Valiant Swart stick jou ore virre Nagrit – Rolbees review die nuwe album

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Valiant Swart – Nagrit
Ek het vir so paar minute vanoggend bepeins oor wat ons hier doen met Rolbees reviews. Soos stiltetyd in die natuur toe ek ‘n Voortrekker was. Nazipunks, Nazipunks, Nazipunks fuckoff! Ek het gisteraand ook the Exploited geluister. Anyways, toe dink ek: wat as ek die professionele joernaliste probeer navolg? Wat as ek minder persoonlik raak? Of minder die woord EK begin gebruik? Of wat as ek ophou om my opinie te gee? Miskien moet ons net interviews doen? En toe gaan kies ek nog die moeilikste muso (vir my persoonlik) om te review ook vandag. Jirre my deadline is oor ‘n paar uur. Ek kan nie eens kyk hoe tjop Zuma af nie. Maar ek het net ‘n rukkie voor die leë bladsy gesit en Nagrit gespeel en al daai worries het verdwyn. Hoekom? Want dit gaan oor die musiek, man. Dis die belangrikste. Nie die scene, of egos, of die mense, of die credibility label nie. En die musiek lieg nie. Nie dat ek dink musos sal lieg tydens interviews nie. Maar jy moet mooi probe om by die regte antwoorde te kom anders is dit net ‘n gekakpratery. Moenie my verkeerd verstaan nie, al die verskillende mediums is belangrik. Ek is net mal oor musiekluister en om daaroor te skryf. Of dit ‘n pot kak is wat ek kwytraak of nie.
nagritEen ding is seker, daar is definitief nie genoeg weeklikse musiek reviews locally nie. Sure, interviews is meer interaktief, maar dit is nie noodwendig meer revealing wat die musiek aanbetref nie. Case in point, ek het al voorheen met Valiant gepraat oor lirieke wat hy nie mondelings kon verklaar nie. Die enigste verduideliking was die tunes float rond partykeer en hy tune net in op dit. Artist Hoodoo talk. Ha! Maar dis hoe hy sy musiek skryf. Dan gaan ek terug na die tunes toe en ek sien iets wat selfs Valiant nie raak kon sien nie. Mag dalk baie subjektief wees, maar ek dink die tunes vertel hul eie storie. Jy moet net luister. Goddank vir Watkykjy! Ek dink nie ek sou meer as ‘n week hou by ‘n koerant of ‘n website met editors wat vol stront is nie.

valiantEk is al ‘n fan van Valiant Swart vandat ek sestien jaar oud was. Dis eeue terug. Maar ek gaan my beste probeer om objektief te wees. So kom ek pigeon-hole hom weer so bietjie. Myns-fokken-insiens. Daar is die early nineties Valiant. Hier in Pretoria kon jy sy Mystic Boer tape demo koop of hom gaan check by Navigators in die stad. Hy het nog so lekker Boland aksent gehad:
Sy klim uit haar kêb, as akkes om ha val! Sluk aan ha têb. En almal mak ha mal!
Dan is daar die mid-to-late-nineties Tuks Jool en Oppikoppi Valiant (so tussen Mystic Boer en Roekeloos). Ek kan nie veel onthou van daai Valiant nie. Want alkohol. Hy het sulke kief fur-boots gehad. Ek onthou dit. Maar die musiek was daai typical Boland punk en Karoo rock meets the Stones. Luister weer Ek en die Valk en Moeilikheid met die Man. Wat van die country folk Valiant? In die Transvaal byvoorbeeld. Dan is daar die (kug) Song vir Katryn Valiant. Dis toe hy bietjie commercial gegaan het. Die lirieke het soppy geraak en die kitaar het geklink soos Pretoria Sundowners tussen die Jakarandabome. Ja, luister weer Jakkarandastrate.

Ek het die musiek probeer vermy daai tyd maar die fok weet ek het nie een episode gemis nie. Hahaha! En dan natuurlik die Blues Valiant wat die core is van sy brand – van die begin tot nou. Luister net weer na songs soos Ek is van Mening (whiskey smaak soos heuning) of die hele Deur die Donker Vallei. Want die blues is sy bloedbroer… Ok wag, moenie die boeremusiek Valiant vergeet nie. Die Wild en Wakker Zydeco van Suid-Afrika saam met oorlede Oom Ollie! Legendes!

