Ry jy vandag see toe vir die langnaweek? Lees eers gou fokken hierso!

In Watkykjy Tips deur griffinRek jou bek

Jy maak uit van daai trippies see toe way back toe jy nog ‘n kinders was? Ons praat nie hier van die Kaapse vibes nie. Ons praat van die behoorlike see. Daai ene waarin jy actually kan swem sonder om 4 duim lengte op die tot te verloor. Die see-see. Durban en Margate se kant toe waar dit heeltyd speeltyd is. Daardie trippie op die N3 wat so tussen 3 en 5 ure vanaf Gauteng neem afhangende van hoe groot doos pappa agter die stuurwiel is en hoeveel keer daar afgetrek word vir pakslae, PKs en pisgrille. Die ryk kindertjies was altyd gelukkig genoeg om ‘n Wimpy brekfis te score en Shetland ponies te streel in Harrysmith. Ons armgat gomsnuiwers moes maar klein, koue souterige meatballs uit tupperware vreet en as jy regtig unlucky was moes jy daai blou, hardgekookte eiers ook afwurg wat nie kon wag om verwerk te word in eierpoepe nie. Sulke stinkes. Kraak ‘n venster, for fuck’s sake! “Wie’t gepoep?” *stilte* “Ek trek hierdie fokken kar af!” *pakslae* #SulkeTrane galaxy diner 3Gelukkig is is 80s vêr agter ons. Die Wimpy is steeds daar maar laat ek vir jou die beste fokken tip ooit gee. Kom ons noem dit eerder ‘n vars, undiscovered secret en jy gaan kakbly wees as jy na my lusiter. Daar is ‘n nuwe plek oppie map – die Galaxy Roadhouse! Hierdie plek is geleë op die hoek van die N3 en die N5. As jy die Harrismith/Bethlehem afrit klap, sit Galaxy skaars 200m van die hoofpad. Hierdie ouens het in Desember hulle deure vir die eerste keer oopgemaak. Dis ‘n American style diner, so jy kan jou tjommies of jou familie by tant Fokweet se time shire flat in Ramsgate impress met “Jammer ons is so twee ure laat. Ons het net gou in Amerika ‘n draai gaan gooi op pad hierheen.” Die Inwoners van Harrismith verwys reeds na die pozzie as “ons Roadhouse” maar meer as enigiets is dit die ideale “halfpad-Suidkus-toe” stop en ’n outentieke alternatief vir ’n Wimpy Burger. Fok Wimpy burgers, at least op pad see toe hierdie naweek. Live a little. Gaan skiet bietjie ‘n draai  by Galaxy hierdie naweek en as jy nie hierdie naweek see toe fok nie, onthou hierdie fokken post want jy moet net absoluut die plek gaan kokkenodge vir jouself en kyk of jy ‘n Giant Galaxy burger kan baasraak. Of probeer die Cheezwiz Burger (my favourite). Die menu is gebasseer op Amerikaans-geïnspireerde porsiegroottes, organiese, hartlike “comfort food” en sluit alles in van draairoomyse (nie daais in jou broek nie), ekstra-dik milk shakes, “pulled-pork” rolls (wat befok lekker is), toasted sandwiches, pizzas en dan score jy boonop ‘n free Pepsi ook. Pryse begin by so laag as R42! Dis fokken minder as wat Nando’s se quarter chickens deesdae kos. Hulle het ook so twee weke terug toe ek daar was begin om oor naweke ‘n “weeg-buffet” beskikbaar te stel met ’n verskeidenheid geregte waarvan die meerderheid in ‘n poesgroot smoker gerook word. Ek is nie seker of dit hierdie naweek beskikbaar sal wees nie, maar vra maar die ouens. Galaxy Roadhouse is kinder- en troeteldiervriendelik (daar is ’n speelarea vir kinders). So as jou kinders fokken lelik is, is dit ‘n double score.  Jy kan binne die diner chill of buite onder die koeltebome daai stink ones en two’s van jou uitskop virre break. As jy regtig moet, kan jy vanuit jou kar ook bestel soos wat dit ‘n proper roadhouse betaam, maar dan mis jy actually die hele punt van vakansie. Gaan gooi samblief ‘n draai daar – jy sal genuine van die plek hou. Ek het laas in Amerika in so befokte diner ‘n brekkie getand. Die ouens is op die hoek van King & Mckechnie straat of soos ek bo gemention het, basically op die hoek van die N3 en die N5. Jy kan die ouens sommer bel ook as jy wil: 087 9971415. Hier is so paar kiekies van die plek om jou bietjie meer van ‘n idee te gee: galaxy diner 2 galaxy diner 4 galaxy dinergalaxy 6 galaxy binne galaxy menu galaxy roomys roadhouse

Deel met jou tjommies!

    griffinRy jy vandag see toe vir die langnaweek? Lees eers gou fokken hierso!

    Gooi Comment