Ken Block se Gymkhana 8 in Dubai is kakmal!

In Sport deur griffin6 Eiertjies

Dubai se befokte cityscape, die woestyn, ‘n fleet super insane polisiekarre, ‘n jumbo jet, Ken Block en sy Ford Fiesta. Voeg hierby kakwarm film en -kamerawerk en jy het Gymkhana 8. Die next level rally driver laat sy cabbie se tekkies behoorlik teer vreet. Op ‘n stadium is daar ook ‘n drag race teen vier karre waarvan ‘n Bugatti Veyron een van hulle is. Ken Block is die fokken koning van stunts en drifting en jy gaan die video so paar keer moet kyk om die easter eggs te sien wat weggesteek is – dis nou as jy heavy uitmaak van high performance tjorre.

Dis altyd lekker om Ken Block se nuutste videos te check en die mylpaal word nie net elke keer geskuif nie, dit word sommer weg gebliksem. High budget actions movies se moer – dis hoe Fast & Furious eintlik moet lyk as jy die kak actors fire en al die kak dialoog en stupid movie plots in ‘n drom gooi en dit aan die brand steek.

Fotograaf en motorjoernalis, Larry Chen het hierdie befokte kiekies geneem tydens die verfilming. Gaan kyk gerus na die res van sy werk op sy website, http://www.larrychenphoto.com/. Die video verskyn onderaan en is nogal ‘n mind fuck. In minder as 24 uur het die video se views al verby die 2 miljoen ge-rocket. Gymkhana is altyd een van die beste goed om na uit te sien elke jaar as jy ‘n ware petrolkop is.

Hou vas aan jou stoel en probeer om nie in jou werksbroek te kak nie.
ken block Gymkhana 8 dubai 1 ken block Gymkhana 8 dubai 2 ken block Gymkhana 8 dubai 3 ken block Gymkhana 8 dubai 4 ken block Gymkhana 8 dubai 5 ken block Gymkhana 8 dubai 6 ken block Gymkhana 8 dubai 7 ken block Gymkhana 8 dubai 8

Deel met jou tjommies!

    griffinKen Block se Gymkhana 8 in Dubai is kakmal!

    Comments

    1. Oom Hang Bal

      Hy moet daai kak met my Ma se Citi Golf probeer. Sy sal hom hard klap.

    2. Doubessie

      Hy Ken darem net een trick – donuts. Jy kry ‘n donut en jy kry ‘n donut. En jy kry ‘n donut ook. Donuts vir almal.

    3. Author
      griffin

      Hahaha! True, maar hy is die fokken koning van donuts.

    4. Stokstyf

      Hy sal nogsteed kringe om meeste ouens ry, awesome video

    Gooi Comment