Soek jy Barnyard tickets vir die Dave Matthews Tribute Band?

In Kompetisie deur RolbeesRek jou bek

Waar is al die Dave Mathews Band Marabse? Nee fok, nie Dave Murray nie. Iron Maiden is weg my mede-metaalkoppies – and the show must go on. As jy gelukkig was om die Dave Mathews band live te check so drie jaar terug hier in Azania,  jirre wat ‘n legend show was dit nie? Bra Hugh Masekela en Vusi Mahlalela wat hom gejoin het op stage. Hoendervleis. So as jy bietjie nostalgie wil herleef, of jy het die band nog nooit live gesien nie het hierdie SA musos ‘n befokte projek aan die gang waarin jy dalk mag belangstel. Die Dave Mathews Tribute Band

Wel, dis al aan die gang vir about 10 jaar eintlik. Dié brainchild van Gideon Meintjies en Garth de Meillon het nou al ‘n hele paar lede in die mix gehad en hulle evolve so natuurlik oor die jare. Maar die huidige line-up is Pieter Barnard (vocals); Gideon Meintjes (dromme); Leon Van der Berg (kitaar); Garth de Meillon (bass); Raziela Kosterman (viool); Braam de Villiers en Karin Groenewald (op sexy sax).

Hulle speel net elke nou en dan ‘n show en die laaste een was drie jaar terug by die Atterbury Theatre in Snor City – dit was fokken sold out gewees! Rolbees was toe nog ‘n suit maar hy was daar en tune dit was befok. Glad nie jou average cover band nie. Die huidige line-up oefen al vyf maande lank vir die volgende show wat gaan plaasvind op Vrydag, 3 Junie by die Barnyard Theatre in Parkview. Die Dave Mathews Tribute band reël en promote al hulle kak self en wil graag twee kaartjies weggee vir julle Watkykjy zefgatte! Hulle weet net nie waarvoor hulle hul inlaat nie. Hou vas jou goose se dop watch daai move. Gaan represent bietjie die zef vir ons daar!

Share hierdie fucked up vanaf Twitter of die Watkykjy Facebook page waar hierdie post ook sal verskyn en ons sal al die name in Griffin se poeshoed gooi en ‘n naam kies sodat jy jou goose (of jou trilbeer) bietjie kan treat. Vat hom of haar eers roadhouse toe vir ‘n pie en roomys special, bietjie Dawid Matewis en julle is guaranteed om te score daai aand! Ons sal die name teen Woensdagmiddag laat kies en sommer op die Facebook page tune wie gewen het.
DMTB05 Poster

Deel met jou tjommies!

    RolbeesSoek jy Barnyard tickets vir die Dave Matthews Tribute Band?

    Gooi Comment