Jack Parow – Thunderbolts & Lightning Ft Simon

In Kief musiek deur griffin1 Eiertjies

In Januarie vanjaar, het Jack Parow sy EP, From Parow with Love, vrygestel. Hierdie EP bevat samewerkings met tjommies wat hy gemaak het tydens sy toer na België en Holland. Dit bevat ook ‘n tikkie Suid-Afrikaanse geur in die vorm van Zolani Mahola van Freshlyground op die liedjie vir die 2016 SAMA genomineerde musiekvideo, Army of One.

Die animated musiekvideo vir Thunderbolts & Lightning is saam met Simon van die Hollandse “futuristic” funk groep, De Likt, los gelaat.

Parow tune oor sy video:
“Thunderbolts & Lightning is regtig mal. Johhny de Ridder (Soft Light City, Fokofpolisiekar) het die song gemaak en hy het so ‘n goeie job daarvan gemaak. Simon van De Likt is op hierdie song saam met met my en hy is uitstekend hierop. Ek is regtig mal hieroor” 

Ons is nie seker of die tune genoeg punch het nie, siende dat DJ Hi Tek nie aan hierdie outjie gewerk het nie. Dis asof daar fokol punch is. Wat skiem julle?

 

Jack Parow - Allister Christie, Kitchen Shoot Final - HR

Deel met jou tjommies!

    griffinJack Parow – Thunderbolts & Lightning Ft Simon

    Comments

    1. Jo Poos

      Nee, dis nie ‘n punchy tune nie, maar dit het daai EDM compressor/sidechain-pump waarvan die kinders so baie hou. Alles suffer by comparison wanneer jy gewoond is aan die de Nobrega broers se produksie skills…

    Gooi Comment