The Lumineers en hulle Shakespeare gooste

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

The Lumineers – Cleopatra
Ek het nog nooit myself verdiep in The Lumineers se musiek nie. Ek het die eerste album so van ‘n myl of twee af gehoor op social media en dit in die Mumford en Sons hipster-mod-folk-fad-boksie gesit en aanbeweeg. Vanoggend toe ek Cleopatra opsit het Wesley Schultz se stem op die opening track, Sleep On The Floor my onmiddelik herinner aan Jackson Browne se seventies country rock. Ek stop obviously toe Projek Lumineers Verdieping en soek my For Everyman (1973) vinyl – net om seker te maak ek het die connection raak gespot. Die plaat is bietjie stowwerig maar ek het nie lus om die ding skoon te maak nie en ek gooi hom sommer so onder die naald. Warts and all. Snap, crackle, pop. My fok, daar was serious legends betrokke by dié classic album se recording. Nou nie almal traditional folk artists nie maar hoe sal jy David Crosby, Glenn Frey, Elton John, Don Henley, Joni Mitchell en Bonnie Raitt as guest artists op jou album like? Glenn Frey is nie eens meer met ons nie. Ek vind nou eers uit wie almal betrokke was. Ek luister For Everyman al vir jare – wys jou net – mens kan met oogklappe deur die lewe fok partykeer. Vir my persoonlik is daar te veel spoke wat in For Everyman se liedjies skuil en ek kry dit net reg om Kant A klaar te luister… en ek move on. These Days…. eish wat ‘n song.

the-lumineers-cleopatra-albumTerug by Cleopatra, wat nou weer besig is om te speel en ek hoor die gees van bygone Americana en al daai legends personified in The Lumineers se musiek. Ja selfs Sir Elton John. En sommer Bob Dylan, Tom Petty en Leonard Cohen ook. Ek het gedink The Lumineers sal baie meer try inpas by die radioplay formuletjies van ons tyd. Onthou julle Hey Ho op die eerste album? Ek like die handjies klap ding op sekere songs. Fair enough, dit werk op Angela. Evan Dando doen dit ook lekker op die song Waking Up (Baby I’m Bored, 2003)  maar dis al te veel gedoen. Handjies klap, koekies bak, ons soek nie nog nie, dit raak deur die kak! Meeste van die modern folk bands beweeg al hoe verder weg van die original Amerikaanse folk and rock musiek, wie se naam en gees hulle gebruik om hipster cool te klink. Radioplay is glad nie hoe my generasie folk musiek leer ken het nie en ek is nie altyd seker of ek comfortable is met die nuwe sounds van die modern “folk” beweging nie. Toe jy jou pa se stowwerige Bob Dylan en Neil Young plate in die nineties uit die kas gaan haal het, agtergekom het dis eintlik waar Unplugged Grunge vandaan kom en…hey ho! Dit klink nog steeds befok vir ‘n klomp ou toppies! Maar ja, ek kan die Mumford en Sons generasie vibes nog steeds op hierdie album hoor. Dit sou seker boring wees as hulle net ou folk gaan staan en copy het. I get that. That’s not what I’m saying at all.

Waarna ek soek is of die songs sterk genoeg is om op hulle eie voete te staan oor die jare vorentoe. Hier is die toets. Gestel die hipster-mod-folk-fad is in sy moer. Gaan jy oor 43 jaar dié CD iewers uitkrap, afstof en gaan daar ook te veel spoke in die liedjies skuil? Gaan dit so impak op jou hê dat jy net die helfte van die album kan luister en eerder 2059 se musiek gaan luister? Jirre ek wonder hoe gaan 2059 se musiek klink? Gaan jy in die eerste plek die moeite wil doen om die CD te gaan soek? Hang net bal, ek gaan Cleopatra weer deur luister sonder enige onderbrekings… Ek het myself nou deurmekaar geskryf.

OK. Die songs is baie meer eenvoudig as die vorige een. Dit het ‘n stiller intensiteit waarop mens kan fokus sonder om verveeld te raak. Ja-nee, hulle het nie gegaan vir radioplay op hierdie ene nie. Die songwriting is fokken rock solid en die stories is ryk in ervaring (of verbeelding). Maak dit saak watter een? Ervaring is altyd beter I guess. Joh joh joh, Gun Song het sopas die hoendervleistoets geslaag. Ek hou ook van die vroulike karakters wat hulle optower met Ophelia, Cleopatra en Angela. Ek hoor sommer Hamlet bitch en moan: “God has given you one face, and you make yourself another”. Haha! Ja-nee, Ophelia is daai girl waarop jy eerder nie verlief moet raak nie. Cleopatra is weer ‘n meer ervare ‘been there done that’ karakter. Maybe is sy ‘n ouer Ophelia? Of maybe iemand wat net alles en almal laat verbygaan het? Golden years agter die rug, missed opportunities, geskei, alleen en die enigste ding waarvoor sy op tyd gaan wees is haar dood. Hectic. Angela klink aan die een kant soos ‘n ‘one that got away’ fairy tale maar dit kan ook ‘n one-night stand situasie wees. As jy moet raai het die liedjieskrywers hulle werk reg gedoen.
lumineers-the-4f7f4791975e6Well done, Wesley Schultz en Jeremiah Fraites! Dis net, die album is fokken 35 minute lank, marabse? Hoe nou? Dis te vlugtig. But then again, drie tot vier minute folk songs was nie iets vreemds in die sixties of seventies nie. So dit gee dit seker daai effense nostalgic authenticity wat hipsters in hulle broeke laat kom. So as jy dit moes tape op kasset back in the day sou jy ‘n paar ander songs van ‘n ander band op die tweede kant moes sit. Of dalk net duplicate. Soos die songs Angela, My Eyes en In the Light. Sal dit mos oor en oor luister. Haunting. Beautiful. Don Mclean sal hardpressed wees om hierdie songs in sy heydays so gripping te kon sing. Maar op die ou einde kan net jy self antwoord of dit die 43-jaar toets gaan slaag. Ek kan nie aan enige rede dink nou hoekom nie.

Solid vier duiwelshorings!
4ster

 

 

Deel met jou tjommies!

    RolbeesThe Lumineers en hulle Shakespeare gooste

    Gooi Comment