Ok, so watter een is my gunsteling? Ek het gisteraand deur al die Valiant albums in my besit gegaan. Dis deesdae moeilik om te kies. Na soveel jare raak die lyne nogal blurry. Nee nie daai lyne nie. Don’t do drugs kids! Kom ek luister eers weer na Nagrit
Die eerste twee songs is al klaar vir my iets slightly anders as wat Valiant al ooit voorheen gedoen het. Ja dis blues, maar dis baie meer toned down en polished southern J.J. Cale vibes. Seventies klawerbord, glykitaar en sagter lead vocals met Mellissa van der Spuy ook so saggies in die agtergrond op backing vocals. Jis, jy kan hoor dis Basson Laubscher wat daai kitaar so streel-tokkel. Jack Hammer het ook iets soortgelyks gedoen op ‘n track of twee van hulle nuutste album. Is dit al voorheen gedoen in rock and roll? Of course. Gaan dit die charts breek? Natuurlik nie. Was dit al voorheen in Afrikaans gedoen? Ek dink nie op hierdie meer hoërgraad level nie. Dan Val ek Om en Dooierus is my gunsteling tunes op hierdie album. Net omdat dit eenvoudige chilled blues in Afrikaans is. What’s not too like? Die Voetsoldaat se Lied het ook my aandag onmiddelik getrek. Ek dink nie Valiant het al ooit ‘n song geskryf waarin die lirieke so sigbaar polities is nie. Kake van die Leeu was deur Koos geskryf en dit was slightly undercover. Banneling en Gange van Babylon op Deur die Donker Vallei het ook politieke ondertone. En dan Kleingeld en Weeskind van die Weste? Ek dink beide is meer sosio-ekonomiese songs. Ek mag verkeerd wees maar Die Voetsoldaat se Lied is die eerste Valiant song (waarvan ek weet) wat ‘n duidelike politiese tema het. Valiant was nog nooit “down with this and down with that” met sy musiek nie, en dié song is ook nie helemaal blatant polities nie, maar die boodskap is duidelik. Dis eintlik signature Valiant Swart om ‘n nostalgiese terugblik op die oorlog in Angola te gee. Nie vir enige politieke redes nie maar uit ‘n menslike oogpunt. Want almal het of vergeet of gee nie om daaroor nie. Ek het voor ek die album geluister het eers al die lirieke deurgelees en hierdie stukkie het my gevang:
Die trein kon destyds inrol
Op ‘n godverlate stasie
Vir die vasberade roll call
Van ‘n desperate nasie
En iewers langs die spoor
Lê die helder, heilige stad
Wat trane verslind
En bloed sommer vat.
Hoop net nie die regses highjack die song nou weer nie! Dis ‘n baie hartseer song met sulke Song vir Swakopmund kitaar en mondfluitjie. Maar net vir ingeval: Nazipunks,nazipunks,nazipunks! Fuck off!

Okay, Hmmm Hmm Nana en Dubbel en Dwars het Valiant al vir ‘n hele rukkie by sy live shows gespeel so almal behoort dit te ken. Eersgenoemde is so ‘n verliefde loser love song en Dubbel en Dwars is ‘n classic Valiant blues tune. Jy sal bietjie van elkeen van die verskillende musikale persoonlikhede van Valiant Swart wat ek hierbo genoem het op die album hoor. Vrydag in die Vrystaat wil-wil so boeremusiek gaan maar die country blues hou hom so terug. Waar Karnavalmaan die nag-tema begin met ‘n meer Song vir Katryn tipe vibe, vat die laaste drie songs die tema heelwat verder met die blues. Op die Middernaggety en die Nag is Ook ‘n Plek laat my aan Dorpstraat Revisited dink. Net bietjie meer polished. Die album sluit af met die haunting Nagrit – wat slegs instrumenteel is. Ek het honestly meer commercial Valiant verwag. Ek dink nie Nagrit is ‘n album vir Boeresokkies in die Vrystaat nie. Dis een van sy meer ernstiger blues folk rock albums en ek love dit. Gaan dit blues album of the year wen? Probably not. Gee Valiant se fans om? I don’t think so. Maar dis definitief musiek wat ek nou en in die toekoms gereeld gaan luister. Vier horings vir die Mystic Boer!
4ster

 

 

 

 

RolbeesValiant Swart stick jou ore virre Nagrit – Rolbees review die nuwe album

Gooi Comment