit boonop suksesvol reggekry het– gaan die kritici jou vir ewig kruisig as jy afwyk daarvan. Fok, hulle gaan jou anyway kruisig. Meeste van die dose skeer Wolfmother ‘n paar nuwe assholes elke keer as hulle ‘n nuwe album uitbring. My musieksmaak is te wyd om so blatant genadeloos te wees en ek review nie meer kak doef-doef Afrikaanse musiek nie. Doctor’s orders. Dit wys maar net weer hoe subjektief reviews eintlik is. En musieksmaak for that matter. Ek dink dis kak moeilik om authenticity na te maak – nevermind om dit te probeer verbeter.

Mike Patton haat Wolfmother byvoorbeeld. Dis nou nie asof Faith No More se musiek ooit so befok was nie. Maar alles is al reeds gedoen, dude. Nie eens in sci-fi movies kom hulle met nuwe mindblowing musiek vorendag nie. Gaan kyk weer Star Wars: A New Hope se cantina scene en Fifth Element se Diva scene. Hoekom nie? It’s all been done before. Een ding waaroor meeste fans en kritici saamstem is Wolfmother se debut album (2005) is epic – soos om op een dag beide terug in tyd en in die toekoms in te travel. Onthou net Woman, Joker and the Thief en Apple Tree vir ‘n oomblik. Dit was ‘n benchmark retro-rock album en dit gaan altyd ‘n challenge bly vir hulle om dit te top.

So wie het hard rock/heavy metal begin? Dit was vir seker nie NET Black Sabbath nie. Led Zeppelin, Deep Purple, the Who, the Yardbirds, Cream, Jimi Hendrix, Steppenwolf, Humble Pie (Peter Frampton), Fleetwood Mac (die Peter Green tydperk) Jethro Tull en Uriah Heep het ieder en elk ‘n hand daarin gehad. En dis net die bands wat ek ken, daar is nog baie meer. Om een band te pinpoint en al die krediet te gee is soos om Led Zeppelin as die “greatest cover band of all time” te label. Fok jou ook, Francis Malofiy! Doos. Nie dat Led Zeppelin helemaal onskuldig was met hulle liberale leen van musiek nie. Maar jy moet dit ook in die konteks van die tyd sien. Almal het geleen daai tyd. Led Zeppelin het net nie aan die begin credit gegee waar dit due is nie. Maar as dit nie vir Led Zeppelin, Black Sabbath en al die bogenoemde bands was nie, was daar nooit ‘n fokken Wolfmother nie. En dis wat rock and roll aan die lewe hou.
wolfmother victoriousBands wat bietjie gaan leen en dan op hulle eie manier verbeter. As ons genuine ’miracles and wonders’ gelukkig is kom daar weer ‘n Kurt Cobain rewolusie en gooi die hele industrie omvêr. But I doubt it. It’s all been done before. Beste wat ons kan doen is joebel en juig as artists benchmark albums release. But revolutionary? Never again. As ek verkeerd is eendag sal ek jammer sê. Maar ek dink ek is pretty safe for now.

Met Cosmic Egg (2009) het Wolfmother bietjie heavier gegaan en baie meer ekperimenteer. Dit is nie epic nie – net befok. Maar dis waar die kak begin het. Daar was te veel band member veranderings en eventually het die band opgebreek. Of wat noem hulle dit deesdae? ‘n Hiatus. Klink soos ‘n nuwe Koreaanse kar. Anyways, Stockdale try toe MOS solo album vibes in 2013 met Keep Moving (2013). Bietjie van ‘n flop gewees daai een. Die derde album, New Crown (2013), is ‘n double edged sword. Andrew Stockdale het dit self record en op bandcamp verkoop. Maybe het hy te veel try eksperimenteer? Dit was obviously nie ‘n commercial sukses nie maar daar is ‘n paar befokte songs op. Lekker rou en sanderige album. Back to their roots. Dit represent ongelukkig ‘n fall from grace vir Wolfmother. En die sound is terrible. Dis strictly ‘n MP3 experience.

Wow, dit het lank gevat om by Victorious (2016) uit te kom. Hulle vierde album. My first impressions sover is Wolfmother is weer terug in top form. Ek gaan nou eers ‘n break vat. *And I’m back*. Love That You Give is die inskopper track. Ek love dit as ‘n album begin met ‘n lekker kickass song – ballsy riffs, wailing mix tussen Plant en Osbourne vocals. Maar dit klink soos Stockdale. You can’t fake that shit. Dis Wolfmother, allright. Die title track is ook lekker hard, vinnig en anthemic. Jy kan die gees van Led Zep en Black Sabbath duidelik hoor. She will be victooooriouuus!!

Hoendervleis toets geslaag. Met Baroness gaan hulle weer bietjie meer modern rock. Bietjie te veel Black Keys in daai song maar dit klink kief. Mmmmm… Pretty Peggy is ‘n departure van die Wolfmother norm. So bietjie te naby aan die ou Mumford en Sons skiem ek. Maar die detour is tydelik. City Lights – en ek fok uit! Jissus, beste song op die album! Baie meer Wolfmother original vibes. Wat is nog kak of befok? Best of a Bad Situation is bietjie average. Sulke Cinderella blues rock song. Maar Cinderella het dit beter gedoen. Gypsy Caravan beweeg weer nader aan Black Keys territory maar Stockdale se powerful vocals hou dit steady in Wolfmother boundaries. Happy Face en Eye of the Beholder is weer slower groove signature Wolfmother tunes. Ek dink over all is dit ‘n solid album. Not a benchmark effort maar ‘n ure se pret en genot rock album – die naaste wat hulle nog gekom het aan die debut! Vier horings!
4ster

Deel met jou tjommies!

    RolbeesWolfmother is weer terug in top form!

    Gooi Comment