Gerald Clark het alles verkoop en travel Suid-Afrika plat

In Kief musiek, Travel deur griffinRek jou bek

Gerald Clark se album is nou al ‘n hele rukkie lank uit maar die man het sedertdien glad nie rondgesit nie. Eerder rond getravel deur SA en hy is steeds besig daarmee. Fokken rooimiere deluxe. Sy album, Afroboer & The Golden Goose het verlede jaar in November die rakke geslaan  (lees sommer Rolbees se review hierso as jy nog nie het nie) en die bra het besluit om alles te verkoop en die oop pad saam met sy goose te slaan. Al wat hy nie verkoop of weggegee het nie was ‘n GoPro, sy bakkie, so paar stukkies klere, sy lelike vellies en natuurlik sy kitaar. Hy het darem ook ‘n bergfiets of twee agter aan die bakkie vasgemaak en ‘n yskassie gemount. ‘n Man moet darem ‘n vleisie en ‘n bier kan koud hou.
gerald clarkeSo travel hy en sy Golden Goose na feitlik na elke nice destination in Suid-Afrika en stop in klein dorpies en so nou en dan by groot venues om ‘n tune of drie te jol. Mens het steeds zak nodig vir kos en drank. Dis so bietjie fokken insane. Dink aan al die kak wat jy al oor jou leeftyd opgegaar en bymekaargemaak het. Sal jy dit alles opgee en net die oop pad vat? Het jy dit dalk al gedoen?

Gerald het so paar weke terug hierso by ons in Snor Central ingepull vir ‘n jam session en om so bietjie kak te praat met Rolbees. Dis ‘n moerse lekker gesprek oor die bra se eie musiek, so bietjie oor sy lewe maar ook musiek in die algemeen.

Die video interview is ‘n verkorte weergawe van die hele gesprek en jy kan na die Souncloud clip hieronder luister daar by jou graft terwyl jy deur jou emails en docs moet werk soos ‘n slaaf van die ekonomie.
*huil so in hande*

En dan, net om jou bietjie meer moerig te maak omdat jy by die werk moet sit, kan jy check hoe mister Clark sy scenic sessions doen. Soos hy in die interview mention, laai hy elke Maandagmiddag 2pm ‘n nuwe video met ‘n tune op sy YouTube channel. Dit maak mens fokken lus vir holiday want elke Maandag slaat hy uit by ‘n nuwe location. Maybe ‘n klein plek wat jy nog nie besoek het nie. Maybe ‘n plek waar jy alreeds was en bittergraag na wil terug mission. Dalk gee dit jou ‘n idee van waar jy jou volgende wegbreek wil beplan met jou tjommies of jou wip.

Subscribe sommer aan sy YouTube channel as jy wil check waar die bluesman homself elke week bevind.

Deel met jou tjommies!

    griffinGerald Clark het alles verkoop en travel Suid-Afrika plat

    Gooi Comment