Bloem maak uit van musiek – Wolfgang Marrow bewys dit

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

Wolfgang Marrow- Bad Advice
Wat sing Valiant nou weer van Bloemfontein?
“In Bloemfontein lê ‘n groot fortuin, sportskarre snuffel in die slow lane, goue goeters skitter in die sonskyn, Bloemfontein is ‘n goudmyn, Bloemfontein is ‘n blomtuin”.
So kom ons check bietjie wat de fok gaan in Bloem aan. Rock die mense daar uit of like hulle net om kung-fu te ruk met swart bras en sisters op die rugbyveld? Met Stief Dofeyer en tappit sakkie-sakkie-sokkie in die agtergrond? Baie van fokol daar as jy my vra. Daar is darem die Mystic Boer. Ek het tot onlangs gewonder of gesinne in Bloem nog steeds op tuinstoele langs die N1 sit en kyk hoe die karre verbyjaag. Sondagmiddagvermaak. Gelukkig is daar ‘n paar kief mense wat ek ken van die States ook en een of twee lekker bands wat die afgelope tyd ons aandag getrek het.

Watkykjy gaan die fokken States bietjie ‘n kans gee! Ons gaan ‘n interview met een van die meer up and coming bands publish binnekort en tadaaa! vandag bietjie kyk na Wolfgang Marrow se eerste vollengte album, Bad Advice.  Dit was moeilik om in hierdie album in te kom. Ek wou al my mind opmaak na die eerste drie songs maar ek is bly ek het nie. Daai eerste paar songs is my tipe blues musiek (aan die een kant rugged en ongeslyp), sulke southern style blues met sliding geeeetaar so nou en dan , maar aan die ander kant nie helemaal 100% tight nie. En dit kan jou die verkeerde idee gee dat Wolfgang Marrow nie ‘n fully tight band is nie. Nothing could be further from the truth.
wolfgang marrow bloemBlack Cat Bones se eerste twee albums het ook daai gevoel gehad as ek reg onthou en hulle kon ook nie hulle live act justice doen op ‘n recording nie. Maar ja, toe release hulle hele paar en eventually Beatipillar en push hierdie tipe genre se recording benchmark in ‘n hele ander fokken dimension in. Bands soos Crimson House het ook full on boundaries gepush al. Sulke Kaapstad funk jazz sound. Bygesê ek het hierdie album eers twee keer op my sound system geluister en toe op my PC. Trust me dit maak ‘n verskil. Dis soos om ‘n movie op die big screen te kyk teenoor ‘n Youtube vid op jou cell. So ja, ek het right of the bat geskiem : is that all you got Bloem?

Dit was tot ek Shadow and a Threat so hard gepomp het ek kon my bure se domestic worker hoor bitch en moan.
Sy: “Joh, joh, joh!”
Ek: “Sorrie Sissie, ek werk bietjie!”
So ja, die kritiek wat in my kop opgebou het is straks gesmoel. Hierdie band is genuine interesting want hulle fok in so baie rigtings in die hele tyd – ek wil tune, wag net bietjie jirre! Gee my net kans. Die goeie ding is, dis meestal hulle eie rigtings – al is ek nie mal oor al die sounds wat hulle optower nie – but who gives a shit? Dis net my persoonlike smaak. Sommige songs klink vir my meer hamer op die spyker perfek as ander. Sandy Little het ‘n moerse sterk en versatile stem terwyl Louwtjie Cronje se stem Kobus de Kock Jnr rou kan raak. Dit kan nie fokken maklik wees om daai twee uiterstes geslyp te laat klink op ‘n album nie. En die ding is een van hulle trademarks, soos dit vir my klink, om daai twee sterk stemme te combine op meeste songs. Not easy at all. So ek dink al wat ek mis partykeer is consistency en afronding met die vocals op van die heavier kick ass blues songs. Maar as ek ‘n betting man was sou ek sê Shadow and a Threat en Blood Lust Blues gaan een van die pilare van hulle sound vorentoe word. Maar dan weer is daar ‘n song soos The Curse. Wat ‘n befokte funky tune! Wie is hierdie bass speler? Danie fokken Otto? Jirre, my bra jy maak mooi. Ek speel dit sommer nog twee keer.
bad adviceNet toe ek bitch oor consistency hoor ek Channel 199. Topical, well thought through. Great song. Sien ek was reg – luister net as hulle rustiger acoustic blues duos gooi soos op Madame Barfly en Devil Done Gone. Consistent vocals, fluid en ‘n Rolbees met hoendervleis is die eindresultaat. Throw Me a Line is om een of ander rede een van my favourite songs op die album. Ons ou toppies wat in die nineties gerock het, right? Can’t live with us, can’t shoot us. Gen X nostalgia junkie – dit klink of dit hoort op Reality Bites se soundtrack. Maar low and behold dit bring ‘n ander rustiger kant van Sandy Little se stem beautifully uit. Sandy Little is ook ‘n kunstige goose! Die hele album is vol van sulke kief drawings amper soos Pink Floyd the Wall se album – net nog cooler.

Gaan check haar art uit by https://www.facebook.com/angrylittlecrayon/ Shit, alweer ‘n band wat so op die grens van drie en vier horings rondtrippel. But the points don’t really matter so ek gaan drie duilwelshorings gee vandag! Support hierdie band stukkend – hulle het ‘n moerse verskeidenheid magic in hulle pandora’s box! Kan nie wag vir die volgende album nie!
3ster

 

 

 

 

Deel met jou tjommies!

    RolbeesBloem maak uit van musiek – Wolfgang Marrow bewys dit

    Comments

    1. Nic Vanlo

      Briljante album, ek moet se. Ek ken elkeen van die members persoonlik nou al vir jare en het self al die stage met hulle gedeel, befokte mense, en befokde goeie talente!

      Ek was gelukkig genoeg om die trom spele, Bernard Tiekie Britz, te gehad het op van my tracks te gespeel het op n compilation album van die Recording Studio waar Bad Advice opgeneem is se jaarlikse “Crooked Boer Sessions”.

      Speaking of witch, CROOKED HOUSE RECORDS met die main man homself, Pieter Jacobus Greyling KICK FOKKEN SERIOUS ASS met die producing en recording van hierdie album! Gee hom n palm en haal jou hoed af vir hierdie man, want believe you me, hierdie knaap gaan vir julle musiek bekend stel wat skrik vir fokkol!

      Vrede!

      Nic Vanlo

    Gooi Comment