Toetie se tyd om Bokke te brei

In Sport deur Kaptein Kortbroek1 Eiertjies

Iewers in die agtergrond hoor ek al klaar hoe die Kaapse krimpies ‘n vet kak vang wanneer SA Rugby op April Fool’s Day (more) aankondig dat Allister Coetzee die Bokke gaan brei. Watch maar, jou local armchair specialist gaan dinge kwyt raak soos: “Hoe kan hulle ‘n man aanstel wat nog nooit ‘n Super Rugby trofee gewen het nie?” of “Die enigste rede waarom hy die job kry is omdat sy velkeur aan die transformasie vereistes voldoen” of “Nou gaan die Bokke nes die Stormers van ouds ook net die heeltyd verdedig en geen bonuspunte kry nie”.

Toetie se aanstelling gaan ‘n hele paar manne ontstel. Gal gaan daar beslis gebraak word (maak nie saak wie die job aanvaar nie) maar as daar een man in hierdie land is wat dit kan vat – is dit Meneer Coetzee. Kyk, om die Kaapse span af te rig moet jy hare op jou tanne, tong en waarskynlik ook die siel hê. Die dudes het geen genade as dit by die lot van hul span kom nie en ‘n groot deel van die Stormers job is om elke week kalm te bly wanneer dieselfde groep “rugbygeleerdes” jou dieselfde tos vrae vra. En hoewel van die mees ervare rugbykenners in die Slaapstad park, is daar beslis ook ‘n klomp snotneusies wat skiem dat hulle alles weet net omdat hulle so nou en dan daarin slaag om ‘n laptop op te start.
toetieDit herinner my aan ‘n game in Snorcity so klompie jaar gelede. Rassie Erasmus was ‘n paar keer close maar kon noddefok die Bulle in hul backyard klop nie. (Dudes wat geskiem het Rassie moet die Bokke coach, waar is sy Super Rugby troffee?) Toe kom Toetie en, sonder om te veel geraas te maak, klap sy spannetjie die Bulls op Loftus vir die eerste keer in about ‘n sewe jaar. Ek dink dit was die eerste keer in about 14 games wat die magtige Bulle ‘n Super Rugby game op Loftus verloor het. Die roudiens in die Moot het about ‘n week aangehou.

Maar wen was nie genoeg vir die Kaapse critics nie. Die marabse het hom na die game uitgekak oor ‘n lynstaan wat hul daar verloor het en ‘n skrum in die tweede helfte wat dalk nie so oortuigend was soos dit moes gewees het nie. Toetie was verbaas en het na die tyd my getune ek kan ‘n one-on-one kry nadat ek hom iets soos “dink jy die manne sal ooit happy wees?” gevra het.

So ruk later was daar ‘n Super Rugby semifinal in Kaapstad teen die Sharks wat die Stormers, onder meer, weens ‘n Eben Etzebeth duikslag verloor het. Toe nog ‘n laaitie wat nog van sy dag in die Boktrui gedroom het, tackle Etzebeth mos 70 soorte snot uit Bismark du Plessis uit – die skare het gejuig, maar die Sharks se reaksie was brutal. Na die game moes Toetie luister hoe klomp van sy frustreerde fans wat elke week in die persbank sit hom die skuld gee nadat sy span die geleentheid om ‘n tuisfinal aan te bied deur hul vingers laat glip het. He took it in his stride en hy het nooit soos ene Heineken Meyer sy sinne met “I don’t wan’t to make excuses, but…” begin nie. Fok ek het lanklaas so solid tackle gesien. Toe Bissie drop het boet Jannie vir tyd gespeel deur vir een van sy kontaklense te soek.

Die Sharks het next level retaliation vibes gegooi wat die beste Crusaders span so bietjie in hul broeke sou laat piepie. Needless to say, het die Sharks nie die final in Kiwi-land gewen nie en in Kaapstad was die manne demoerin vir Toetie gewees. Die bra het egter nie in ‘n hoekie gaan sit en huil nie en sy span sou vir nog drie jaar al wat ‘n Suid-Afrikaanse span is shots gee. Hulle sou waarskynlik ook beter gevaar het as manne soos Duane Vermeulen en ou Scalla nie so baie gebreek het nie.

Vir die tietkoppe daarbuite wat dink dat Toetie se aanstelling ‘n transformasie move is – gaan delete eerder daardie Swastika pic wat jy op jou profile gegooi het. For once, we have a guy who will get the job on merit, the fact that he is not white is an absolute bonus. Toetie kon dalk en wou, as dit nie vir daai vibes waar wit, bruin en swart op ander stoele moes sit was nie, ook op sy dag vir die Bokke gejol het. Hy het beslis geskiem hy het die skills, maar moes tevrede wees om in ‘n Springbok Development team te jol. Ja, hy en Paul Trieu en (as ek dit nie mis het nie), George Noble en Marius Hurter was in so span wat teen Frankryk op Ellis Park gejol het. Dit was ‘n tos tweede plek vir Toetie, maar dit het hy ook gedoen sonder om te moan.

Allister Coetzee, mark my words, kan beslis een van die beste Bokbreiers in ons land se geskiedenis word, mits hy nie soos Meyer in jaar drie van vier sy hele filosofie loop verander het nie.

Dis Toetie time boys, kom ons gee die man ‘n kans en judge hom eers na die dans.

Kaptein KortbroekToetie se tyd om Bokke te brei

Comments

Gooi Comment