Thieve is terug met Extra Ordinary

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

OK, in case julle nie gehoor het nie. Thieve is terug! Die laaste keer wat ek Thieve geluister het was probably in 2009. Hulle was vir my net nog ‘n Bellville Rock City band. AKing lite. Daar was ‘n paar catchy tunes maar verder was dit redelik average vir my. And that was that. Nooit weer van hulle gehoor of weer geluister nie. Het hulle eenkeer live gesien verlede jaar maar dit was toe ek nog gesuip het. My ore was toé gedrink. Back to 2009. Dit was ‘n ander leeftyd en ek was in ‘n heel ander space. Baie minder tyd gehad om ‘n mindset van openminded diversiteit (wat SA musiek aanbetref) te probeer kweek. Ek sukkel nou nog daarmee. Maar die bottom line is ek was nie impressed nie.

So voor ek die review begin, net eers weer ‘n waarskuwing. Achtung! Ek dink nie lesers en die bands moet te veel vaskyk in die punte wat toegeken word nie. Ek is nie fokken Leon van Nierop nie. Net nog ‘n exploring musiek junkie. Fokus op JOU experience, marabs! Judge vir jouself! Dis wat ons by Watkykjy probeer promote, en nie net in hierdie reviews nie. Griffin-hulle promote sulke kreatiwiteit al vir jare. Ek val net in op my manier.

thieve album coverAnyways, ek het nog nie die nuwe Thieve album aandagtig deur geluister nie – so dit gaan ‘n surprise wees vir my ook nou-nou. Julle verstaan waar ek vandaan kom met Thieve? Basically onthou ek Loving Every Minute van hulle eerste album baie goed. Dit was my goto Thieve tune en dit is nog steeds ‘n befokte positiewe rock song. Het nou weer bietjie van hulle eerste videos op Youtube gekyk. Shit, daai doef-doef colab saam met Heuwels is – vir ‘n ou metalhead soos ek – baie dieselfde as om jou sexy verlangse niggie te vry. Dis nie my tipe fetish nie maar ek voel kakskuldig dat ek dit so klein bietjie like. Die musiek man, nie die fetish nie. Lyk ek soos ‘n hillbilly? Ek het wel miskien iewers ‘n techno dance klap weg. Shhhh! Sulke hipocrate poser. Mmmm… ek wonder of die musiek die album title gaan justify?

Ok let’s get serious. Ek het nou die album geluister. Dis ‘n hele ander Thieve. Fok.
*Krap so kop vir ‘n minuut lank*
Ek weet dit raak al hoe moeiliker om bands te probeer pinpoint deesdae. Maar soos U2 in die eighties al voorspel het in God Part II:
Don’t believe that rock ‘n’ roll
Can really change the world
As it spins in revolution
It spirals and turns
Tot sover, Ds Rolbees. In SA is daar ander dinge wat musiek nog vinniger laat evolve. Die kleiner mark veroorsaak dat band members in talle verskillende bands speel. Al drie die lede van Thieve speel in ander suksesvolle bands. Jy kan argumenteer dat dit eerder ontwikkeling beperk. Ek dink nie so nie. Ek dink cross pollination veroorsaak meer kreatiwitetiet en harder werk. Soos partnerships in die corporate wêreld. Al die Bellville marabse fok in baie verskillende musikale rigtings in – ek sukkel soms om by te bly. Ek pis hulle darem net die helfte van die tyd af met kak reviews. Die HeuwelsFantasties is al vir ‘n rukkie nie nie vir my nie. Maar daai clan gaan my aandag vang met ander tipes musiek. En hulle doen steeds. Andrew Davenport gooi kitaar en sing vir Thieve (maar hy is ook van Aking faam). Fred Den Hartog tokkel bass en Sheldon Yoko slaan dromme (Fred en Sheldon is weer lede van Heuwels Fantasties). Sheldon is ‘n nuwe edition tot die band. So iets!

Dis soms confusing vir ‘n Gen X toppie maar fokken exciting terselfde tyd. Die ou Bellville Rock City klank het obviously oor die jare soos ‘n supernova in verskillende rigtings explode! Die eerste song, Wild Wild Western Cape klink soos indie pop Beck wat in Bellville grootgeword het. Maar ek hoor so baie influences ek wil amper nie my kop uitsteek nie. He he he, rolled into that one. Jis, hierdie is nou weer ‘n lekker oorfoon-op-die-bed album. Baie meer catchy melodieuse musiek as hulle eerste album – en gelukkig vir my het hulle nie die plasties-spasties roete gegaan nie. Ek hoor nie 2009 Bellville nie, geen romcom kak nie en ek hoor ook nie cheesy keyboards nie. Goddank. Baie meer expansive, alternatiewe indie rock kreatiwiteit going on here.


Ek het gisteraand weer al die Tame Impala albums deurgewerk. Children en Slot machine (featuring David Thorpe) is nogal daai tipe vibe. Net met baie minder pshycedelia. Dis nou 11 uur. Gaan eers ‘n break vat en dan wil ek dit at least nog twee keer luister voor ek verder skryf…

En ek is terug. As jy Suffer Rosa van die Pixies ken sal jy Brain Dead moerse geniet. Daai bass line en die kitaar wat (amper dertig jaar terug) meer vals geklink het, is nou deel van alternative rockmusiek soos biltong saam met rugby. Hulle blend dit mooi saam met Thieve se unique chorus lines. Don’t get me wrong. Thieve is nie diewe nie. Hulle improvise creatively en produce iets familiar but different. Ek hoor bands wat ek gelove het op Varsity maar ek kan nie almal se name onthou nie. James? Not quite. The Verve? Ook nie heeltemaal nie. Punt is daar is fokol fout om existing sounds te merge in jou eie interpretasie in. Dis net daai tipe van album. It spirals and turns? Just put your own stamp on it. Thieve kry dit goed reg. Songs soos Bad Moon Rising en al die collabs klink na ‘n meer marketable sound. Just to Get By (ft Jed Kussow), Idaho (featuring Hunter Kennedy), Brother (feat Xander Ferreira) en 45 (featuring Francois van Coke) het weer die accessibility van eighties of selfs nineties radio hits. So give it airplay, sê ek!
deifVersterk die hoeveelheid collabs op die album my argument oor hoe SA musiek ontwikkel? Judge for yourself. Ok, nog ‘n paar tunes… How Do You Do It klink baie soos Lenny Kravitz se Stand chorus maar hulle mix dit op met ‘n Traveling Wilburies feel, Thieve stamp included. So Petty Thieve Kravitz love child tipe dinge. Wat like ek die meeste? Die eerste vyf songs gaan ek faktap luister tot ek gatvol is daarvoor. Dit gaan ‘n ruk vat though. Fokken kief lekker luister musiek.
Vier horings!

 

RolbeesThieve is terug met Extra Ordinary

Gooi Comment